Daarby gaan elke snit oor iets wat kinders na aan die hart lê en daarom kan dit sterk aanbeveel word vir enigiemand met kleuters of jong laerskoolkinders.
Alles vir Vrydag 7 Oktober 2016
Madonsela sê oor vergadering met Zuma
Adv. Thuli Madonsela, openbare beskermer, het gesê haar vergadering met pres. Jacob Zuma vir haar ondersoek na beweerde staatskaping het vier ure geduur en was beleefd.
GB: vier wedstryde hou kwarteind-sleutel
Vier wedstryde in Saterdag se laaste groepronde hou die sleutel om te bepaal watter twee spanne nog tot die kwarteindronde van die oop klubs se internasionale reeks om die Goue Beker toegelaat sal word.
Hlaudi: ‘Ek gaan nie terug skool toe nie’
Hlaudi Motsoeneng, groepbestuurder van korporatiewe sake by die SAUK, het Donderdag tydens ʼn mediakonferensie gesê geleerdheid is belangrik, maar hy het dit nie nodig nie.
NMMU heropen Vrydag
Die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit (NMMU) sal Vrydag heropen, drie weke nadat die universiteit klasse opgeskort het weens gewelddadige studentebetogings.
Gedagte vir die dag: Oppas vir familiariteit met God
Moenie te gou praat nie. Moenie oorhaastig iets aan God belowe nie. Onthou: God is in die hemel en jy is op die aarde. Laat jou woorde min wees. (Prediker 5:1)