Die Ryderbeker, die emosiebelaaide spantoernooi wat elke tweede jaar tussen die voorste Europese en Amerikaanse gholfspelers beslis word, begin Vrydag by die Hazeltine- nasionale gholfklub in Chaska in die Amerikaanse deelstaat Minnesota.
Alles vir Donderdag 29 September 2016
Nuuskommentaar: Edelagbares wat die bôlle rol
Weens die heterogene aard van die Suid-Afrikaanse politiek kan ’n geveg tussen edelagbares eenvoudig nie geduld word nie. Dit kan te maklik in ’n rasseding ontaard wat kan uitkring.
Bekende in wildbewaring sterf toe heli neerstort
ʼn Bekende in wild-en natuurbewaring is dood toe ʼn helikopter Woensdag naby Tzaneen in Limpopo neergestort het.
[Entrepreneurskap] Die sakemodel, ’n bloudruk vir jou onderneming
Jacques Basson van Klipkouers het met Dewald Pelser, ‘n sakeman en stigter van die misterBA-podsending gesels. Pelser analiseer graag ondernemings om uit te vind wat maak dit suksesvol.
Luister: Waar lê die fokus in jou verhoudings?
In Matt.2:24 staan daar niemand kan twee base gelyk dien nie. Waar jou skat is, sal jou hart ook wees.
Vrou raakgery toe sy ongelukstoneel afneem
ʼn Vrou wat op die N2 naby Mtunzini in KwaZulu-Natal foto’s van ʼn ongelukstoneel wou neem waarin sy self betrokke was, is dood toe sy deur ʼn verbygaande motor raakgery is.
Vrou nog lewend toe familie ‘lyk’ gaan haal
ʼn Familie van Meyerton is woedend vir die provinsiale departement van gesondheid nadat hulle die ontstellende nuus ontvang het dat hul dogter in die Kopanong-hospitaal in Vereeniging dood is, net om haar later lewend by die hospitaal aan te tref.
Swanger vrou kritiek ná botsing
ʼn Swanger vrou is Woensdagaand kritiek beseer toe sy tydens ʼn botsing op die N12 in Fochville uit ʼn motor geslinger is.
Gedagte vir die dag: Jy kan
Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee. (Filippense 4:13)