Kaartjiehouers is warm onder die kraag nadat die legendariese Afrikaanse sanger Theuns Jordaan Woensdag op sosiale media aangekondig het dat hy die organiseerders van Afrikaans is Groot voor die hof daag en waarskynlik nié by vanjaar se konsert sal optree nie.
Alles vir Donderdag 20 Oktober 2016
Uitdrukking: Jou skepe agter jou verbrand
Taaltoffie ondersoek die herkoms van die uitdrukking, “Jou skepe agter jou verbrand”
Man aan VSA uitgelewer oor kinderporno
ʼn Man van Kaapstad word na die VSA uitgelewer om verhoor te word vir die beweerde vervaardiging en verspreiding van kinderpornografie.
Student weer in hof vir poging tot moord
Byron Dick staan tereg op aanklagte van poging tot moord, brandstigting, openbare geweld en die oortreding van ʼn hofbevel.
Rinel se country-album byna hier
Sedert sy omtrent vier jaar gelede op die plaaslike musiektoneel verskyn het, het Rinel Day al hoe gewilder geword onder liefhebbers van veral Afrikaanse en country-musiek.
Andile Solutions is banke se tegno-steunpilaar
Jacques Basson van Klipkouers gesels met Andries Brink, stigter van Andile Solutions. Die organisasie voorsien in banke se unieke tegnologiese behoeftes.
Luister: ʼn Huwelik bly gesond waar vergifnis ʼn gewoonte is
As vergifnis ʼn gewoonte kan word in ʼn huwelik, bly ʼn huwelik gesond.
Parlementêre SAUK-ondersoek vertraag
Die vier oorblywende lede van die SAUK-raad sal teen die einde van volgende week kennisgewings ontvang van ʼn parlementêre ondersoek na hul bevoegdheid om hul posisies te beklee, het die portefeuljekomitee van kommunikasie Woensdag gesê.
Habib uit Wits-studentevergadering gejaag
Adam Habib, die visekanselier van die Universiteit van die Witwatersrand (Wits), het gesê hy is teleurgesteld nadat hy Woensdag uit ʼn vredesverdragvergadering by ʼn kerk in Braamfontein, Johannesburg, gejaag is.
UWK skort lesings op
Ná weke lange ontwrigtings en gewelddadige betogings het die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK) Woensdag al sy lesings opgeskort weens bekommernis oor veiligheid by die instansie.
Gedagte vir die dag: Wag dertig sekondes vir die waarheid
Ons tree op met die wapens van geregtigheid in ons regter- en linkerhand, in eer en oneer, in veragting en aanprysing; soos verleiers, en tog is ons opreg; soos onbekendes, en tog is ons goed bekend; soos mense wat sterwend is, en kyk, ons lewe; as gegéseldes, en tog is ons nie doodgemaak nie; as bedroefdes, en tog is ons altyd blymoedig; soos bedelaars, maar ons verryk baie mense; soos mense wat niks besit nie, en tog besit ons alles. (2 Korintiërs 6:7-10)