Een van die All Blacks se blinkste sterre sal voor Saterdag se toets in Durban na Nieu-Seeland terugkeer na aanleiding van `n voorval met `n vrou.
Lees meerAlles vir Woensdag 5 Oktober 2016
Narre dink nie nuwe neiging is snaaks nie
Professionele hansworse het hul misnoeë uitgespreek met sogenaamde “creepy clowns” wat mense probeer skrikmaak.
Kaapstad wil ‘fietsrykultuur’ bou
Die Stad Kaapstad is van voornemens om pendelaars aan te moedig om meer met fietse in dié stad te ry.
Wits veroordeel haatspraak en rassisme teen studente
Die bestuur van die Universiteit van die Witwatersrand het Woensdag vermeende haatspraak en rassisme, wat die ronde doen op sosiale media, veroordeel.
#FeesMustFAll: Bring SA tot ʼn stilstand, sê EFF
Vuyani Pambo, studenteleier van die Ekonomiese Vryheidsvegters, het Woensdag gesê studente moet die land tot ʼn stilstand bring tot daar aan hul eise vir gratis onderwys voldoen word.
#WitsMustFall: Skep van wit teikens is roekeloos en kinderagtig
Die VF Plus het Woensdag gesê die eise van studente van die Witwatersrand dat ʼn wit manlike of vroulike student sal moet sterf om die erns van hul saak te onderstreep, is roekeloos.
Bus glo met petrolbomme bestook by Pta-hospitaal
Vier passasiers en die bestuurder van die A Re Yeng-busdiens is Woensdag beseer toe ʼn brand op ʼn bus by die Steve Biko-hospitaal in Pretoria uitgebreek het.
ToekomsVenster: Die vierde faset van die vrug van die Gees is geduld
Die lewe saam met die Heilige Gees is beslis nie vervelig nie! Die Heilige Gees het net die beste vir jou in gedagte. Hy gaan jou beslis nie los waar jy nou is nie. Hy wil jou diep in God se geheime inlei en jou ’n lewe van bonatuurlike guns gee.
Laerskoolseun deur leeu aangeval
ʼn Negejarige seun van Springs aan die Oos-Rand moes Dinsdagmiddag geopereer word nadat hy by ʼn lodge en leeupark buite Tzaneen in Limpopo deur ʼn leeu aangeval en gebyt is.
Dullstroom-boer verdwyn spoorloos
Jan Bette (62) van Dullstroom in Mpumalanga het spoorloos verdwyn nadat hy Dinsdag sy plaas verlaat het.
Video: Aardklop-feesgangers in hul noppies oor Bult-terrein
Die Aardklop Nasionale Kunstefees het Dinsdag amptelik in Potchefstroom afgeskop en feesgangers is dit eens: Die terrein vir stalletjies op die Bult is beslis een van die elemente wat van dié fees ʼn treffer maak.
Twee SAUK-raadslede bedank
Twee SAUK-raadslede het Woensdag in die parlement bedank waar hulle voor die parlement se portefeuljekomitee oor kommunikasie verskyn het.
Aardklop: Liewe Heksie-produksie benadruk rol van speel
Dis wonderlik om te weet dat Levinia vandag steeds voortleef en dat ons kinders haar ook liefhet. Dit is juis produksies soos dié van Margit Meyer-Rödenbeck en De Klerk Oelofse wat die legende van Liewe Heksie aan die lewe hou.
Internasionale Vereniging vir Afrikaans in die lewe geroep
‘n Internasionale Vereniging vir Afrikaans (IVA) wat onder meer ten doel het om Afrikaanse dosente reg oor die land en wêreldwyd met mekaar te verbind, is hierdie week gestig.
Man in hof vir moord op Grootbrakrivier-egpaar
Die 26-jarige man wat teregstaan vir die moord op Tewie en Eurika Human het Dinsdag weer in die plaaslike streekshof verskyn. Dié egpaar is in Junie in hul huis in Grootbrakrivier vermoor.
[Foto’s] Standbeeld om dié kat te onthou
Katte het glo nege lewens, maar dié besonderse kat se lewe is danksy ʼn spesiale bronsbeeld verewig.
Koop veilig aanlyn
Tegnologie het baie dinge makliker gemaak vir verbruikers en die een waaroor baie van hulle bly is, is om aanlyn te koop. Suid-Afrikaanse verbruikers is egter nog nie so opgewonde soos die res van die wêreld nie, omdat hulle nie hou van die lang wagtyd vir aflewering nie.
Volkereg: Die problematiese streep
Tog, wat die wêreld tans het, al is dit hopeloos onvolkome en selfs skynheilig, is beter as heeltemal niks. Tans bestaan daar darem ʼn jurisprudensie waarop teruggeval word. Maar veel is dit nie. Welkom in die internasionale politiek!
Digbundel: Indeks
Elke gedig in hierdie uiters volwasse bundel verken brokkie vir brokkie die aard en semantiek van ’n digkuns: Dit reis op uitgebreide paaie na wat die wese is van die digkuns, ook die digter se eie poësie.
Die wêreld in foto’s – 5 Oktober 2016
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.