Uit die 525 000 volwasse fiksieboeke wat verlede jaar hier verkoop is, was 450 000 Afrikaans. Engelse boeke het ‘n skrale 3% van die totaal uitgemaak. Kortom: Afrikaans is ‘n onmisbare bate vir die land.
Alles vir Dinsdag 15 November 2016
Goeie nuus: Brandslagoffer Sean na gewone saal oorgeplaas
Sean Smith, die tienerseun van Pretoria wat verlede maand erg gebrand het in ʼn fratsongeluk met petrol, is uit die brandwaakeenheid van die Milpark-hospitaal in Johannesburg ontslaan en sterk nou in ʼn gewone saal aan.
‘Hlaudi moet regskoste van SAUK-8 betaal’
Hofstukke is aan Hlaudi Motsoeneng, die SAUK se voormalige bedryfshoof, beteken om die koste te betaal van die regsgeding tussen hom en agt joernaliste van SAUK.
Vyf sterf in trompop botsing
Vyf mense is dood en talle beseer nadat twee passasiersvoertuie Maandag in KwaZulu-Natal gebots het.
“En toe was daar Niel”
Ryan laat sy kop in sy hande sak. “ʼn Nuwe Chinese generasie wat met vodka-aksente gaan praat, gaan die wêreld binnevaar.”
Trump se problematiese mandaat
Die syfers verskaf ʼn antwoord. Die mense was keelvol vir die status quo. En Clinton was die versinnebeelding van die status quo. Hulle het verandering gesoek. Enige soort verandering, maak nie saak wat nie. Uiteindelik het Trump egter in die aantal stemme naelskraap verloor. Dis ʼn ope vraag of hy daaruit ʼn egte mandaat kan aflei. Maar kom ons gee hom ʼn billike kans. Kom ons kyk wat hy maak met die problematiese mandaat wat hy wel gekry het.
Gedagte vir die dag: Ons ware tuiste
Kyk, Ek skep ’n nuwe hemel en ’n nuwe aarde. Die vorige dinge sal nie meer onthou word nie en nie in die gedagte opkom nie. (Jesaja 65:17)