Dit was opwindend, en dit was met rukke baie lekker rugby, maar die Blou Bulle sal hulself afvra waarom hulle eers twee minute voor die einde die halfeindstryd teen die Westelike Provinsie op Loftus kon beklink, 36-30
Lees meerAlles vir Saterdag 15 Oktober 2016
Pravin Gordhan gooi knuppel in Gupta-hoenderhok
Pravin Gordhan, minister van finansies, verwys in hofstukke na “verdagte” transaksies van miljarde rande deur maatskappye wat aan die Guptas verbind is.
Visnywerheid skop sonder kampioen af
Die jaarlikse toernooi van die Suid-Afrikaanse visnywerheid skop vanjaar sonder `n verdedigende kampioen af.
GB: Valsbaai verstom teen Bobbies in kwarteind
Valsbaai (Westelike Provinsie) het vriend en vyand verstom met `n wegholsege in die oop klubs se reeks om die Goue Beker Saterdag oor Pretoria Polisie (Blou Bulle) op Loftus Versfeld in snikhete Hoëveldse somerweer.
[Foto’s] Thais stroom na paleis ná monarg se dood
Derduisende roubeklaers het Saterdag in Bangkok opgeruk na die paleis van koning Bhumibol Adulyadej (88) van Thailand.
Pta-gyselaarsdrama: Vrou se angswekkende weergawe
“Ek is baie hartseer dat die Danie wie ons eens geken het tot so ‘n vreeslike einde moes kom en daardeur vier gesinne se lewens in ‘n oogwink verander het….”
Siamese tweeling in KZN gebore
ʼn Siamese tweeling is vroeër die maand in Pongola in KwaZulu-Natal gebore.
Ommeswaai oor Madonsela se verslag
Baleka Mbete, speaker van die parlement, het haarself Saterdag gedistansieer van ʼn parlementere verklaring dat sy die verslag oor sogenaamde staatskaping aan die openbare beskermer gaan terugstuur.
[Foto’s] Nege vas toe Wits-geweld oorspoel
Nege verdagtes is in hegtenis geneem nadat geweld by die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) Vrydagaand na die strate van Braamfontein oorgespoel het.
Twee kinders doodgery
Twee kinders is Saterdagoggend in Carletonville aan die Wes-Rand doodgery.
Petrolbomme by UKZN gegooi
Twee geboue op die Universiteit van KwaZulu-Natal se Howard College-kampus in Durban is met petrolbomme bestook.
Steve-toespraak: ‘Wie dink jy is jy?’
“Ek het die ‘go-to-guy’ geword vir wit wanhoop.” Só lui die toespraak wat die sanger Steve Hofmeyr Vrydag by die Kaapse Persklub sou lewer, maar wat gekanselleer is nadat dreigemente ontvang is.
Boek: Padda en die vreemdeling
Rot, ’n vreemdeling, slaan kamp op aan die ander kant van die rivier. Padda se maats is vies – Rot is anders as hulle. Hy hoort nie daar nie, maar Padda besluit om vir Rot beter te leer ken. En wat ’n verrassing!
Video: NWU-student se gebaar ruk hartsnare
ʼn Student aan die Noordwes-Universiteit se Potchefstroom-kampus het besluit om te midde van die studentebetogings wat universiteite landwyd lamlê ʼn bietjie hoop te versprei en dié gebaar ruk hartsnare.
Max Price deur betogende studente aangerand
Max Price, visekanselier van die Universiteit van Kaapstad, is Vrydag deur betogende studente aangerand.
Speaker gee staatskaping-verslag terug aan OB
Baleka Mbete, speaker van die parlement, het gesê die finale verslag oor sogenaamde staatskaping wat Vrydag aan haar oorhandig is, sal aan die openbare beskermer terugbesorg word.
Gedagte vir die dag: Die “regte” nommerplate is nie gelyk aan seën nie
Omdat hierdie “kinders” mense van vlees en bloed is, het Jesus ook ten volle mens net soos hulle geword. Want Hy kon net sterf as Hy ten volle mens was en Hy kon net deur self te sterf hom die nekslag toedien wat mag oor die dood gehad het – die duiwel. (Hebreërs 2:14)