Pres. Jacob Zuma het Dinsdag aangekondig dat hy ʼn ministeriële taakspan aangestel het om te help om die situasie op universiteitskampusse te normaliseer waar gewelddadige studentebetogings al weke lank voortwoed.
Alles vir Dinsdag 11 Oktober 2016
Proteas verras met nuweling-draaiers vir toetsreeks
Twee draaiboulers sonder toetservaring, van wie die een in April laas meerdaagse krieket gespeel het, is ingesluit in die Suid-Afrikaanse span vir die toer na Australië waar drie toetse gespeel sal word.
Johan Goosen steek tong uit
Dit bly een van die groot raaisels waarom die Springbokafrigter, Allister Coetzee, nie vanjaar vir Johan Goosen kans op losskakel gegee het nie.
Madonsela: ‘Zuma weet van bewyse wat hom betrek’
Adv. Thuli Madonsela, die uittredende openbare beskermer (OB), het ʼn eis van pres. Jacob Zuma verwerp waarin hy uitstel vra in die OB se ondersoek…
Skok oor Pta-egpaar se dood
Die polisie het Dinsdag bevestig die egpaar van Pretoria wat Vrydagaand dood in hul huis in Akasia aangetref is, is tydens ʼn voorval van huishoudelike geweld doodgeskiet.
Pravin Gordhan moet in hof verskyn
Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het Dinsdag aangekondig dat ʼn lasbrief vir Pravin Gordhan, minister van finansies, uitgereik is.
Candice Swanepoel wys haar pienkvoet
Die Suid-Afrikaanse supermodel, Candice Swanepoel, het Sondag ʼn skattige foto van haar babaseuntjie op sosiale media gedeel.
[Foto’s] Orkaan op pad? Parkeer sommer in die huis
Inwoners van Florida, Suid-Carolina en Noord-Carolina moes met hul besittings vir hul lewens vlug voor Orkaan Matthew, maar een inwoner het besluit hy gaan nêrens nie, en sy motor veilig hou – in sy sitkamer.
EFF vra lede om by studentebetogings aan te sluit
Die EFF in Gauteng het ʼn beroep op sy lede en ondersteuners gedoen om hulle aan te sluit by die betogings vir gratis onderwys op verskeie kampusse in Gauteng.
[Resep] Die Staatmakers se Aanklam-skaappotjie
Elaine Horak vertel dat hulle by die 2015 Transvaal Staatmaker-saamtrek vir studente en jong werkendes ʼn potjiekos-kompetisie gehou het. Die Staatmakers het tydens die kompetisie op ʼn raaiselagtige manier die skaapskenkels verwar met hoenderdytjies en hoenderboudjies…
Uitdrukking: Met die deur in die huis val
Taaltoffie ondersoek die herkoms van die uitdrukking, “met die deur in die huis val”
President Zoid vertel meer oor nuwe Republiek-reeks
Karen Zoid, presidentsvrou van Die Republiek van Zoid Afrika, neem op 11 Oktober weer haar troon in wanneer die nuwe seisoen van dié gewilde reeks op kykNET afskop.
Afrikaanse Wiki maak inligting meer toeganklik
Daar is reeds ongeveer 41 916 Afrikaanse artikels op Wikipedia gelaai en Maroela Media is trots om ook ʼn bydrae te kan lewer. Maroela Media se Afrikaans op Wikipedia-projek, moedig kenners aan om artikels op Wikipedia te publiseer.
Varsitynetbalreeks: Pukke, Tuks in stryd om die titel
Die halfeindronde van die Varsitynetbalreeks het Maandagaand verloop soos verwag is. Die Pukke het die Maties op Coetzenburg oortuigend geklop en Tuks het die Madibaz in Pretoria heeltemal oorrompel.
Boek: Die eier
Skielik kraak die eier, en wat kom daaruit? ‘n Oulike, klein geel eendjie!
Langverwagte Panayiotou-moordverhoor begin
Die langverwagte moordverhoor van die sakeman Christopher Panayiotou en die mans wat hy na bewering gehuur het om sy vrou, die onderwyseres Jayde Panayiotou, te vermoor, begin Dinsdag in die Port Elizabeth-hooggeregshof.
Saru sal ʼn oproep na Wêreldrugby moet maak
Iewers is die lyne gekruis, want volgens Wêreldrugby se amptelike bepalingslys wat gister bekend gemaak is, is daar geen rede waarom die Springbokafrigter, Allister Coetzee, nie sy Springbokke wat oorsee en in Japan speel, op 4 November teen die Barbarians in die Wembley-stadion in Londen mag kies nie.
Nuuskommentaar: Wat is die ‘gedekoloniseerde opvoeding’ wat studente eis?
Een van die eise wat nou konsekwent met die studente-onluste opduik, is dat kampusse en leerplanne gedekoloniseer moet word. Maar dis nie so maklik om te bepaal wat presies hiermee bedoel word, en of daar enige heil hierin te vinde is nie.
Rekordprys op jaarlikse brahmaan-veiling behaal
“Ek het nog nooit so ʼn kalf gesien nie. Baie mense op die veiling het vir my gesê ek was dom om die kalf te verkoop.”
Vermiste Limpopo-meisie dood gevind
Die tienjarige meisie van Limpopo wat verlede Dinsdag spoorloos verdwyn het, se liggaam is gevind.