Buiten Australië se dodelike slange, mensvreterkrokodille en giftige jellievisse, is daar nou ook Hermie, ʼn spinnekop só groot en sterk dat hy ʼn groterige muis teen ʼn yskas kon wegdra.
Lees meerAlles vir Maandag 24 Oktober 2016
Video: Herero, Nama eis skadevergoeding van Duitsers
Die Herero- en Nama-stam in Namibië beskuldig Duitsland daarvan dat hy tussen 1904 en 1907 volksmoord in dié land gepleeg het, en eis nou ‘n amptelike verskoning en skadevergoeding.
Video: ‘ANC is erger as apartheidsregering’
ANC-hoofsweep Jackson Mthembu sê dié party se hoofleiers is deesdae erger as die apartheidsregering. Mthembu het in ‘n verrassende wending in die openbaar aangedui dat die ANC se topleiers moet bedank, pres. Jacob Zuma inkluis.
SAUK dank sportbaas eensydig af
Die SAUK het die vryskutkontrak van Pieter van den Berg, een van die land se mees senior sportkommentators, by dié instelling sonder die inagneming van enige bewyse, waaronder twee poligraaftoetse, summier opgehef.
Staatskapingverslag is ’n ‘saak van nasionale belang’
Die openbare beskermer, adv. Busisiwe Mkhwebane, moet die sogenaamde staatskapingverslag, wat deur haar voorganger, adv. Thuli Madonsela, opgestel is, so vinnig as moontlik vrystel, het AfriForum Maandag gesê.
Oud-Proteaspeler hoop aanrandingsklag sal teruggetrek word
Thami Tsolekile, voormalige Proteas-krieketspeler, gaan die staat versoek om ʼn aanklag van aanranding teen hom terug te trek.
Polisievakbond wil Valke-hoof se aanstelling laat terugtrek
Die Suid-Afrikaanse Polisievakbond (Sapu) het Maandag die polisieminister Nathi Nhleko versoek om “leierskap en verantwoordelikheid te wys en sy trots te sluk” en die aanstelling van lt.genl. Berning Mthandazo Ntlemeza, as die hoof van die Valke, terug te trek.
Panayiotou-hofsaak: Só sê kenner oor voertuigspoorstelsel
ʼn Getuie met omvattende kennis oor voertuigspoorstelsels, het Maandag in die hooggeregshof in Port Elizabeth die bewegings van ʼn bestuurder, die dag voor Jayde Panayiotou verlede jaar buite haar Stellen Glen-kompleks glo ontvoer is, beskryf.
ToekomsVenster: Ons is beelddraers van God
Die versoeking is groot dat ʼn mens die radikale andersheid van God kan vergeet of selfs daaraan gewoond kan raak.
Vrou vas oor ‘moordkomplot’
ʼn Kaapstadse vrou wat daarvan beskuldig word dat sy ʼn huurmoordenaar betaal het om haar 67-jarige man te vermoor, het Maandag in die Wynberg-landdroshof om borgtog aansoek gedoen.
Nóg twee in Bloem vermoor, ses vasgetrek
Nóg twee mense is Maandag in Bloemfontein vermoor nadat drie mense die naweek in Bloemspruit vermoor is. Die polisie het ses verdagtes in hegtenis geneem.
Goue Leeus vang geil in WP – en Bulls-kaptein
Die Goue Leeus se aanwinste vir die komende seisoen sluit etlike spelers uit die Westelike Provinsie en `n gewese Bulls-kaptein in.
Video: Word ʼn origami-meester saam met Suzelle
Sukkel jy om ʼn uitlaatklep vir jou kreatiewe sy te ontdek? Suzelle DIY deel in haar jongste video ʼn paar nuttige voukuns-wenke wat jou die beste origami-kunstenaar onder jou pelle kan maak!
‘In die Here se skaduwee’ met wonderwerk-peuter
“Die enigste verskil tussen ʼn nagmerrie en ʼn avontuur is jou ingesteldheid. Ons is soos ʼn klein kindjie wat in die donker agter sy pa aanloop wat die flits vashou. Ons weet nie wat vir ons voorlê nie, maar ons vertrou blindelings op die Here.”
Hoe sien ek ʼn tragedie kom?
Nietemin het ons in Suid-Afrika ʼn kultuur dat ons nie in ander mense se sake inmeng nie. Maar wat staan my te doen as ek bewus raak van die moontlikheid dat so iets kan gebeur met iemand in my huis of in ʼn gesin in my woonbuurt?
‘7de Laan’ hier om te bly
Die gewilde SABC 2-sepie 7de Laan sal wel Maandagaand deur die SAUK gebeeldsaai word.
Entrepreneurskap: Argitektuur vir die stigter van Rovos Rail
Hiermee ʼn voorsmakie van Klipkouers se onderhoud met Rohan Vos, stigter van Rovos Rail, wie se treine van die luuksste ter wêreld is.
[Foto’s] Twee passasierstreine bots
Minstens een persoon is dood en sowat 100 mense beseer toe twee passasierstreine Maandagmiddag tussen Pretoria en Johannesburg gebots het.
Maroela Media Afrikaanse Top-20: 24 Oktober 2016
Liza Brönner bly vandeesweek vir die tweede week in die gesogte no. 1-posisie op die Maroela Media Afrikaanse Top-20.
Brandslagoffer Sean: R3 miljoen benodig vir behandeling
Ondersteuners en geliefdes van Sean Smith (16), die tiener van Pretoria wat verlede Maandag erg gebrand het in ʼn fratsongeluk met petrol, poog hard om geld in te samel om hom na een van die land se beste private hospitale met ʼn brandsorgeenheid oor te plaas.