ʼn 34-jarige vrou is Donderdagmiddag in KwaZulu-Natal deur ʼn vragmotor vergruis.
Alles vir die maand September 2016
GB: Pretoria Polisie beter as Carlton-vertoning
Pretoria Polisie (Blou Bulle) is `n veel beter span as wat uit sy vertoning in vanjaar sy Carltonreeks blyk, en indien hy uit sy foute geleer het, is daar geen rede hoekom hy nie die uitspeelrondes van die reeks om die Goue Beker kan haal nie.
Minister paai ná nog geldkrane toegedraai word
Lynne Brown, minister van openbare ondernemings, het beleggers gerusgestel dat Suid-Afrika se semistaatsinstellings stabiel is nadat ʼn tweede batebestuurder aangekondig het dat hy nie die land se maatskappye in staatsbesit verder gaan finansier nie.
Ondersoek ná reusekremetart gedeeltelik ineenstort
Kenners probeer steeds ontrafel wat gelei het tot die gedeeltelike ineenstorting van die Sunland-reusekremetart in Modjadjiskloof naby Tzaneen in Limpopo.
Twee gevonnis ná moord op drawwer
Twee mans wat ʼn drawwer vir ʼn skamele R4 en sy tekkies vermoor het, is Donderdag in die hooggeregshof in Pietermaritzburg gevonnis.
Gedagte vir die dag: Vroeg in die oggend
Ek wil vroeg opstaan, met harp en lier wil ek die rooidag wakker maak! Onder die volke wil ek U loof, Here, onder die nasies u lof besing, want u liefde reik tot in die hemel, u trou tot in die wolke! Toon u grootheid, o God, hoog bo die hemel, hoog bo die aarde u mag. (Psalm 57:9–12)
Móét-wen wedstryde vir die WP, Bulle
Dit is seker nog nie heeltemal die pylvak nie, maar die tyd begin min raak om reg te maak wat verbrou is. Twee Curriebekerwedstryde in die besonder is die naweek móét-wen wedstryde vir veral die Westelike Provinsie en die Blou Bulle.
[Foto’s] Boere ontvang droogtehulp
AfriForum het Donderdag 85 ton voer aan boere van die droogtegeteisterde gebied Reddersburg in die Vrystaat geskenk.
Ramaphosa haal uit en wys nuwe regerings-kondome
Adjunkpresident Cyril Ramaphosa het Donderdag ʼn beroep op parlementslede gedoen om die regering se gratis nuwe gegeurde kondome te gebruik.
Misdaadstatistiek more bekend gemaak
Die land se jongste misdaadstatistiek word Vrydag in die parlement bekend gemaak.
Bok-kaptein hang stewels op
Adriaan Strauss, kaptein van die Springbokke, het Donderdag aankondig hy tree aan die einde van die 2016-seisoen uit toetsrugby.
Video: Sielkundige geskrap vir wangedrag
ʼn Sielkundige, wat ʼn ongekwalifiseerde persoon toegelaat het om sy werk vir hom te doen, is van sy lisensie gestroop. Die Raad vir Gesondheidsberoepe het Anton Dreyer skuldig bevind aan wangedrag.
Drama by Nelspruit-winkelsentrum: Vrou sterf, man gewond
ʼn Man is Donderdag by die Promenade-winkelsentrum in Nelspruit se middestad geskiet, waarna ʼn vrou, wat glo die voorval gesien het, ineengestort het en dood is.
Video: Groep veg vir dagga-reg
ʼn Groep Rastafariërs en ander dagga-gebruikers sê hulle gaan alles in die stryd werp om die gebruik van dié plant in Suid-Afrika te wettig.
Boek: Goeie dood wat saggies byt
In Ilse van Staden se meesleurende romandebuut word vrae rondom passie en plig; toewyding en perfeksionisme; idealisme en ontgogeling binne die raamwerk van ‘n jong veeaarts se opleiding en toetrede tot die praktyk op onvergeetlike wyse ontbloot.
Vrou langs haar man in motor doodgeskiet
ʼn Ma van twee is Woensdag ten aanskoue van haar man in die oprit van ʼn huis in Edenvale doodgeskiet.
Die wêreld se blommeprag vir Lentedag
Vertel gerus waar jy jou mooiste blommeprag gesien het.
Die wêreld in foto’s – 1 September 2016
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Fietsryer steek twee ‘rowers’ met knipmes dood
Twee vermeende rowers is dood nadat hulle ʼn fietsryer naby ʼn gewilde bergfietspark in Pinetown, KwaZulu-Natal, wou beroof.
[Luister] Tobi Jooste oor sy boek én nuwe DVD
Die sanger, akteur en skrywer, Tobi Jooste, het onlangs in die Maroela Media-ateljee kom kuier om te gesels oor sy tweede boek, Daar is ʼn Eiffeltoring in sy boedel en oor die herdenking van sy tien jaar in die musiekbedryf.