Die Goue Leeus veg om die reg om hulle Curriebekertitel oor ʼn week te verdedig; die Vrystaat Cheetahs om onoorwonne te bly en die Curriebeker oor `n week Bloemfontein toe te neem.
Lees meerAlles vir Vrydag 14 Oktober 2016
[Foto’s] Siamese tweeling geskei
ʼn Siamese tweeling is tydens ʼn operasie, wat langer as 20 uur geduur het, suksesvol van mekaar geskei, hoewel een van die seuntjies steeds in die teater is.
Dokter gee hom oor na moord op vrou
ʼn Mediese dokter van Limpopo het homself aan die polisie oorgegee ʼn week nadat sy vriendin vermoor is.
Drie sterf in gru-botsing
Minstens drie mense is dood en 20 beseer in ʼn botsing tussen drie voertuie op die R82 in Walkerville, suid van Johannesburg.
Gordhan sê nee vir Abrahams se voorstel
Gordhan vertrou nie Abrahams sal hom die kans op ʼn regverdige verhoor gee nie.
Malmesbury-boer op plaas vermoor
ʼn 58-jarige boer is Donderdagaand op sy plaas in Malmesbury in die Wes-Kaap vermoor.
Bulle sal nie net voorlangs teen WP stoei nie
Op die oog af lyk dit na ʼn stryd tussen die Blou Bulle se voorspelers en die agterlyn van die Westelike Provinsie in hulle halfeindstryd Saterdag op Loftus (18:00).
ToekomsVenster: God se stem in die natuur
Maak my sensitief vir U stem in die natuur. Help my dat ek U sal hoor, wanneer U die natuur gebruik om met my te praat.
‘Maak ʼn las’-man neem eie lewe
Een van die vervaardigers van die gewilde Maak ʼn Las-program het sy eie lewe geneem.
Nóg ʼn Pretorianer tydens huisroof op kleinhoewe geskiet
Skaars twee weke nadat Johann Heunis (43), van die Leeufontein-kleinhoewes in Kameeldrift, noordoos van Pretoria, voor sy swanger vrou en drie dogtertjies vir ʼn selfoon doodgeskiet is, is ʼn 50-jarige man op ʼn naburige kleinhoewe tydens ʼn huisroof geskiet.
Almal is gaande oor die dogtertjie se ‘byderwetse’ slaaptegniek
Kyk, as jy moeg is, slaap jy sommer op enige manier. Mikaela Long, wat onlangs vir die eerste keer baba-oppasser gespeel het, was verstom toe sy onlangs haar niggie op haar kop sien slaap. ʼn Foto van die babamonitor versprei nou soos ’n veldbrand op sosiale media.
Haatspraak en leuens oor grondbesit
Maar wie besit eintlik hoeveel van die grond in Suid-Afrika? Die argumente is dikwels ʼn spul warm lug, gewilde retoriek en rassistiese uitlatings.
Boklose uitspeelwedstryde kom reeds baie jare
Die onbeskikbaarheid van Springbokke in die Curriebekerreeks en ook die uitspeelrondes is lánkal nie meer nuus of nuut nie.
Van omstrede rocker na Afrikaans se goue seun
Francois van Coke, die omstrede rock-ster van die groep met die gewaagde naam, het sedert 2003 tot nou toe verander in ʼn soet seun wat goud werd is vir die Afrikaanse musiekbedryf en hy word boonop eersdaags pa.
Maroela Motors-padtoets: Die Mazda2 1.5 DE Hazumi outo beïndruk
ʼn Indrukwekkende balans tussen rygemak en brandstofverbruik met oorgenoeg woema, Só beskryf Brendon Staniforth die Mazda2.
Video: Witdoodhaai breek deur haaihok
ʼn Duiker van Kalifornië in Amerika het Donderdag ʼn noue ontkoming gehad toe ʼn witdoodhaai in “ʼn seldsame gebeurtenis” daarin geslaag het om deur die haaihok te breek tydens ʼn haaiduik-ekspedisie.
Baasspeurder Piet Byleveld ‘skoonveld’ met geld
Oudbrigadier Piet Byleveld, wyd geag as een van Suid-Afrika se topspeurders, het glo die geliefdes van verskeie moordslagoffers met derduisende rande ingedoen. Maroela Media het gaan ondersoek instel.
Die wêreld in foto’s – 14 Oktober 2016
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Woord: parfuum
Taaltoffie ondersoek die herkoms van die woord “parfuum”
SA egpaar se wittebrood ontaard in nagmerrie
ʼn Pasgetroude Suid-Afrikaanse egpaar se wittebrood het in ʼn nagmerrie ontaard nadat hulle op pad huis toe op die lughawe voorgekeer is.