Arno Carstens is reeds vir meer as twee dekades lank ʼn huishoudelike naam in Suid-Afrikaanse musiek. Sy eerste Afrikaanse album, Die aandblom 13, is ʼn besonderse…
Alles vir Woensdag 9 November 2016
Gedig: Teksture van hier
“My pad loop terug, altyd terug, na die boere met die bakkies en die velskoene, na ‘n skuurdans en volmaan…” Lees Zandra Bezuidenhout se gedig, “Teksture van hier”
Altyd die(self)de: Selfies en digitale narsisme
Om te sterf terwyl jy ʼn selfie neem is meer waarskynlik as om byvoorbeeld deur ʼn haai aangeval en gedood te word. Klink dit belaglik? Ongelukkig is dit waar.
Nuuskommentaar: Stemvee of demokrasie of Zumakrasie?
Die ANC het pas weer, op die vooraand van die DA se mosie van wantroue in pres. Zuma, laer getrek om die beleërde president, maar die vraag is of dié uitdrukking van solidariteit die toenemende bewuswording dat die keiser eintlik kaal is, enigsins kan stuit.
Tien sterf in ongeluk
Minstens 10 mense is dood en nege beseer, toe ʼn minibustaxi Woensdagoggend naby Barberton in Mpumalanga omgeslaan en gerol het.
Rhodespark-aanval: Twee glo in Zim vas
Hulle was glo deel van ʼn groep van 12 mans wat op 17 Oktober 2015 twee paartjies in Rhodespark voorgekeer en oorval het.
Donald Trump loop voor
Die Amerikaanse verkiesing het in ʼn naelbytstryd begin ontaard nadat Donald Trump belangrike oorwinnings oor Hillary Clinton behaal het.
Man ondervra oor brand by UKZN
ʼn Man word ondervra in verband met ʼn brandstigtingsvoorval by die Universiteit van KwaZulu-Natal se Pietermaritzburg-kampus.
Luister: ʼn Rooi hartjie op my hart
Vyfuur. Skoolgebou. Ekstra klas. Bank toe gejaag om vir Sussie op die Puk geld in te betaal. ‘n Rugbytrui vir Boetie gaan koop. Hom weggebring en gaan haal, betyds vir sy oogarts-afspraak. Nou is daar ‘n lamte in my gebeente.
Die koninkryk van ons bure
As jy graag as ʼn Afrika-boorling wonder hoe jou bure lewe, pak jou 4×4 of gooi ʼn tent in die kattebak, laai ʼn koffieketel en ʼn gasstofie en begin jou reis in Witrivier. Onthou om vleis saam te vat – die Swazi’s het nie skape nie.
Gedagte vir die dag: Laat jou lig skyn
Julle moet so voorbeeldig lewe dat julle ’n helder lig sal laat uitstraal. Dan sal die mense dit sien en julle hemelse Vader daarvoor prys! (Matteus 5:16)