Rian van Heerden het in Julie aangekondig hy verlaat JacarandaFM in Maart volgende jaar as aanbieder van die Complimentary Breakfast-program en toe sommer by voorbaat verskoning gevra vir sy streke vir res van die jaar.
Alles vir Vrydag 11 November 2016
Taliban val Duitse konsulaat aan
Minstens vier mense is dood in ʼn aanval op die Duitse konsulaat in Masr-i-Sharif in die noorde van Afghanistan.
Movember: Peter de Villiers gee raad vir snorre
“As jou snor nie groei nie, of onderpresteer, kan jy nie jou snor die skuld daarvoor gee nie. Dit is te wyte aan die bestuur. Die snor kan slegs presteer met goeie bestuur. Jy benodig die regte toerusting: die beste baardknipper, skêr en skeermes. Jy kan nie ’n stick gebruik en resultate verwag nie.”
Redakteursbrief: Só klink Coenie, vyf jaar later
En as dié redakteursbrief klink soos ’n lofsang aan ’n album en ’n Afrikaanse kunstenaar, dan is dit hoe dit is, skryf Susan Lombaard.
Boer op Krugersdorp-kleinhoewe doodgeskiet
ʼn 45-jarige boer is Donderdagaand tydens ʼn rooftog op sy kleinhoewe buite Krugersdorp aan die Wes-Rand doodgeskiet terwyl sy gesin in die huis was.
Coenie de Villiers: Nuwe album ‘eerlik, persoonlik’
Coenie de Villiers se jongste album, Emoji, neem jou behoorlik op reis. Hy wek nie net emosie met behulp van sy lirieke en melodieë nie, maar verplaas jou as’t ware op ʼn emosionele vlak.
Woord: boek
Taaltoffie ondersoek die herkoms van die woord “boek”
Nuuskommentaar: Die nasie se mosie van wantroue in Zuma
Die DA, ondersteun deur ander opposisiepartye, se mosie van wantroue in pres. Jacob Zuma het wel tegnies misluk, maar die ANC se gespartel in die openbaar hieroor, asook sy weiering dat sy bewese ontevrede LP’s volgens hul gewete mag stem, het getoon dat die ruimte vir ’n wye, openbare mosie van wantroue deur die publiek nou groter is as net die #ZumaMustFall-veldtog.
Man aan Suidkus in bed doodgeskiet
ʼn 47-jarige man is Donderdagaand in ʼn huis in Margate aan die KwaZulu-Natalse Suidkus met ʼn koeëlwond aan sy kop in sy bed aangetref.
Oud-polisieman in hof oor bedrog
Die staat beweer Paul Scheepers het onregmatiglik selfoonrekords bekom om in ondersoeke deur sy eie privaat ondersoekmaatskappy te gebruik.
3 ontsnap uit polisieselle
Drie verhoorafwagtende gevangenes wat op aanklag van verkragting tereg staan, het Donderdagmiddag uit polisieselle in Phalaborwa in Limpopo ontsnap.
Skei maak seer: Die huwelik moet gered kan word
Daar is huwelike waarin daar totale liefdeloosheid en wantroue is. Hierdie huwelike moet beëindig word ter wille van die huweliksmaat en kinders. Maar dis in die minderheid.
Sanger Leonard Cohen oorlede
Die bekroonde sanger en liedjieskrywer Leonard Cohen is in die ouderdom van 82 oorlede.
#FeesMustFall-studente vrygelaat op borgtog
Tien studente wat in verband met gewelddadige betogings by die Universiteit van KwaZulu-Natal in hegtenis geneem is, was in die Pietermaritzburgse hooggeregshof suksesvol om die besluit oor hul aansoek om borgtog om te keer.
Soektog na driejarige duur voort
Haar pa het haar Woensdag gedra en in ʼn boom geklim om van die stormwater weg te kom, toe die tak gebreek het en sy in die water meegesleur is.
Einde van WOI beteken begin van WOII
Die einde van die Eerste Wêreldoorlog word vandag, 11 November 2016, wêreldwyd gevier. Flip Buys ondersoek waarom die einde van die Eerste Wêreldoorlog met reg as die begin van die Tweede Wêreldoorlog beskou word.
Gedagte vir die dag: Ongelowige Tomas
Geseënd is hulle wat nie sien nie, en tog geglo het. (Johannes 20:29)