RG Snyman se gesigbesering in die Curriebekerhalfeind teen die Westelike Provinsie sal hom soos verwag is uit Saterdag se eindstryd teen die Vrystaat Cheetahs in Bloemfontein hou – maar daar was ook goeie nuus vir die Blou Bulle.
Alles vir Donderdag 20 Oktober 2016
Die Jesus-rebellie
Ek weet nie wanneer dit gebeur het nie, maar iewers langs die pad het die kerk dié uithangplek geword van konformiste. Dis vreemd, want die kerk is in wese eintlik ʼn rebel (veronderstel om te wees).
Pta-gyselaarsdrama: Slagoffers ter ruste gelê
Twee van die slagoffers van verlede Woensdag se skietvoorval by ʼn veiligheidskompleks in die ooste van Pretoria is Donderdag saam ter ruste gelê.
Doodloopstraat vir 7de Laan?
Die gewilde Afrikaanse sepie 7de Laan sal dalk nie Maandag (24 Oktober) na die kassie terugkeer nie weens kontrakte wat ná drie maande nóg nie deur die SAUK, wat dié program beeldsaai, gefinaliseer is nie.
Video: VIA-gunstelinge ook nou op ShowMax
Die aanlyn televisiediens ShowMax het Donderdag gesê hy gaan vanaf 20 Oktober nege gunstelingprogramme van die VIA-kanaal aan buitelanders beskikbaar stel, en agt programme aan Suid-Afrikaners.
Die gemeenskapsidee teenoor die #MustFall-beweging
Uiteindelik het een “dapper” student van die Universiteit van Kaapstad uitgekom en presies gesê waaroor die hele #MustFall-beweging werklik gaan: ’n totale afbreek van alle bestaande kennis, tradisie en kultuur (lees veral hierin Westers) en ’n heropbou hiervan vanuit ’n Afrika- en spesifiek ’n Suid-Afrikaanse konteks.
Verwoestende swartryp tref Kaapse wingerde
Boere in die Breedekloof-vallei probeer steeds die skade bepaal ná die “mees vernietigende swartryp in 21 jaar”.
Mars-landing: Onduidelikheid oor Schiaparelli-tuig
Die Europese Ruimte-agentskap het verklaar hulle het die Schiaparelli-tuig suksesvol op Mars geland, ondanks die tuig se radiostilte.
[Resep] Vrugtejellies
Hierdie resep klink heerlik en dit lyk ook pragtig. Dit is nou hoe ʼn vrugtekelkie moet lyk!
As ʼn nuwe motor nie so nuut lyk nie
Dit is nie maklik om ʼn nuwe motor te koop nie. Dit is duur en ʼn mens moet mooi nadink voordat jy besluit. Maar wat gebeur as jy mooi verduidelik wat jy wil hê en jy koop steeds ʼn kat in die sak?
Man skei ná hy vrou sonder grimering sien
ʼn Pasgetroude man van die Verenigde Arabiese Emirate het van sy vrou geskei, omdat hy haar glo nie sonder grimering herken het nie.
[Foto’s] Ivan Zimmerman weer terug in SA ná reis van 12 000 km
“Die eerste ding wat ek gedoen het, was om ʼn sak biltong en ʼn liter Appletizer te verorber,” het Ivan verlede week aan Maroela Media gesê.
Eerste operasie wag op Pta-seun wat erg brand, hospitaal betaal
Sean Smith (16), die tienerseun van Pretoria wat Maandagmiddag tydens ʼn fratsongeluk erge brandwonde opgedoen het, sal Donderdagoggend op die Unitas-hospitaal se onkoste sy eerste operasie ondergaan om van dooie weefsel ontslae te raak.
Smoor die boosheid in die land nóú
My haarkapper, wat geen naskoolse opleiding het nie en ook baie jonk is, is waarskynlik een van die beste ontleders van plaaslike sowel as internasionale politiek.
Betroubare nutsmanne met die druk van ʼn knoppie
ʼn Nuwe app, wat in Suid-Afrika ontwikkel is, bied jou maklike toegang tot betroubare nutsmanne, loodgieters, elektrisiëns of slotmakers.
Spotprent 20 Oktober 2016
Jerm se spotprent vir 20 Oktober 2016.
[Boek] Gebeur dit met almal? Reguitpraat oor puberteit
Jou liggaam verander, nuwe emosies verwar jou en jy het honderd duisend vrae wat jy nie weet hoe of vir wie om te vra nie. Jy is skielik fyngevoelig, selfbewus en sommer net moeilik… Maar hoekom? En hoekom is daardie pes van ’n meisiekind ewe skielik vir jou so oulik?
[Foto’s] Man sit vier ure lank in skoorsteen vas
ʼn Man van Arizona het vier ure lank in sy skoorsteen vasgesit toe hy soos Kersvader toegang tot sy huis wou bekom nadat hy homself uitgesluit het.
Nuuskommentaar: Massa-sielkunde van studente-onluste
Lê die oplossing vir die studente-onluste nie dalk in ’n boodskap wat die Suid-Koreaanse leier pas aan haar volk gerig het nie?
Bokke lê in die vierde loopgraaf
Die 54 afgevaardigdes wat die noodsaaklike tweedaagse beraad oor die pad vorentoe vir Suid- Afrikaanse rugby in Kaapstad bywoon, was Woensdag tot in hul skoene geskok oor die syfers wat die Bok-afrigter, Allister Coetzee, genoem het oor die vertonings van die Springbokspan sedert 1996.