Die Pumas het een van die benoemdes as Suid-Afrika se afrigter van die jaar met ingang 2017 as hoofafrigter aangestel.
Lees meerAlles vir Woensdag 12 Oktober 2016
Pretoria-gyselaarsdrama: Vier dood
Vier mense is dood nadat ʼn man Woensdag polisiebeamptes en veiligheidswagte by The Meadows-veiligheidskompleks, in die ooste van Pretoria gyselaar gehou het.
NVG hoof bereid om Gordhan-aanklagte te heroorweeg
Adv. Shaun Abrahams, die hoof van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het Woensdag aan LPs gesê hy is bereid om die besluit, om Pravin Gordhan, die minister van finansies, te vervolg, te heroorweeg sodra hy die vertoë van Gordhan se regspan ontvang het.
#FeesMustFall: Geweld vlam op in Pta-strate
Winkeleienaars in die Pretoria-sakesentrum moes Woensdag hul deure sluit nadat ʼn skermutseling tussen die polisie en #FeesMustFall-betogers van die Tshwane Universiteit van Tegnologie (TUT) uitgebreek het.
The Meadows-gyselaars gered
Twee polisiebeamptes en drie veiligheidswagte, wat vroeër in die The Meadows-veiligheidskompleks, in die ooste van Pretoria gyselaar gehou is, is vrygelaat.
Drie ‘rowers’ sterf toe hulle vlug
Drie vermeende rowers is dood en ʼn vierde kritiek beseer nadat hulle van ʼn misdaadtoneel af gevlug en hul motor teen aankomende verkeer op die M3-snelweg in Constantia in die Wes-Kaap gebots het.
Kleuter na twee dae by ma se lyk gevind
ʼn Kleuterdogtertjie het twee dae lank saam met haar ma se lyk in ʼn huis in die noorde van Pretoria deurgebring voordat hulle deur die polisie gevind is.
Maties-student wat glo verkrag, kry borgtog
ʼn Finalejaar BSc-student aan die Universiteit Stellenbosch het Dinsdag in die plaaslike distrikshof verskyn op aanklag van verkragting.
[Foto’s] Polisiebeamptes gyselaar gehou in Pta-kompleks
Die polisie het op die toneel bevestig dat minstens twee polisiebeamptes sowel as veiligheidsbeamptes steeds in die kompleks gyselaar gehou word.
ToekomsVenster: Visioene of gesigte in handelinge
Nog ’n manier waarop God deur sy Gees in en deur mense praat, is deur visioene of gesigte.
Stakende studente stik aan giftige politieke dieet
Hierdie studente is maar net die jongste ontnugterde slagoffers van ʼn politieke hongerdieët wat al tot soveel smart en lyding in Oos-Europa, Afrika, Suid-Amerika, Asië en Rusland gelei het.
Video: Vlieënier maak geskiedenis met gewaagde toertjie
Rich Goodwin, ʼn vlieënier van Gloucestershire in Engeland, het Dinsdag geskiedenis gemaak toe hy die eerste vlieënier geword het wat ʼn lint in die lug tussen twee lugballonne met die vlerk van ʼn vliegtuig gesny het.
‘Gevaarlike’ misdadiger vlug ná hy polisiekaptein doodskiet
Die Gautengse polisie het ʼn volskaalse soektog van stapel gestuur na ʼn “uiters gevaarlike” verhoorafwagtende gevangene, wat Woensdagoggend uit die aanhoudingselle by ʼn landdroshof ontsnap het nadat hy ʼn polisiekaptein doodgeskiet het.
Die wêreld in foto’s – 12 Oktober 2016
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
“Net die beste vir my kinders”
In die naam van “net die beste vir my kinders” sal ouers min of meer enigiets doen. Van werk sonder ophou om die buitensporige fooie van die Engelse privaatskool te kan bekostig, tot (net) brood eet en water drink vir die krat vol wonderwerk-speelgoed wat beloof om die voorste voorsprong te verseker!
Gyselaarsituasie by Pta-kompleks
ʼn Gyselaarsituasie is tans aan die gang by The Meadows-veiligheidskompleks in die ooste van Pretoria.
Brief van ʼn pa aan sy kinders
Ek mis julle baie. Was gister weer so ‘down’ gewees. Ek wens net ek kan met julle praat, julle net sien, julle net vashou. Ek het julle so lanklaas vasgehou. Die slegste ding in hierdie lewe is as ʼn pa en ma skei en daar is kinders betrokke.
Triumph Street Twin – Bekostigbare Bonneville
Vergeet ons nie soms die essensie van motorfietsry nie? Iewers het ons die karakter verloor. Ek onthou, jare terug, my vriend Dawie het altyd van sy ‘pyp’ gepraat: ʼn pyp met ʼn enjin aan. Twee wiele en ʼn oor wat jy draai om vorentoe te gaan.
Man sit lank ná ‘haatmoord’
ʼn Man is Woensdag tydens ʼn hooggeregshofsitting, in Ceres se landdroshof, tot tronkstraf gevonnis vir die grumoord op ʼn gay man.
Vrystaat-boer vas vir nóg ʼn moord
ʼn 34-jarige boer van Bethlehem in die Vrystaat, wat op borgtog uit is nadat hy glo verlede jaar ʼn vermeende veedief in die Fouriesburg-omgewing doodgeskiet het, is weer in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn 60-jarige plaaswerker met opset omgery het.