Hommeltuie gaan dalk binnekort soos ʼn veiligheidswag jou erf patrolleer.
Alles vir Vrydag 4 November 2016
Talle vas ná Pta-betogings
Talle mense is reeds in hegtenis geneem en nog inhegtenisnemings word verwag in verband met vandeesweek se gewelddadige betogings in Pretoria se middestad.
Video: Negentig en steeds agter die orrel
Widor se Toccata uit sy Simfonie nr. 5 sal nooit weer dieselfde wees nie. Olga het dié virtuose en uitdagende stuk musiek na nuwe, eiesoortige hoogtes gevoer.
Woord: twisappel
Taaltoffie ondersoek die herkoms van die woord “twisappel”
Dot Serfontein oorlede: ‘Die aarde het geskuif’
Die bekende Afrikaanse skrywer Dot Serfontein is Vrydagoggend in die ouderdom van 91 jaar oorlede.
Groupon sluit SA-webwerf
Die aanlynkoopgroep Groupon het Vrydag sy Suid-Afrikaanse webtuiste gesluit.
Staatskaping-verslag: Tshwane-ANC sê hoekom hy nie saam betoog
Die ANC se Tshwane-streek het verduidelik hoekom hy nie deel wou neem aan die #SaveSouthAfrica-samekoms teen staatskaping Woensdag in Pretoria nie, ten spyte van deelname deur verskeie ANC-swaargewigte aan dié veelpartyveldtog.
Nuuskommentaar: Bande van die slapende ‘skoonhede’
Dit lyk of presidente Zuma en Mugabe meer gemeen het as hul voorliefde vir ontydige parlementêre uiltjies knip, en al hoe meer ingespan word om in ’n al hoe minder welwillende wêreld mekaar se stertvere te prys.
SAKP spreek medelye uit ná Derby-Lewis se dood
Die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party (SAKP) het Donderdag gesê hy hoop die regses wat destyds saam met Clive Derby-Lewis gewerk het, glo uiteindelik nou in demokrasie.
Ad hoc-komitee moet SAUK-raad ondersoek
Die Nasionale Vergadering het Donderdag ʼn resolusie aanvaar dat ʼn ad hoc-komitee op die been gebring sal word om die SAUK-raad te ondersoek.
Wat is Movember?
Hierdie maand gaan jy ʼn klomp snorre sien – meer as gewoonlik. Jy weet seker dit is Movember-maand, maar weet jy dat daar soveel meer…
Man verdwyn van kleinhoewe
Die Pietermaritzburg-polisie in KwaZulu-Natal het ʼn beroep op die publiek gedoen om hulle te help om Hendrick Pieterse (31) op te spoor nadat hy van sy kleinhoewe in die omgewing verdwyn het.
Skei maak seer: Verskil tussen ware liefde en verliefdheid
Verliefdheid is ’n hormonale ding; persoonlikheid en omstandighede speel ook ’n groot rol. Wanneer jy verlief is, is jy slimmer, beter en skerper, maar dit hou so vir agtien maande en heeltyd sit jy spontaan jou beste voetjie voor.
Thohoyandou-moord: Dokter vra dán om borgtog
Die 25-jarige mediese dokter wat in hegtenis geneem is in verband met die moord op ʼn 25-jarige vrou, wie se liggaam in ʼn huis op ʼn hospitaalperseel in die Thohoyandou-gebied gevind is, het Donderdag weer in die hof verskyn.
Twee sterf, vier beseer in botsing
Twee mans is dood en vier is ernstig beseer in ʼn botsing tussen ʼn bakkie en ʼn motor Donderdagmiddag in KwaZulu-Natal.
Politieke verdelingslyne in VSA verhard verder
Volgende week se verkiesing in die VSA sal waarskynlik die harde skeidslyne net vererger. Die gevolge van hierdie harde verdeling tussen politieke pole sal oor die volgende paar jaar meer duidelik raak soos wat Trump of Clinton as president eerder die verskille sal beklemtoon as versag.
Wie maak die Koue Oorlog warm?
Daar is weer ʼn Koue Oorlog tussen die Weste en die Russe en hierdie oorlog word al hoe warmer. Een oordeelsfout in die konflik in Sirië of die Oekraine kan die lont vir ʼn veel warmer ‘regte’ oorlog aan die brand steek. Die vraag is watter kant moet die grootste skuld vir hierdie oplaaiende konflik dra.
Gedagte vir die dag: Die werke van God
Nie hierdie man of sy ouers het gesondig nie, maar hy is blind sodat God se werke in hom sigbaar kan word. Ons moet aanhou om die werke te doen van Hom wat My gestuur het – terwyl dit nog dag is; die nag is in aantog, wanneer niemand meer kan werk nie. (Johannes 9:3-4)