Ek het geen kritiek oor die produksie nie, ek het hard gesoek, glo my. Ek het selfs die 12- en 13-jariges voor my gevra wat húlle van die vertoning gedink het. “Ja, tannie, ons het baie daarvan gehou, sy is baie cool.”
Alles vir Donderdag 6 Oktober 2016
Hoe gemaak met die narsis in jou lewe?
Maroela Media het telefonies met Riëtte Rust oor haar boek en narsisme gesels. Sy verduidelik hoe sy uit ervaring geleer het om ʼn narsis te hanteer.
[Resensie] ‘Beurtkrag’ met heelwat vonke
Die paartjie word gekonfronteer met ʼn eksistensiële krisis: Gaan hulle toelaat dat die beurtkrag in hul verhouding hulle by ʼn stopstraat bring, of gaan hulle, soos wanneer mens in die donker sit, planne maak om weer lig te sien.
Staat lê beslag op ‘renosterstropers’ se bates
Die staat het vandeesweek beslag gelê op die bates van drie vermeende renosterstropers wat met minstens 14 voorvalle van renosterstropery verbind word. Die drie is in Junie in Grahamstad in die Oos-Kaap in hegtenis geneem.
Heksejag ná ‘selfmoord’
ʼn Bejaarde Oos-Randse vrou en haar familie moes Woensdag van ʼn woedende groep inwoners gered word oor ʼn skynbare misverstand.
Spotprent 6 Oktober 2016
Jerm se spotprent vir 6 Oktober 2016.
Lily-mynramp: Agt maande sonder antwoorde
Die families van die drie Lily-mynwerkers wat in Februarie in ʼn skeepshouer onder die grond vasgekeer is toe ʼn gedeelte van die myn ineengestort het, het agt maande ná die tragiese voorval steeds meer vrae as antwoorde.
NMMU-ouers begin klasaksie
Bekommerde ouers van studente by die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit (NMMU) het hulle nou tot die howe gewend in ʼn poging om die instansie weer te heropen.
Miller en Phehlukwayo lei ‘nuwe’ Proteas tot reekssege
David Miller het Woensdagaand op Kingsmead in Durban met ʼn manjifieke 118 onoorwonne lopies ʼn onwaarskynlike oorwinning teen Australië en ook die eendagreeks vir Suid-Afrika beklink.
Zuma stel nuwe OB aan
Pres. Jacob Zuma het amptelik die nuwe openbare beskermer (OB) aangestel wat die leisels by adv. Thuli Madonsela gaan oorneem.
Boek: Jasper die speurder 4
Hierdie is die vierde titel in die Jasper-reeks. Vir enige kind sal dit ure se genot verskaf, want dit is ‘n boek om te lees en te herlees. Saam met die Viermanskap is die leser bly oor die sukses wat behaal word en saam met die vriende word daar getreur oor die brandende sitvlakke!
Pasop vir die politiek korrekte woordeskat van ʼn nuwe geslag
In die artikel “Universities on the brink” van RW Johnson wat op 27 September 2016 op Politicsweb verskyn het, kritiseer die skrywer die rektore van universiteite en sê dat daar reeds in 2015 vasgeskop moes word teen die inmenging by universiteite en dat universiteite in die proses hulle outonomiteit begin prysgee het.
Selfdoen is beter as niksdoen!
Misdaad, korrupsie, wanbestuur en die miskenning van minderheidsregte is maar ’n paar van die sake wat ʼn mens in jou gedagtes oproep as jy oor die bedreigings nadink wat ons tans in die land moet trotseer. Na my mening is daar egter ’n baie groter bedreiging wat nie só voor die hand liggend is nie, naamlik apatie en niksdoen.
Soektog duur voort ná tienjarige Limpopo-meisie
Die tienjarige meisie van Limpopo wat Dinsdag spoorloos verdwyn het, is nog nie gevind nie.
Nuuskommentaar: SA se diplomatieke skandes
Die “parkeer” van onbevoegde kaders in die buiteland is egter nie iets wat eers in die Zuma-era begin het nie, en die skoonmaak (as dit plaasvind) sal tot diep in die ANC se hart ruk.
Resep: Rooibostee-sjokoladesponskoek
Karamelkondensmelk kan ook as bolaag gebruik word. Strooi gerasperde pepermentsjokolade bo-oor.
Man ná botsing in kop geskiet
ʼn 30-jarige man is Woensdagaand in Johannesburg in die kop geskiet nadat hy glo in ʼn botsing betrokke was.
En daar slaan Aaron Smith toe die bal aan
In Nieu-Seeland is rugby koning … vergeet maar van die oorstromings wat die land die afgelope ruk getref het, vergeet maar van die bus- en treinongeluk in Auckland, want wanneer `n All Black-rugbyspeler in die nuus is, staan die land stil.
Dullstroom-boer dood gevind
Jan Bette (62), die boer van Dullstroom in Mpumalanga wat Dinsdag vermis geraak het, is dood gevind.
All Blacks verander vier vir Durbanse toets
Die All Blacks het vier veranderinge aan die opdrafspan wat die Poemas in Buenos Aires 36-17 oorrompel het vir die toets teen die Springbokke Saterdag in Durban aangebring.