Die Vrystaat Cheetahs het hulle onoorwonne rekord in die ligafase behou toe hulle Griekwas Saterdag in Bloemfontein in die heel laaste ronde van die Curriebeker-rondomtalie 63-26 geklop het.
Alles vir die maand Oktober 2016
Kleuter sommer oornag ʼn miljoenêr
ʼn Driejarige seuntjie is Nieu-Seeland se jongste Bonus Bonds-pryswenner ooit nadat hy NZ$1 miljoen (byna R10 miljoen) in dié beleggingsloteryskema gewen het.
#FeesMustFall: Dis ʼn nasionale krisis, sê Maimane
Mmusi Maimane, leier van die Demokratiese Alliansie, het Saterdag gesê die land beleef ʼn ongekende krisis en indien dit nie aangespreek word nie, sal dit die toekoms van alle studente en die vooruitsig van die land benadeel.
Ses beseer tydens brand in Jhb
Ses mense, waaronder vier kinders, is Saterdagmiddag beseer toe ʼn brand in ʼn woonstelblok in Hillbrow, Johannesburg uitgebreek het.
Polisie verwelkom vonnis in mensehandelsaak
ʼn 51-jarige vrou is gevonnis nadat sy toestemming gegee het dat ʼn 65-jarige man omgang mag hê met haar 12-jarige dogter.
Poemas se All Blacks-droom lyk onwaarskynlik
Nou vir die volle 80 minute, sal die Argentynse Poemas hulle voorneem voordat hulle Saterdagaand in die voorlaaste ronde van die Rugbykampioenskap teen die All Blacks speel.
Dief kom sy moses teë in voormalige Mej. SA
Cindy Nell, die voormalige Mej. Suid-Afrika, het vandeesweek sommer self ʼn dief agternagesit.
Dolfyn in Nelson Mandelabaai geskiet
Navorsers van die Bayworld-oseanarium het Saterdag aan Maroela Media bevestig ʼn dolfyn wat se karkas Woensdag op Maitland-strand gevind is, was lewendig toe sy geskiet is.
Opgeskorte vonnis vir ma wat R4 miljoen by POF geëis het
ʼn Ma, wat tot 10 jaar tronkstraf gevonnis is in verband met bedrog van meer as R4 miljoen, se vonnis is Vrydag opgeskort in die gespesialiseerde handelsmisdaadhof in Bellville.
Ryderbeker: Europa veg terug voor lawaaierige skare
Die eerste dag van die toernooi het reeds al die unieke kenmerke van die Ryderbeker-toernooi bevat, waarvan die belangrikste is dat Europa na sy loesing in die beurtspel op die Hazeltine-gholfbaan in Minnesota sterk teruggeveg het.
Studente-onrus kan gehalte van voornemende dokters benadeel
Indien die universiteite gesluit bly, kan finalejaarstudente moontlik nie hul grade betyds afhandel nie.
Held Quinton de Kock dink reeds aan die Wanderers
Die held van Vrydag se maklike oorwinning van die Proteas oor Australië, Quinton de Kock, het die aggressiewe 178 lopies in net 113 balle reeds in die agterkop gebêre. Dit gaan nou oor Sondag se wedstryd op die Wanderers.
Landdros wil eers video van betoging sien voor borgtogbesluit
Elf studente van die Universiteit van KwaZulu-Natal wat Vrydag in die Pietermaritzburg-landdroshof verskyn het, sal nog 10 dae agter tralies moet spandeer voor ʼn besluit oor hul aansoek om borgtog geneem word.
Skole huiwerig om ‘sensitiewe’ haarstyl-debat te bespreek
Verskeie skole in Port Elizabeth swyg oor die hersiening van sy gedragskode, veral wat betref haarstyle.
Buurman skiet glo ma en seun
ʼn Ma en haar seun is Vrydagaand tydens ʼn onderonsie in Olivedale, Johannesburg geskiet.
#FeesMustFall: Zuma besorg oor eskalerende geweld
Pres. Jacob Zuma het sy ernstige kommer uitgespreek oor die eskalerende geweld in die #FeesMustFall-beweging by universiteite oor die land heen, het die interdepartementele groep belas met justisie, misdaadvoorkoming en veiligheid (JCPS) Vrydag gesê.
Veiligheidswagte tydens transitorooftog beseer
Twee veiligheidswagte is Vrydag beseer toe gewapende mans in Marikana, oos van Rustenburg in Noordwes, op ʼn transitovoertuig losgebrand het.
Vrou sterf toe sy onder trekker beland
ʼn Vrou is Saterdagoggend op die R603 in Eston, KwaZulu-Natal, dood, toe ʼn trekker oor haar gery het.
Pa sit lank ná dogter se verkragting
ʼn 37-jarige man van KwaZulu-Natal is in die Camperdown-streekshof tot 20 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy sy dogter op Kersdag 2013 verkrag het.
Gedagte vir die dag: Rykdom is tydelik
Moet jou nie afsloof om ryk te word nie en moenie jou sin vir waardes verloor nie. (Spreuke 23:4)