Die presidensie het Maandag ontken dat hy ʼn brief ontvang het waarin pres. Jacob Zuma versoek word om die hoof van die nasionale vervolgingsgesag (NVG), Shaun Abrahams, te skors hangende ʼn ondersoek na sy bevoegdheid om sy amp te beklee.
Lees meerAlles vir Maandag 7 November 2016
‘Terreur-tweeling’: Saak uitgestel oor nuwe verklaring
Die saak teen Brandon-Lee en Tony-Lee Thulsie wat daarvan beskuldig word dat hulle terreuraanvalle beplan het, is Maandag weer in die Johannesburg-landdroshof uitgestel.
Ondersoek gedoen ná verdagte in polisievoertuig sterf
Die polisiebeamptes het gesien die man sukkel om asem te haal en het die paramedici ontbied. Paramedici het die man op die toneel dood verklaar.
Malema: ‘Wittes nie geregtig op grond nie’
Julius Malema, EFF-leier, het Maandag gesê wittes is geensins geregtig daarop om grond in Suid-Afrika te besit nie, aangesien wittes “swart volksmoord gepleeg het” toe hulle swartes van hul grond ontneem het.
Herrie oor ‘white trash’-twiet
ʼn Herrie het op sosiale media losgebars nadat die besturende redakteur van Landbouweekblad op sosiale media na mense as “white trash” verwys het.
ToekomsVenster: Hoe groot is U
Miskien is een van die beter maniere om God te aanbid doodgewone stille verwondering van Hom, sonder ʼn stortvloed woorde wat hul betekenis verloor het.
[Resep] Hemelse Nutella-happies
Bederf jouself ná ’n lang Maandag met dié heerlike en maklike kolwyntjies!
[Foto’s] Oorstromings ná swaar reën in Pretoria
Swaar reën het Maandagmiddag chaos in die ooste van Pretoria veroorsaak, waar paaie en parkeerterreine in Silver Lakes oorstroom het en motors op laagwaterbrûe vasgekeer is.
Egpaar erg aangerand op Gauteng-plaas
ʼn Boer en sy vrou is in ʼn ernstige toestand na ʼn hospitaal gehaas nadat hulle Sondagaand op hul plaas in die Eikenhof-gebied in die suide van Johannesburg deur vyf verdagtes oorval is.
ATKV-Postmatriek dié alternatief ná matriek!
Waag ’n bietjie. Toets jou grense. Gaan roei op ’n rivier. Beplan jou toekoms. Leer Zoeloe praat. Leer besigheidsbestuur. Doen ’n bergfietskursus. Probeer abseil. Gaan op ’n fietstoer. Leer oor entrepreneurskap. Vind uit oor persoonlike finansies en begroting.
Maroela Media Afrikaanse Top 20: 7 November 2016
Lianie May en Jay behou vir die tweede week die gesogte nommer 1-posisie met “Da’ Vat Hy”.
Rhodespark-aanval: Verdagte te siek om verhoor te word
Die verhoor van die drie mans wat daarvan beskuldig word dat hulle deel was van ʼn bende wat twee paartjies verlede jaar in Rhodespark in Kensington in Johannesburg aangeval het, kon nie Maandag hervat word nie aangesien een van die beskuldigdes te siek is.
Woord van die week: familielid
Die woord “familielied” het vroeër ook “dief” beteken. Taaltoffie stel ondersoek in.
Die wêreld in foto’s – 7 November 2016
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
NVG reageer op Gordhan-berigte
Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het Maandag reageer op Sondagkoerantberigte dat Pravin Gordhan, minister van finansies, voor die einde van die jaar weer aangekla gaan word.
[Foto] Man gesoek vir verkragting van minderjarige
Die polisie het ʼn beroep op die publiek gedoen om hulle by te staan met inligting om ʼn man op te spoor wat na bewering onlangs ʼn minderjarige meisie aan die Wes-Rand ontvoer en verkrag het.
Fikile in Twitter-geveg met Olimpiese medaljewenner
“[Ek het] nooit, ooit hierdie woorde gesê nie. Dit is hoe jy behandel word nadat jy ʼn Olimpiese medalje gewen het. Wat ʼn absolute skande. [Ek] doen dit altyd op my eie.”
Pleknaamkompetisie: Hier is die wenner!
Maroela Media was op soek na jou mooiste pleknaam- en plaasnaamfoto’s, en die wenner is sopas aangewys!
Clinton of Trump? ʼn Verkiesing van eerstes
Die Amerikaanse verkiesing vind Dinsdag plaas waarna Hillary Clinton of Donald Trump die 45ste president sal wees.
Merkwaardige oorwinning vir SA na moeilike begin
Suid-Afrika het Maandag die eerste kriekettoets teen Australië op die Waca in Perth op merkwaardige wyse gewen, nadat hulle ná die eerste dag se spel oënskynlik teen die planke was.