ʼn 53-jarige pa en sy 19-jarige seun is Sondag in Mosselbaai in die Wes-Kaap in hegtenis geneem in verband met die moord op ʼn plaaslike tronkbewaarder.
Alles vir Maandag 10 Oktober 2016
Heldedag: Wie is jou held?
Maroela Media het die afgelope jaar by verskeie bekendes gehoor wie hulle held is. Laat weet gerus wie jou held is en hoekom jy hierdie persoon as ʼn held beskou.
Vier dood, twee kritiek ná N2-botsing
Vier mense, onder wie ʼn agtjarige kind, is dood nadat ʼn motor en ʼn bakkie vroeg Sondagaand op die N2 naby Stanger in KwaZulu-Natal gebots het.
Nuuskommentaar: Springbokke en die Polinesiese woema
Suid-Afrika is pas goed deur die All Blacks afgeransel, en onder die vrae wat gevra word, is of die All Blacks nie nou daarin geslaag het om Polinesiese woema so in te span dat die span byna onoorwinlik word nie – met SA wat weer gedryf deur die sosiale media daarvan verdink word om deur kwotavereistes nie die beste span op die veld te stoot nie.
Vrou sterf ná verkragklag teen Zuma
Khwezi, die vrou wat pres. Jacob Zuma van verkragting aangekla het, is oorlede.
Chanelle Henning: Man se verhoor begin
Chanelle Henning is in November 2011 in Faerie Glen, Pretoria, doodgeskiet nadat sy haar seuntjie by die kleuterskool afgelaai het
Twee dood ná motor omslaan
Twee mans is dood en drie beseer nadat ʼn motor omgeslaan het op ʼn grondpad naby die N8 in Kimberley in die Noord-Kaap.
Gedagte vir die dag: Die krag lê glad nie in jouself nie
Julle moet mekaar van dag tot dag aanspoor, ja, so lank as wat die “vandag” nog bestaan, om te keer dat een van julle deur die verleidelikheid van die sonde verhard word. (Hebreërs 3:13)