Die Westelike Provinsie, in ʼn rukkerige tweede rat, het Vrydagaand sy wedstryd op Nuweland teen die Boland Kavaliers 30-28 gewen en na die derde plek op die punteleer en Curriebeker-halfeindstryd deurgeskuur.
Lees meerAlles vir Vrydag 30 September 2016
Leeus beklink plek in halfeind na rustyd
Die cliché van ʼn wedstryd van twee helftes was inderwaarheid by Ellispark van toepassing toe die Goue Leeus die Sharks Vrydagaand 28-16 geklop en hulle plek in die Curriebeker se halfeind verseker het.
Video: Oom Ollie kom groet sommer lekker naby
Eswe Ras, een van die bestuurders van Sausage Tree Safari Camp by die Balule-privaat natuurreservaat in Hoedspruit, Limpopo, het ʼn nabye ontmoeting met ʼn olifant gehad.
Luiperds bespreek plek in eindstryd
Die Luiperds het Vrydagmiddag op Olënpark in Potchefstroom hulle plek in die eindstryd van die Curriebeker Eerste Liga bespreek deur die Valke met 40-30 die loef af te steek.
Huishulp deur honde verskeur
ʼn Huishulp is in ʼn kritieke toestand nadat twee Amerikaanse veghonde haar Vrydag in Newlands-Wes in Durban verskeur het.
Druk op die skrum en Paige
Daar is baie faktore wat ʼn toets kan bepaal, maar Saterdag op Loftus sal veral die Springbokke se skrumwerk en Rudy Paige se vertoning teen die Wallabies in die kollig wees.
Verslaggewer vrygelaat ná inhegtenisneming tydens UKZN-betogings
Kaveel Singh, verslaggewer van News24, is Vrydag vrygelaat, ure nadat hy in hegtenis geneem is tydens betogings op die Universiteit van KwaZulu-Natal se Westville-kampus.
MRK bevind Zwelithini onskuldig aan haatspraak
Die Menseregtekommissie het Vrydag gesê alhoewel Zoeloe-koning Goodwill Zwelithini se uitsprake skadelik was vir uitlanders, het hy nie geweld aangehits teen migrante nie.
SA kies twee spanne vir internasionale reeks
Suid-Afrika sal twee spanne in die internasionale Diamant-uitdaagreeks hê wat Sondag in Durban begin. Uganda en Zimbabwe neem ook deel.
Slegte nuus vir motoriste
Die departement van energie het Vrydag gesê daar wag volgende week slegte nuus op motoriste.
ToekomsVenster: Liefde sluit ons monde toe en ons harte oop
Onthou dat Jesus gesê het dat die ongelowiges ook diegene liefhet wat húlle liefhet, maar dat God van ons verwag om ons vyande lief te hê. Begin daardie persoon liefdevol behandel. Jy gaan verstom staan oor wat God gaan doen!
Wits-betogings: Meerderheid wil hê lesings moet hervat
Die meerderheid van studente en personeel by die Universiteit van die Witwatersrand wil hê lesings moet volgende week hervat, ondanks gewelddadige betogings oor verhogings van studentegeld.
Madibaz-verrassing kos Kovies halfeindplek
Vier spanne het Donderdag hul ligaronde van die Varsitynetbalreeks voltooi en in albei gevalle het die sewende wedstryde van dié spanne verrassings opgelewer.
kykNET Buite Ekspo: Kuier dat die stof staan
Die ekspo is eintlik gemik op die buitelewe-entoesias, maar hier is soveel te doen, al het jy nog nooit in jou lewe gekampeer nie, sal jy dit hier geniet.
Vermiste Springs-leerder dood gevind
ʼn Oos-Randse pa wat Vrydagoggend op pad was om sy tienerseun as vermis by die polisie aan te meld, is die skoknuus meegedeel dat sy seun oorlede is.
Drie ‘renosterstropers’ dood in reservaat
Drie vermeende renosterstropers se liggame moes Donderdag tydens ʼn drie uur lange operasie uit ʼn diep ravyn in ʼn dig beboste gebied in die Hluhluwe-iMfolozi-natuurreservaat in KwaZulu-Natal gehaal word.
Inwoners van Silwersig ontvang soet verrassing
Die inwoners en personeel van Huis Silwersig in Silverton, Pretoria, is vroeër vandeesweek bederf met ʼn stukkie koek.
GB: dis swem of verdrink vir talle spanne
Saterdag se voorlaaste wedstryde in die groepfase van die oop klubs se internasionale reeks om die Goue Beker is vir baie spanne `n kwessie van swem of verdrink, en veral tuis kwarteindstryde is hoog op die wenslys.
Kopi luwak: Die duurste koffie wat jy kan drink
Jy het dalk al van kopi luwak gehoor, maar die kans dat jy dit al gedrink het (of ooit sal drink), is skraal. En dis waarskynlik nie net die prys – in die omgewing van R3 000 vir 1 kg bone – wat jou gaan afskrik nie.
Marilyn Monroe se rokke, briewe, tjekboek te koop
Die rok wat Marilyn gedra het toe sy “Happy Birthday, Mr President” aan die Amerikaanse president John F Kennedy gesing het, word ook te koop aangebied.