Drie regters het Dinsdag redes aangehoor oor hoekom politieke partye pres. Jacob Zuma en twee anders ministers se aansoek rakende die staatskaping-verslag teenstaan.
Alles vir Dinsdag 1 November 2016
‘Plaas SA in bekwame hande’ pleit Mandela-stigting
Die Nelson Mandela-stigting het Dinsdag geen doekies omgedraai nie en gesê dit is pynlik om toe te kyk “hoe die wiele van die voertuig van die staat afkom”.
Goeie nuus vir matriek-slimkop wat alles in brand verloor
“Dit is alles net deur die Here se genade. Ek weet nou hoekom ek soveel terugslae moes beleef: om vasbeslote te wees om almal trots te maak en soveel moontlik te bereik.”
Strafhof-onttrekkings: Die Afrika-sterkmanne lag kliphard
Maak maar gereed vir ander outokratiese Afrikastate soos die Demokratiese Republiek van die Kongo, Zimbabwe en Rwanda om ook weldra hul bedoelinge aan te kondig om die IS te verlaat.
Video: Krokodil val paartjie in hotel-swembad aan
Kringtelevisiebeeldmateriaal, wat onlangs deur die hotel beskikbaar gestel is, wys hoe dié krokodil die swembad bekruip voor hy aanval.
Voortvlugtende ‘polisiemoordenaar’ weer vas
Die voortvlugtende is Maandag by sy skuilplek in Eersterust, in Pretoria se Moot-omgewing, in hegtenis geneem.
[Foto’s] ʼn Groen Afrika-oerwoud in die Ooste
Ek bly in die “Groen Afrika-oerwoud”.
Oscar Pistorius-swendelaar gevonnis
Die 33-jarige man wat omkoopgeld van Oscar Pistorius probeer eis het vir sy “vryheid”, is Maandag in die gespesialiseerde kommersiële misdaadhof in Pretoria gevonnis.
Boesmans ontleed nou ook antieke spore
Die navorsers het die drie spoorsnyers in diens geneem omdat hulle ʼn aansienlike bydrae kan lewer tot ons verstaan van die antieke mense van Pech Merle. Dis ʼn eerste stap in die rigting van ʼn nuwe benadering tot argeologie wat nuwe tegnologie met inheemse kennis kombineer.
Fietse lei polisie tot nog lykies
Die drie fietse langs die dam het reddingswerkers ʼn aanduiding gegee dat daar nog kinders in die water moes wees.
Het oorsese konsertsale, operahuise blinker ligte?
Begin ʼn mens ʼn lys maak van Suid-Afrikaanse musici wat nie net in die buiteland woon nie, maar ook daar gereken word as instrumentaliste, pianiste en sangers, besef jy vinnig in hoeveel lande Suid-Afrikaans gebore kunstenaars hulle gevestig het. En soms wonder ʼn mens of die poeletjie hier te lande nie al kleiner word nie.
Engelse wil Bokke poegaai duik
Dis darem lekker as jy ʼn beleid het en daarby hou.
Seun (12) verdrink tydens skooluitstappie
ʼn Skooluitstappie het Maandag ʼn tragiese nadraai gehad nadat ʼn laerskoolseun van King William’s Town in die Oos-Kaap in die see by Glen Eden verdrink het.
Zuma-aansoek oor staatskaping-verslag aangehoor
“Die interdikte is niks meer as noukeurig berekende pogings om sake te vertraag en die onvermydelike vrystelling van die verslag so lank moontlik uit te rek nie.”
Nuuskommentaar: Keuse tussen bietjie beter of nog slegter
Daar lê heelwat kenmerke van de facto-eenpartydenke in die “volksopstand” wat pas beleef is om aanklagte teen min. Pravin Gordhan geskrap te kry.
Orania – dis hoe ons rol!
As nie eers die EFF kon fout vind tydens ʼn onlangse besoek nie, moet jy begin oplet, anders gaan jy dalk eersdaags wonder hoekom jy niks weet van hierdie opkomende, moderne gemeenskap nie. Indien jy nog wonder waar Orania is, gaan kyk. Kyk weer: ʼn stad word gebore.
Brandslagoffer Sean: ‘Dit voel soos ʼn nagmerrie’
Mé-Lissa Smith, ma van die tienerseun van Pretoria wat verlede maand erg gebrand het in ʼn fratsongeluk met petrol, sê “dit voel nog al die pad soos ʼn nagmerrie”.
Jong man sterf in vliegongeluk
“Hulle het rook gesien en die polisie ontbied.”
Baba in winkelsentrum ontvoer
ʼn Tienermeisie is in hegtenis geneem nadat ʼn baba in ʼn winkelsentrum ontvoer is.
Anargisme – sê nee
Hou op om te retireer. Die meerderheid sê nee. Die meerderheid dosente sê nee, die meerderheid studente, ouers en Suid-Afrikaners sê “Nee!”.