Die verhoordatum in die moordsaak van pastoor Elsabe van Niekerk (55) van Pretoria is Vrydag amptelik in die stad se landdroshof vasgestel.
Alles vir Vrydag 28 Oktober 2016
Spring, Bokkie, spring
Die Nieu-Seelandse Rugbyunie het Vrydagoggend die nuwe All Black-trui bekend gestel en ek wonder hoe lank dit sal duur voordat die Suid-Afrikaanse rugbybase in hul voetspore sal volg.
Nuuskommentaar: Almal het onbewuste neiging tot rassisme, maar …
Ras speel op die oog af wêreldwyd ’n al belangriker rol, en dit is volgens ’n Nederlandse filosoof omdat almal neurologies neig om te onderskei op gronde soos velkleur. Gelukkig kan ons dit beheer om aanvaarbare gedrag te laat seëvier.
91 beeste op Mpumalanga-plaas vergiftig
ʼn Boer van Mpumalanga het byna R1 miljoen skade gely nadat 91 van sy beeste vroeër vandeesweek op sy plaas buite Bethal vergiftig is.
11 vas ná plundering van winkels
Die plunderaars het glo deur die winkelsentrum se dak toegang tot die winkels gekry.
Oorsee? Kom huis toe met Cell C: Stem nou vir die semifinaliste
Maroela Media, Cell C en gemeenskapsradiostasies het honderde inskrywings gekry van gesinne wie se geliefdes oorsee woon. Stem nou sodat een van hulle ʼn Suid-Afrikaanse Kersfees kan wen ter waarde van R200 000.
Leah sê dankie met Deluxe-weergawe van ‘Wonderwerk’
2016 is beslis ’n wonderlike jaar vir Leah. Nie net moes sy plek maak vir ’n Ghoema en drie Huisgenoot Tempo-toekennings in haar huis nie, maar sy moet ook bontstaan om ’n besige toerskedule na te kom.
Reëls vir Movember: Só maak mens
As jy jaarliks aan dié inisiatief wat in November aangebied word deelneem, weet jy al wat dit behels en hoe jy moet maak. Vir diegene wat nie seker is nie, hier is wat jy moet doen tydens Movember-maand.
[Foto’s] Raadsvergadering eindig met skoot, bloed en glasstukke
’n Raadsvergadering van die Nelson Mandelabaai-metro het Donderdag geëindig met ʼn skoot wat afgevuur is en twee raadslede wat na ʼn hospitaal vervoer is.
SAID bekyk bewerings rakende Valke-ondersoek
Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het gesê ʼn volledige ondersoek sal gedoen word na bewerings dat ʼn SAID-werknemer aangehou en hardhandig behandel is in die Valke se ondersoek na Pravin Gordhan, minister van finansies.
Skei maak seer: Een van die redes vir die hoë egskeidingsyfer
Die televisie is ontsettend magtig. Die bekendes skei maklik. Ons mense sien al hierdie goed en dit word aanvaarbaar.
Baba ontvoer tydens huisroof
Met hul terugkeer na die huis het hulle die babaseuntjie ontvoer en met selfone en ander huishoudelike items gevlug
Gedagte vir die dag: Verlaag daardie spanning
Kinders, laat ons nie liefhê met woorde of gepratery nie, maar eerder deur ons optrede, en met opregte bedoelings. (1 Johannes 3:18)