Twee vermeende rowers is Vrydag in die vroeë oggendure in Durban ná ʼn jaagtog en skietgeveg met die polisie dood, terwyl vier ander verdagtes in hegtenis geneem is.
Alles vir Vrydag 23 September 2016
[Wen] #FliekOpDieVeld-toer bemagtig gemeenskappe
AfriForum se #FliekOpDieVeld-toer, waartydens die Afrikaanse fliek Modder en Bloed landwyd vertoon word, is op 25 September by die Askari Game Lodge in Magaliesburg te sien en 15 gelukkige Maroela Media lesers kan elk ʼn dubbelkaartjie na dié vertoning wen.
Jason Rohde mag na dogters terugkeer
Jason Rohde, die uitvoerende hoof van Sotheby’s International Realty South Africa, sal toegelaat word om terug te keer na sy dogters in Johannesburg tot sy volgende verskyning in die Stellenbosch-landdroshof.
Fratsongeluk fnuik nie sonkar-droom
Die Noordwes-Universiteit se sonkar, Sirius X25, gaan steeds eerskomende naweek, op 24 September, aan die plaaslike Sasol Solar Challenge deelneem ten spyte van ʼn fratsongeluk Donderdagmiddag wat amper dié universiteit se planne in die wiele gery het.
Video: Internet op hol oor ‘regte Transformer’
Die Turkse maatskappy, Letvision, het onlangs ʼn funksionele “Transformer” vervaardig, wat nes in die gelyknamige flieks, van ʼn motor verander in ʼn yslike robot wat nek-, hand- en armbewegings kan uitvoer.
[Resep] Kersie-en-klapper-happies
Na more se braai, wanneer die kos afgesak het, gaan mens mos lus wees vir ietsie soets…
Video: Nooddienswerkers red katte uit drein
ʼn Kat en haar kleintjie is Donderdag van ʼn gewisse waterdood gered nadat hulle in dreigende reënweer uit ʼn stormwaterpyp gered is waarin hulle ure lank vasgekeer was.
Bela-Bela vrou sterf jaar na gru-aanranding
Elzaan Smit (42), die vrou van Bela-Bela in Limpopo, wat verlede jaar buite ʼn kuierplek só erg aangerand is dat haar gesig vergruis is en sy een van haar oë verloor het, is in ʼn hospitaal in Polokwane oorlede.
Braaidag: Jy mors nie met ʼn boer se vuur nie
“Ek weet nie of dit uit vrees was vir wat Helga se volgende beweging kon wees en of ons bang was ons gaan in trane uitbars oor ons perfekte vuur wat sopas ʼn koue dood gesterf het op die harde bakstene nie,” skryf Marianne.
Nuuskommentaar: Word ras al weer al belangriker?
Of ʼn mens nou dink dis reg of verkeerd, is daar wêreldwyd toenemend tekens van ʼn “herlewing” van rasbewustheid en in sommige lande word selfs institusionele maatreëls hiervolgens getref.
95% van Sol-Tech-ambagslui kry werk – navorsing
ʼn Kwalifikasie by Sol-Tech, die Solidariteit Beweging se eie tegniese opleidingskollege, is een van die beste maniere waarop werksoekers in die tegniese veld hulself kan toerus vir die arbeidsmark. Jongmense wat ʼn Sol-Tech-kwalifikasie het, is ná hul studies nie net indiensneembaar nie – hulle staan in die industrie uit as goed afgeronde, gesogte ambagslui, skryf Cilleste van Dyk.
Spotprent: 23 September 2016
Jerm se spotprent vir 23 September 2016.
Jason Rohde terug in hof
Jason Rohde, die uitvoerende hoof van Sotheby’s International Realty South Africa, sal na verwagting vandag in die Stellenbosch-landdroshof hoor of hy toegelaat sal word om terug te keer na sy dogters in Johannesburg.
Straatverkoper naby Durban-hawe doodgery
ʼn Straatverkoper is Donderdag naby die Durban-hawe doodgery nadat ʼn minibustaxi buite beheer geraak en haar getref het.
[Resensie] Nagligte – ‘Hoop in die donker’
Op die ou end laat dié album jou met gemengde gevoelens. Die meeste snitte spreek van ontnugtering en ʼn soeke na sin en identiteit, wat vir sommige mense dalk te veel sal wees.
Ministerie ontken SAUK het Motsoeneng se aanstelling versoek
Die ministerie van kommunikasie het Donderdag gesê hy het nie ʼn brief van die SAUK ontvang waarin die minister versoek word om Hlaudi Motsoeneng as waarnemende bedryfshoof aan te stel nie.
NWU sluit twee van sy kampusse
Die Mafikeng-kampus van die Noordwes-Universiteit is Donderdag onbepaald gesluit weens die #FeesMustFall-betogings wat universiteite landswyd lamlê.
Twee vas oor R5,5 miljoen se dwelms
Twee persone is Donderdagmiddag in hegtenis geneem nadat mandrax-tablette ter waarde van meer as R5 miljoen by ʼn huis in Blackheath, Kaapstad gevind is.
Gedagte vir die dag: Werk vir beloning
Harde werk bring beloning; om net te praat, bring gebrek. (Spreuke 14:23)