Drie mans is swaar gestraf nadat hulle skuldig bevind is aan die moord op twee polisiekonstabels in die Oos-Kaap.
Lees meerAlles vir Sondag 16 Oktober 2016
‘Zuma moet waai’
Pres. Jacob Zuma bly die grootste hindernis vir Suid-Afrika se sukses en moet onmiddellik bedank of herroep word, het Mmusi Maimane, leier van die DA, Sondag gesê.
Gupta-transaksies: Klagtes ingedien; Valke-ondersoek gevra
Strafregtelike klagtes is teen die Gupta-familie en Duduzane Zuma, pres. Jacob Zuma se seun, ingedien in verband met “verdagte” transaksies van meer as R6,8 miljard, wat Gupta-maatskappye tussen 2012 en Junie 2016 gedoen het.
Rower skiet homself, drie makkers vas
“Die polisie het die verdagtes voorgekeer en ʼn 27-jarige verdagte het sy vuurwapen [ʼn 9mm-pistool] uitgeruk en selfmoord gepleeg.”
Vier kinders sterf in brand
Vier kinders, tussen twee en vyf jaar oud, is dood nadat die plakkershut waarin hulle was, aan die brand geraak het in Ivory Park, oos van Johannesburg.
Nege vas oor grondbesetting
Nege mense is Saterdag in hegtenis geneem nadat ʼn groep van sowat 2 500 mense in Zamdela, by Sasolburg in die Vrystaat, grond onwettig wou beset.
Valke fnuik moordkomplot
Die Valke in KwaZulu-Natal het ʼn vrou se beweerde komplot, om haar man te laat vermoor, gefnuik.
[Foto’s] Blou Bulle vs WP
Die Blou Bulle het die Westelike Provinsie op Loftus met 36-30 geklop.
#FeesMustFall-leier in hegtenis geneem
Mcebo Dlamini, voormalige president van die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) se studenteraad, is vroeg Sondagoggend in hegtenis geneem.
Boek: Padda is verlief
Padda voel vreemd. Hy het ’n versnelde hartklop, kry warm en koue gloede en wil lag en huil tegelyk.
Visserman dood gevind
ʼn Grootskaalse soektog is van stapel gestuur nadat visvangtoerusting en ander persoonlike items op ʼn strand in Morgansbaai naby Oos-Londen gevind is.
Bfn-vrou in nek gesteek tydens rooftog
ʼn Werker by ʼn kompleks in Bloemfontein het glo Saterdag ʼn 32-jarige vrou aangeval en met ʼn mes in die nek gesteek.
Redelinghuys se nek ‘nie gebreek’
Aanvanklike vrese dat die Goue Leeus se Springbokstut, Julian Redelinghuys, sy nek in Saterdag se halfeindstryd tussen die Goue Leeus en die Vrystaat Cheetahs in Bloemfontein gebreek het, is in ʼn verklaring deur die Leeus se spandokter, Rob Collins, besweer.
[Foto’s] Nege dood in busongeluk
Minstens nege mense is dood en tientalle beseer, nadat ʼn bus vroeg Sondagoggend omgeslaan het op die N1 tussen Touwsrivier en Laingsburg in die Wes-Kaap.
Gedagte vir die dag: Nuwe skoene is ook genade
Van Bo af kom net goeie, ja, volmaakte gawes. Hulle kom van die Vader wat die hemelligte geskep het. Anders as die hemelligte, staan Hy onbeweeglik vas. Selfs sy skaduwee verskuif nie soos hulle s’n nie. (Jakobus 1:17)