Karavaan-entoesiaste verskil oor die manier waarop hulle hul karavaan gepak wil hê – maar dié video wys mooi wat gebeur as jy net ʼn klein bietjie van die gewig rondskuif.
Alles vir Dinsdag 4 Oktober 2016
Bejaardes met rooi lippe en groot harte
Rooi lippe is beswaarlik iets wat ʼn mens met ʼn senior burger verbind, nog minder sanitêre ware. Die vroue van die Parow-seniorsentrum het egter heelhartig hulle ondersteuning vir die #HelpHanna-projek gewys deur hulle lippe helderrooi te maak en geld vir dié projek in te samel.
Uitdrukking: kant en klaar
Taaltoffie ondersoek die herkoms van die uitdrukking, “kant en klaar wees”
6-jarige tydens kaping uit bewegende motor gegooi
Twee verdagtes is in hegtenis geneem nadat hulle glo ʼn sesjarige meisie tydens ʼn kaping in die Oos-Rand uit ʼn bewegende motor gegooi het.
Afrikaanse sanger in sewende hemel oor babaseun
“Hierdie week verander ons lewe vir altyd, maar ten beste. Ek is baie trots op my vrou en hoe sy alles en almal om haar hanteer,” het die sanger gesê.
Rosetta bots teen komeet
Die Rosettatuig van die Europese Ruimte-agenskap het sy sending na bykans ’n jaar wat dit om ’n komeet gewentel het, beëindig deur teen die komeet te bots.
Nuuskommentaar: Studente en rommelstatus – onderrig agter doringdraad?
Daar was nog nooit ʼn tyd dat studentemoleste bloot lomp hanteer kon word nie, maar met meer as R600 miljoen skade later, kan daar nie langer uitgestel word en vandale nié aangekla word oor hul dade nie. Die voltooiing van die akademiese jaar balanseer op ʼn mespunt. En so tussenin laat blyk Standard & Poors dat daar kommer is oor politiekery in Suid-Afrika.
GB: Georgians regverdig insluiting deur en deur
Die twee buitelandse klubs in die reeks om die Goue Beker, maar veral Old Georgians van Harare (Zimbabwe), het dusver hul insluiting in die reeks deur en deur geregverdig.
7-jarige weldoener verower harte
ʼn Sewejarige seun van Hermanus in die Wes-Kaap het derduisende harte verower nadat hy, sonder enige vergoeding, dit sy selfaangestelde taak gemaak het om te verseker al die straathonde in sy gemeenskap kry huisvesting en word versorg.
Meisie verloor ma, word verkrag deur pa
ʼn 58-jarige man is tot lewenslange tronkstraf gevonnis nadat hy skuldig bevind is aan die gereelde verkragting van sy 10-jarige dogter.
[Resep] Rooibos-wortelkoek
Lani Snyman, uitvoerende beampte verantwoordelik vir kliëntediens by Ciro, het dié heerlike resep ontwikkel.
Man, baba sterf toe motor rol
ʼn Man en ʼn baba is Maandagaand dood nadat hulle albei uit ʼn motor geslinger is toe die voertuig op die N14 naby Brandvlei in die weste van Johannesburg gerol het.
Waarom jy ʼn lussie agterop jou hemp het
Al ooit gewonder waarom daar ʼn lussie agterop ʼn man se hemp is? Lees gerus dié interessante verduideliking.
Dis eintlik jammer toets word in Durban gespeel
Dis `n groot jammerte dat die Springbokke Saterdag op Kingspark in Durban en nie op Ellispark in Johannesburg teen die All Blacks speel nie.
[Resensie] Izaan – ‘Bly stil’
Daar is geen twyfel dat Izaan een van die talentvolste nuwe kunstenaars op die Afrikaanse musiektoneel is nie. Met hierdie album bewys sy dat sy so te sê enige genre kan baasraak en dat sy Afrikaanse en Engelse en kommersiële en Christelike musiek ewe goed kan sing.
Wits bly oop maar …
“Dit is nie ideaal om klasse by te woon terwyl polisiebeamptes by die deur staan nie, maar ek het geen ander keuse nie.”
‘Vlugtelinge laat mensehandel in SA toeneem’
Die toename in vlugtelinge in Suid-Afrika het die aantal mensehandelsake in Limpopo laat toeneem.
Wag in gesig geskiet tydens rooftog
ʼn Veiligheidswag is in die gesig geskiet tydens ʼn gewapende rooftog by ʼn vulstasie op die N3 in KwaZulu-Natal.
Gedagte vir die dag: Konvensionele wysheid en God se wysheid
Moenie dat jy tekort skiet aan liefde en getrouheid nie. Koester dit soos iets waardevols wat jy om jou nek dra. Skryf dit op die tafel van jou hart. (Spreuke 3:3)