Ses verdagtes, van wie vier minderjariges, is in hegtenis geneem in verband met die moord op die gr. 11-leerder van Springs aan die Oos-Rand wat volgende jaar hoofseun sou wees.
Alles vir Vrydag 14 Oktober 2016
Daar sal nóú opgetree moet word
Dit begin mos al hoe meer lyk asof aanstaande week se beraad oor die toekoms van Suid-Afrikaanse rugby op ʼn groot lawaai en weinig wol afstuur en nie die bloeding sal keer nie.
Baba val na haar dood in hysbakskag
ʼn Ses weke oue baba is Donderdag oorlede en haar ma in ʼn kritieke toestand ná die ma haar stootwaentjie in ʼn hysbak ingestoot het sonder om te besef dat die hysbak nie op dieselfde verdieping was nie.
OB se verslag nie nou bekend gemaak
Thuli Madonsela, openbare beskermer (OB), se verslag oor sogenaamde staatskaping gaan nie vandag bekend gemaak word nie.
GB: bitter min tussen agt topspanne te kies
Daar is bitter min, indien enigsins, te kies tussen Suid-Afrika se agt beste oopklubspanne wanneer hulle mekaar Saterdag in die kwarteindronde van die internasionale reeks om die Goue Beker aan die strot vat.
Boek: Ek kan lees
‘n Eerste leesboek om woorde te leer oor gesin en familie.
Opposisie ook hof toe oor OB
“Ons glo sterk dat die mense van Suid-Afrika ingelig en bewus moet wees van die Gupta-familie se invloed op die regering en pres. Zuma,”
Pta-gyselaarsdrama: Burgemeester betuig meegevoel
Solly Msimanga, Pretoria se burgemeester, het Donderdag sy meegevoel betuig met die vriende en families van die slagoffers in Woensdag se gyselaarsdrama in die ooste van die stad wat die lewe van vier mense geëis het.
Kovsies sluit eers weer
Die universiteit het Maandag heropen nadat die reses vervroeg is maar gaan weens die gewelddadige betogings weer sluit.
Minister wil Madonsela ook stuit
Die minister poog met sy aansoek om die magte van die OB uit te daag nadat hy opdrag gekry het om sekere vrae te beantwoord.
Twee in hof ná nagklub-moord
Carl Schoombie is met ernstige kopbeserings in ʼn hospitaal opgeneem waar hy ʼn paar dae later dood is.
[Resensie] Adam Tas – ‘Patatas en pyptabak’
Dit is ʼn album wat aan die siel gryp met hartslirieke wat in 13 snitte sorgvuldig saamgevat is. Daar is ’n duidelike patriotiese ondertoon met ’n onderliggende geestelike aanslag in dié album.
Skei maak seer: Groepsdruk, kultuur en pyn
Dit is nooit te laat om te verander om jou huwelik te red nie. Dis die hoop wat getroudes met hulle kan saamneem uit een man se seerkry en heelword.
EFF beplan groot optog in Pretoria
Die Ekonomiese Vryheidsvegters beplan ʼn groot optog in Pretoria op 2 November.
NUM-lede besig met ondergrondse sitstaking
Minstens 66 lede van die National Union of Mineworkers (NUM) neem deel aan ʼn ondergrondse sitstaking by Gold One Modder East in Springs.
Veiligheidswag vas ná TUT-student geskiet is
ʼn Veiligheidswag is in hegtenis geneem op aanklag van poging tot moord ná ʼn student Donderdag op die hoofkampus van die Tshwane Universiteit van Tegnologie (TUT) geskiet is.
Gedagte vir die dag: Jy kan steeds nie twee here dien nie
Niemand kan tegelyk twee base dien nie. Hy sal óf ’n renons in die een hê en van die ander een hou; óf hy sal aan die een lojaal wees en die ander een geringskat. Om God én die geldgod saam te dien, is onmoontlik. (Matteus 6:24)