Die kitskosrestaurant Nando’s, bekend vir sy tong-in-die-kies-advertensies, het Donderdag op ʼn gepaste wyse Thuli Madonsela bedank vir haar werk as openbare beskermer.
Lees meerAlles vir Donderdag 13 Oktober 2016
SA soettande smul aan Dunkin’ Donuts
Die Amerikaanse Dunkin’ Donuts het Donderdag sy eerste tak in Suid-Afrika oopgemaak om die 45ste land by sy lys van koffie-en-oliebolwinkels te voeg.
Bolandliga: semifinaliste wyd oor bond versprei
Die spanne in die halfeindstryde van die Bolandse klubligas Saterdag is wyd oor die bond versprei en geen enkele streek het meer as een klub in `n reeks betrokke nie.
Ondersoek na SAUK-raad begin volgende week
ʼn Parlementêre ondersoek oor die geskiktheid van die SAUK se raad om in hul amp te dien, begin volgende week.
GB: ‘ongelooflike ervaring’ vir Valsbaai
Valsbaai, die Westelike Provinsie se kampioen, se heel eerste deelname aan die oop klubs se reeks om die Goue Beker, was dusver `n “ongelooflike ervaring”.
Tweede grootste dwelmvonds in Noordwes
ʼn 54-jarige vrou is in hegtenis geneem toe sy ʼn polisiebeampte glo met R60 000 wou omkoop toe ʼn dwelmlaboratorium op haar plaas in Boons, sowat 40 km buite Koster gevind is.
Nog 21 ontvoerde Chibok-meisies vrygelaat
Die Nigeriese regering het Donderdag aangekondig dat nog 21 van die meer as 200 skoolmeisies, wat in 2014 deur die Boko Haram-terreurgroep in Chibok in die noordooste van die land ontvoer is, vrygelaat is.
#FeesMustFall: Gespanne situasie by TUT
ʼn Gespanne situasie het Donderdagoggend by die Tshwane Universiteit van Tegnologie (TUT) se hoofkampus in Pretoria-Wes geheers tussen studente en polisiebeamptes.
Twee sterf in KZN-vliegongeluk
Twee persone is dood toe ʼn ligte vliegtuig Donderdag in die noorde van KwaZulu-Natal neergestort het.
Cheetahs se blits reg vir die Goue Leeus
Die Vrystaat Cheetahs se vleuelblits Sergeal Petersen is weer fiks en sal in Saterdag se Curriebekerhalfeindstryd teen die Goue Leeus in Bloemfontein uitdraf.
Pa sterf in gyselaarsdrama: ‘Ek sal onthou hoe dapper hy was’
“Ek sal onthou hoe dapper hy was. Hy het gedoen wat niemand anders wou doen nie. Hy het mense altyd probeer veilig hou.”
ToekomsVenster: God kan deur jou drome met jou praat
Miskien het dit tyd geword dat jy jou drome ernstiger begin opneem. Wie weet, dalk wil die Almagtige met jou in jou slaap praat.
Vrygestelde De Jongh in WP-halfeindspan
Die Westelike Provinsie se afrigter John Dobson het ses veranderinge vir Saterdag se Curriebekerhalfeindstryd teen die Blou Bulle op Loftus aangebring.
Malema moet dan in hof verskyn
Julius Malema, leier van die EFF, moet in die hof verskyn op twee aanklagte van aanhitsing om ʼn misdryf te pleeg.
Die wêreld in foto’s – 13 Oktober 2016
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Steve mag nie praat ná skokgranaat-dreigement
Die sanger Steve Hofmeyr sou Vrydag ʼn toespraak by die Kaapse Persklub lewer, maar dit is gekanselleer nadat dreigemente ontvang is.
Hof hoor van Panayiotou en minnares
ʼn Goeie vriendin van Chanelle Coutts, Christopher Panayiotou se minnares, het Donderdag intieme besonderhede oor die twee se verhouding in die hooggeregshof in Port Elizabeth openbaar.
Foto’s: Vir altyd ʼn vriend in dié gans
Toe Mike Jivanjee van Oregon in Amerika twee jaar gelede ʼn baba-gansie van verdrinking en bote in ʼn meer gered het, het hy nie besef hy maak van dié gans ʼn lewenslange vriend nie.
Paige begin, Arno terug as kaptein teen WP
Die Springbokskrumskakel Rudy Paige begin sy eerste Curriebekerwedstryd van die jaar en op agsteman keer Arno Botha terug in die plek van Hanro Liebenberg en neem hy ook die kapteinskap van die Blou Bulle oor.
Zuma vat Madonsela hof toe
Pres. Jacob Zuma het glo met regstappe begin om Thuli Madonsela, openbare beskermer, te verhoed om haar verslag oor sogenaamde staatskaping bekend te maak.