ʼn Skip, met 100 000 liter diesel aan boord, het Woensdag in Kaapstad se hawe gebrand.
Lees meerAlles vir Woensdag 2 November 2016
Gerugte dat Zuma staatskaping-verslag wil daag
Pres. Jacob Zuma het Woensdag gesê hy wou die bekendmaking van die openbare beskermer se staatskaping-verslag verhoed, omdat hy verkeerdelik onder die indruk was dat dit onvolledig is, en hy sal, nadat hy die inhoud bestudeer het, besluit of hy die inhoud wil daag.
Staatskaping-verslag: DA en AfriForum eis Zuma se bedanking
Die Demokratiese Alliansie het Woensdag opnuut sy versoek gerig dat pres. Jacob Zuma die regte ding moet doen en bedank ná voormalige openbare beskermer Thuli Madonsela se staatskaping-verslag bekend gemaak is.
Verjaarsdagkoek vir Panayiotou in die selle
Christopher Panayiotou se familie en vriende het Woensdag by die hooggeregshof in Port Elizabeth se aanhoudingselle opgedaag om sy 30ste verjaarsdag met koek en voorafbespreekte etes te vier.
Groep Wits-studente wil eksamen uitstel
Die Universiteit van die Witwatersrand het Woensdag aangekondig dat ʼn groep studente ʼn dringende interdik wil bekom om die eksamen te verhoed om voort te gaan.
Staatskaping-verslag: Madonsela versoek dié stappe
Adv. Thuli Madonsela, voormalige openbare beskermer, beveel in haar staatskaping-verslag aan dat pres. Jacob Zuma ʼn kommissie van ondersoek onder die vaandel van ʼn hoofregter aanstel om die bewerings soos in die verslag vervat, te ondersoek.
Twee tieners vas oor 71-jarige se moord
Twee tieners is in Durban in hegtenis geneem nadat hulle glo ʼn 71-jarige man vermoor het.
Staatskaping-verslag: Dit is wat Madonsela bevind het
Adv. Thuli Madonsela, voormalige openbare beskemer, het verskeie bekommernisse uitgelig in haar ondersoek na bewerings van staatskaping.
ToekomsVenster: Meer as oorwinnaars
By Hom is daar veiligheid en vertroosting. Daar is ongekende vreugde in die hemel as ʼn sondige mens tot bekering kom.
[Resep] Maklike vleispasteitjies
Die feit dat dié resep varkworsievleis gebruik, sorg dat jy die pasteitjies in ʼn japtrap kan maak! Dis ook perfek vir ʼn piekniek!
[Foto’s] Treinwaens brand in Pta
Twee waens van ʼn passasierstrein is Woensdagmiddag in Centurion aan die brand gesteek te midde van wydverspreide optogte in die middestad.
Hier is die staatskaping-verslag
Die openbare beskermer het Woensdag die staatskaping-verslag wat deur Thuli Madonsela opgestel is, openbaar gemaak.
Tiener dood gevind: ‘Ek het gedink sy sou terugkom’
“Ek wil net hê die polisie moet die een vang wat dit gedoen het. Ek wil hom in sy oë kyk en hom vra, hoekom? Hoe kon jy iemand se toekoms net so wegvat? Hoe kon jy ouers se kind net wegvat?”
70 jaar getroud, steeds verlief
Hulle is gebore net voor die Groot Depressie. Oupa in Groot Marico en Ouma in Vrededorp en op ʼn warm Kersfeesdag in Vrededorp in Johannesburg, het hulle mekaar ontmoet. Vandag, op 2 November, vier dié twee sielsgenote hul 70ste huweliksherdenking.
OB-hoof bedank
Adv. Louisa Zondo, die uitvoerende hoof van die openbare beskermer se kantoor, het bedank skaars twee maande nadat sy in dié pos aangestel is.
Video: Paul Kruger-standbeeld met petrolbom gegooi; EFF-lede na Uniegebou
Julius Malema, leier van die EFF, het Woensdag saam met duisende ondersteuners na die Uniegebou beweeg om pres. Jacob Zuma te “dwing” om te bedank.
Die wêreld in foto’s – 2 November 2016
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Video: Karen en ‘The Voice’-deelnemers snoer kragte
Die presidentsvrou van die Republiek van Zoid-Afrika, Karen Zoid, het Dinsdagaand saam met Almur Marais en Thembeka Mnguni, haar deelnemers van The Voice, behoorlik die dag gelig met hul weergawes van “Vloek van die kitaar” en “Thunderstruck”.
Nuuskommentaar: Wilders, Zuma en Trump se raakvlakke
Twee hofsake, ver uit mekaar, en ’n presidentsverkiesing in die VSA het heelwat gemeen. In al hierdie kwessies is die grense van spraakvryheid teenoor haatspraak en die publiek se reg om te weet belangrike elemente.
Ford maak pryse van nuwe uitgebreide Everest-reeks bekend
Maroela Media het 5 Oktober berig dat plaaslike produksie van die Ford Everest begin het. Ons kan vandag die individuele modelle se pryse bekendmaak. Die welkome byvoeging van die 2.2 TDCi Duratorq-enjin stel die Everest beskikbaar teen ʼn baie meer bekostigbare prys van R453 900 vir die intreevlak 2.2TDCi XLS 4×2 handrat.