Saam met ʼn koppie boeretroos klink hierdie mos soos die perfekte peuselhappie!
Alles vir Woensdag 26 Oktober 2016
Nuuskommentaar: Gedekoloniseerde leerplan – Aansoek om betrekking, soos vertaal uit oorspronklike ‘Engels’
Uit die #FeesMustFall-veldtog spruit allerlei ander elemente, soos ’n aandrang op ’n gedekoloniseerde leerplan, ’n wegdoen met Eurosentriese wetenskap, vandalisme en geweld. Wat sou gebeur as al hierdie eise slaag? Met hierdie aansoek om ʼn betrekking ʼn aantal jare die toekoms in word die gevolge in die oë gekyk.
Luister: Onopgesmuk, sê Rooies: ‘Ek wil nét sing’
Hy wil nie beroemd óf bekend wees nie, meen die Afrikaanse sanger Rooies, oftewel Rudi Grobbelaar: Hy wil musiek maak wat mense laat lag en huil – wat hy gewis met sy jongste album probeer doen.
[Video] Trane rol vir brandslagoffer Sean
Trane van blydskap het Woensdagoggend in die ateljee van Jacaranda 94.2 gerol waar die R800 000 deposito wat nodig is om Sean Smit (16) na die brandsorgeenheid van ‘n private hospitaal te neem, in minder as drie ure ingesamel is.
Luister: Kerry-Lee oor haar jongste album: Sewe sakke sout en die liefde
“Selfs al sou ek die tale van mense en engele spreek, en ek het nie liefde nie, dan het ek ʼn klinkende metaal of ʼn luidende simbaal geword.” Dít, meen die Afrikaanse sangeres Kerry-Lee, is haar hartsbegeerte én tema van haar jongste album: om liefde te versprei sover as wat moontlik is.
‘SA kan onttrekking van internasionale strafhof heroorweeg’
ʼn Adjunk-minister het Dinsdag gesê Suid-Afrika kan moontlik oortuig word om sy omstrede besluit om hom aan die Internasionale Strafhof (ISH) te onttrek, om te keer.
[Foto’s] Só lyk Mercedes-Benz se nuwe X-klas
Mercedes-Benz se nuwe X-klas word laat in 2017 wêreldwyd bekendgestel.
Polisie van nalatigheid beskuldig tydens Panayiotou-verhoor
Die polisie se metodes was Dinsdag onder die vergrootglas in die hooggeregshof in Port-Elizabeth tydens die moordverhoor van Christopher Panayiotou en sy twee medebeskuldigdes, Sinethemba Nenembe en Zolani Sibeko.
Deel jou sprokiesbruilof met kykNET
Is jy op die punt om die knoop deur te hak? kykNET is op soek na ʼn klomp paartjies wat hulle gróót dag wil deel met die oog op dié kanaal se splinternuwe werklikheidsreeks wat in 2017 gebeeldsaai word.
Wen: ‘Die sneeukoningin 2’ vir oud én jonk
Die Afrikaanse animasiefliek Die sneeukoningin 2 begin op 25 November landwyd in teaters draai. Dié fliek, met die stryd tussen goed en kwaad as tema, is vir jonk én oud bedoel. Vyf Maroela Media-lesers staan nou die kans om elk ʼn DVD van Die sneeukoningin 1 en T-hemp van dié fliek te wen.
Wat laat ons na?
Getalle is dalk teen ons, maar soos Gideon van ouds kan ons in geloof hierdie taak aanpak met die wete dat oorwinning reeds in Hom behaal is.
Man sterf toe motor brug tref op nat pad
ʼn Man in sy 30’s is dood toe sy motor Woensdag teen ʼn brug in Pinetown, KwaZulu-Natal, gebots het.
Brandslagoffer Sean: Donasies stroom in
Donasies stroom in om Sean Smith (16), die tiener van Pretoria wat verlede Maandag erg gebrand het in ʼn fratsongeluk met petrol, dringend in een van die land se beste private hospitale met ʼn brandsorgeenheid oor te plaas.
[Resensie] Laurika Rauch – ‘Die reis’
Hierdie album word baie sterk aanbeveel en behoort lank baie gewild te wees!
Vanderbijlpark-moorde: ‘Ek het hulle nie geskiet nie’
Du Preez het sy weergawe van die gebeure verduidelik deur foto’s van die huis aan regter Hennie de Vos te wys.
Pretpark-tragedie: Twee kinders oorleef wonderbaarlik
Die twee vroue wat Dinsdag op ʼn rit by die Dreamworld-pretpark in Queensland, Australië, dood is, se twee kinders was saam met hulle op die rit en het wonderbaarlik oorleef.
Simba Mhere-ongeluk: Motor ry teen 166 km/h voor botsing
Preshalin Naidoo (24), die man wat tereg staan op twee aanklagte van strafbare manslag nadat hy in ʼn botsing betrokke was waarin die aanbieder Simba Mhere (31) en sy passasier dood is, het ʼn spoed van 166 km/h gery toe die botsing plaasgevind het.
Luister: Melktert vir Mob
“Maa-haa!” Dis Boetie wat met sy kop in die yskas roep. “Is die melktert vir ons?” “Nee?” skrou ek. “Dis vir Oom Dirk se verjaarsdag. Kry ‘n stukkie van die konfyttert.”
Gedagte vir die dag: God dra ons
Moenie bang wees nie! Moenie moedeloos word nie. Die Here jou God is by julle. Hy is ’n magtige Verlosser. Hy is buitengewoon bly oor julle. Sy liefde sal julle rustig maak. Met uitroepe van vreugde sal Hy oor julle jubel. (Sefanja 3:16-17)