Pres. Jacob Zuma het Dinsdag gesê die regering sal voortgaan met sy versoek dat die parlement van Kaapstad na Pretoria skuif.
Lees meerAlles vir Dinsdag 25 Oktober 2016
Man wat valskermsweef ernstig beseer
ʼn Man het ernstige beserings opgedoen tydens ʼn valskermsweefongeluk in Sundra, Mpumalanga.
Man drink glo gif by Gautengse wetgewer
ʼn Man het glo hardop geskree “onthou julle my?” voordat hy ʼn botteltjie vloeistof, vermoedelik gif, gedrink het by die Gautengse wetgewer se kantoor in Johannesburg.
Studentebetogings: Miljoene se oortyd vir polisie
Sizakele Nkosi-Malobane, LUR vir gemeenskapsveiligheid in Gauteng, het die syfer bekend gemaak in antwoord op ʼn parlementere vraag van die EFF-LP Patrick Sindane.
Rhodespark-aanval: Vrou raak flou in hof
Een van die vroue wat oorleef het nadat sy, haar man en nog ʼn paartjie in Rhodespark aangeval is, het Dinsdag flou geraak in die hof ná haar getuienis.
Ouer voor laerskool geskiet
ʼn Man is Dinsdagmiddag voor ʼn laerskool in Rivonia in die noorde van Johannesburg geskiet.
ToekomsVenster: Regverdiges
Paulus spreek gelowiges in die gemeentes na wie hy briewe stuur nie as sondaars aan nie maar as heiliges. Gaan kyk gerus hoe sy briewe begin. Ons moet ons status in God dankbaar erken en daarvolgens begin lewe.
Uitdrukking: Die giftand hê
Taaltoffie ondersoek die herkoms van die uitdrukking “die giftand hê” wat verwys na iemand wat ‘n buitengewone vermoë het om kwaad te doen.
Moord op DA-raadslid: 6 hoor oor borgtog
Die ses verdagtes wat in hegtenis geneem is in verband met die moord op Johannes Baatjies (49), ʼn DA-raadslid van Daniëlskuil in die Noord-Kaap, en sy vennoot, het vandag in die Postmasburg-landdroshof om borgtog aansoek gedoen.
Boek: Syferfontein
Tydens Geloftenaweek in 1960 gebeur daar enkele dinge op sy plaas wat sy ouderdom, eiesinnigheid en verval onder die vergrootglas plaas.
Zoid nou beskermvrou van Borg ʼn Woord
Die Afrikaanse rock-sanger en kletsprogramaanbieder Karen Zoid gaan poog om die skat in woordeskat terug te sit.
Zuma: ‘Ingryping in Gordhan-sage kan lei tot piesangrepubliek’
Pres. Jacob Zuma het Dinsdag tydens ʼn vraag-en-antwoord-sessie in die parlement gesê indien hy sou inmeng by die vervolging van Pravin Gordhan, minister van finansies, kan Suid-Afrika ʼn piesangrepubliek word.
Wes-Kaap het die land se voorste Afrikaans-spellers
Een ding is seker: Wes-Kapenaars kán spel.
Die wêreld in foto’s – 25 Oktober 2016
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
VSA-egpaar spoor SA man se trouring op in Karibiese waters
ʼn Egpaar van Suid-Carolina in die VSA het die afgelope week tydens hul wittebrood op die Karibiese eiland St. Lucia ʼn verlore ring in die water opgespoor, min wetend dat dié ring aan ʼn Suid-Afrikaanse egpaar behoort.
‘Rhodespark-aanvallers’ pleit
Drie mans wat daarvan beskuldig word dat hulle deel was van ʼn bende wat twee paartjies verlede jaar in Rhodespark in Kensington in Johannesburg aangeval het, het Dinsdag in die hooggeregshof in Palm Ridge verskyn.
Zuma oorweeg om Jiba, Mrwebi te skors
Pres. Jacob Zuma het Dinsdag kennis gegee dat hy beplan om Nomgcobo Jiba en Lawrence Mrwebi, twee hooggeplaaste amptenare van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), te skors hangende ʼn ondersoek na hul bevoegdheid om hul amp te beklee.
Pretpark-tragedie: Twee van rit geslinger
Twee van die mense wat Dinsdag op ʼn rit by die Dreamworld-pretpark in Queensland, Australië, dood is, is glo van die tuig waarop hulle gery het afgeslinger terwyl twee ander in die tuig vasgekeer was.
Talle ontslaan ná passasierstreine bots
Altesaam 177 van die 243 mense wat Maandagmiddag beseer is toe twee passasierstreine tussen Pretoria en Johannesburg gebots het, is reeds uit die onderskeie hospitale ontslaan waarheen hulle ná die botsing geneem is.
‘Loslappie’ in ʼn straat in Tsjengdoe
Kurt Darren se “Loslappie” bars by my mond uit. Maak my vol. Afrikaans in die hartjie van Tsjengdoe.