Twee historiese geboue in Tulbagh in die Wes-Kaap is deur ʼn brand beskadig.
Lees meerAlles vir Sondag 6 November 2016
NG Kerk besin weer oor gay-kwessie
Die NG Kerk hou vandeesweek ʼn buitengewone algemene sinode, waar die besluit oor selfdegeslagverhoudings weer indringend bespreek gaan word.
De Aar-gesinsmoord: Verdagte vas
ʼn Verdagte is in hegtenis geneem nadat ʼn gesin van De Aar in die Noord-Kaap dood in hul huis aangetref is.
Proteas kan Maandag die toets beklink
Met uitskeityd op die vierde dag van die eerste kriekettoets teen Australië in Perth, was Suid-Afrika totaal in beheer op die Waca en op die randjie van ʼn merkwaardige oorwinning – maar harde werk lê nog Maandag, die laaste dag, voor.
Motorfietsryer sterf in botsing
ʼn Man in sy 40’s is dood nadat sy motorfiets met ʼn bakkie gebots het, op die R711 tussen Clarens en Fouriesburg in die Vrystaat.
Jong man vermis
ʼn Jong man van Hermanus word sedert Saterdagoggend vermis sedert hy ʼn kuierplek verlaat het.
[Foto’s] ‘Moordtog’ aan die lig gebring na vrou in vraghouer gevind is
Die man wat ʼn vrou glo in ʼn vraghouer vasgeketting het, het volgens die polisie erken hy het minstens sewe mense vermoor.
Gesin in huis vermoor
ʼn Gesin van De Aar in die Noord-Kaap is dood in hul huis aangetref. Kapt. Olebogeng Tawana, woordvoerder van die polisie, het gesê Glenwill Makaleni…
‘Terreur-tweeling’: Staat van misbruik beskuldig
Die Thulsie-tweeling, Brandon-Lee en Tony-Lee, wat daarvan beskuldig word dat hulle terreuraanvalle by die Amerikaanse ambassade en Joodse instellings in Suid-Afrika beplan het, se saak is Vrydag weer uitgestel.
Samsung-wasmasjiene nou ook herroep
Nagenoeg drie miljoen Samsung-wasmasjiene word herroep na talle berigte oor mense wat beserings opgedoen het.
Twee vas wat glo lisensies ‘verkoop’
“Ons het inligting oor talle bestuurskole wat glo by die aktiwiteite betrokke is.”
‘Stel waarnemende president aan’
Die vakbond het die parlement vandag gepetisioneer en briewe aan die kabinet en die kantoor van die speaker oorhandig, wat die gronde vir die versoek uiteensit.
Vyf sterf in gru-botsing
Vyf mense is dood en talle beseer in ʼn gru-ongeluk in Randjesfontein, Midrand.
Gedagte vir die dag: Geen kompromieë nie
Julle sal ook deur almal gehaat word omdat julle in my Naam optree. Maar selfs nie ’n haar op julle kop sal verlore gaan nie. Deur julle volharding sal julle julle lewe behou. (Lukas 21:17-19)