Maroela Media het vroeër berig Colin Wheeler, ‘n oud-Puk student, is verlede week Dinsdag onverwags in ʼn hospitaal in Hanoi, Viëtnam oorlede skaars ʼn maand nadat hy daarheen verhuis het om te gaan skoolhou.
Alles vir Dinsdag 25 Oktober 2016
[Foto’s] Affies maak hul harte oop vir Loxton
Die meisies van Afrikaanse Hoër Meisieskool in Pretoria het verlede Woensdag ʼn replika van die hoofstad se stadskern gebou met boeke wat hulle aan ʼn skooltjie in die Karoo skenk.
[Resep] Kaneel-en-suiker-brood
As jy ʼn teepartytjie beplan, is hierdie koek ʼn móét. Dink net hoe spoggerig sal dit op die tafel lyk!
Gestremde meisie sterf in botsing
Twee mense, ʼn man en ʼn tienermeisie, is Dinsdagoggend dood toe ʼn bakkie en ʼn bussie wat gestremde leerders vervoer het, in Bronkhorstspruit, oos van Pretoria, gebots het.
Gevangene nou verdagte in boer se moordsaak
ʼn Man wat reeds agter tralies was in verband met ʼn saak van sakeroof, word nou ook van die moord op ʼn Wes-Kaapse boer aangekla.
Ekstremiste het almal gemene delers
My pa het altyd vir my gesê: Enigiets waar ʼn “te” voor staan – vermoedelik behalwe “tevrede” – is fout. As jong man het ek uiteraard gedink ek weet beter. Vandag besef ek my pa was wys. Wees versigtig vir ekstremiste van welke aard dan ook!
Geen klasgeldverhoging vir TUT-studente
Die Tshwane Universiteit van Tegnologie (TUT) het Dinsdag in ʼn verklaring bevestig dat die universiteit geen klasgeldverhogings vir 2017 sal instel nie.
SA wéér voor quo vadis-oomblik
Die kiesers is tans dus volwasse genoeg om die politici verantwoordelik te hou vir die krisis in die ekonomie, korrupsie en wanbestuur. Die oplossing is dus om die ekonomie te diversifiseer, veral industrialisering.
Luister: ʼn Reis om ander se lewe te verander
Los alle vooropgestelde idees by die huis: SA Bachelor & Bachelorette gaan allermins oor skoonheid. Dié inisiatief ploeg juis terug in gemeenskappe en in die lewe van kankerpasiënte.
Anika Smit-moordsaak: Beskuldigde na Weskoppies gestuur
André van Wyk (24), wat aangekla word van die moord op Anika Smit (17), het Dinsdag weer in die Pretoria-Noord-landdroshof verskyn.
Drie ernstig beseer in lugballon-ongeluk
Drie mense is ernstig beseer nadat ʼn warmlugballon Dinsdagoggend naby Buffelspoort in Noordwes deur die wind geskep is toe dit wou land.
Gesteelde boot verskyn weke later in ander vertoonlokaal
ʼn Boot wat in Augustus vanjaar by ʼn boothandelaar op die R59 naby Vereeniging binne minute uit ʼn vertoonlokaal gesteel is, is byna twee maande later opgespoor.
Vier sterf op rit by pretpark
“Dit is ʼn baie hartseer dag. Ons gebede is met die families van dié wat geraak word sowel as die nooddienspersoneel.”
Man vas oor lyke langs grondpad
ʼn Man is in hegtenis geneem nadat die verkoolde liggame van ʼn 28-jarige vrou en haar twee maande oue babaseuntjie verlede week langs ʼn grondpad in die Ga-Molepo-gebied, sowat 50 km van Polokwane, gevind is.
All Blacks dink – en dóén – alweer verder as SA
Daar is min dinge in rugby wat `n span kan saamsnoer soos `n rugbytoer.
Nuuskommentaar: Dis (soms) lekker om die president te is, te is …
Pres. Jacob Zuma dans en sing op die puin van daardie deel van Suid-Afrika wat hy reeds gesloop het, maar die kokon van ongekende luukse waarin hy los van die land met sy ekonomiese probleme leef, gaan die een of ander tyd geprik word.
Anika Smit-moord: Man weer in hof ná sielkundige waarneming
Die jong man wat hom aan die polisie oorgegee het in verband met die moord op Anika Smit (17), sal na verwagting Dinsdag weer in die Pretoria-Noord-landdroshof verskyn nadat hy vir sielkundige waarneming na die Weskoppies-hospitaal gestuur is.
Boland: sowat van mededinging nie aldag te sien
Sowat van mededinging as wat die Boland se klubligas bied, sien `n mens nie aldag nie en Saterdag se eindronde het dit ten beste uitgelig.
[Resensie] Stephan Visagie – ‘Rondloper’
Met hierdie album bewys Stephan hy is ʼn uiters talentvolle liedjieskrywer en sanger en dat hy verdien om nog gewilder te word as wat hy reeds is.
Oorsaak van treinbotsing bekend
Volgens Metrorail is een mens op die toneel dood en 243 passasiers beseer toe twee treine naby die Kaalfontein-stasie in Tembisa, noord van Johannesburg, reg van voor teen mekaar gebots het.