Buckingham-paleis benodig dringende instandhoudingswerk met belastingbetalers se geld indien die koningin steeds daar wil bly.
Lees meerAlles vir Vrydag 18 November 2016
NUM ontken bewerings oor Gupta-kaping
Die National Union of Mineworkers (NUM) het Vrydag ten sterkste bewerings ontken dat die vakbond deur die omstrede Gupta-familie gekaap is, en het ʼn joernalis veroordeel wat ʼn onderhoud gevoer het met een van sy beamptes oor die bewerings.
‘Renosterminister’ onder skoot oor #FeesMustFall-leier se besoek
Die Demokratiese Alliansie het Vrydag gesê hy het ʼn klag by die openbare beskermer ingedien teen die minister van staatsveiligheid, David Mahlobo, dat hy vir die parlement gejok het.
ToekomsVenster: God eis jou onverdeelde trou
Ek, die Here jou God, eis onverdeelde trou aan My.
Brian Molefe nié in hegtenis geneem, sê Eskom
Eskom ontken gerugte dat sy uittredende uitvoerende hoof Brian Molefe in hegtenis geneem is ná ʼn beweerde onsuksesvolle selfmoordpoging en gesê die bron is ʼn valse nuuswebwerf genaamd News24-TV.
‘Wits-verkragter’ uit koshuis geskuif
ʼn Man wat van die verkragting van ʼn student aan die Universiteit van die Witwatersrand beskuldig word, is na ʼn ander plek op die kampus geskuif, het ʼn woordvoerder vir die instansie Vrydag gesê.
Henri van Breda: Verhoor begin dalk dan
Henri van Breda, wat aangekla word van die moorde op sy ouers en broer op die De Zalze-gholflandgoed buite Stellenbosch, het Vrydag in die Wes-Kaapse hooggeregshof verskyn.
Soektog ná man ‘lekkers’ wil uitdeel voor skool
Die skoolterrein is as voorsorgmaatreël deursoek om seker te maak die leerders is veilig.
Ma ‘sal nie ophou soek’
“Ek voel my kind lewe en is dalk hulpeloos êrens daarbuite. Sy is iewers, haar liggaam het nog nie in die water te voorskyn gekom nie, en dit sou al teen dié tyd.”
[Foto’s] Wêreldrekord vir ‘kleinste’ getroude paartjie
“Ons hoop dié rekord sal mense aanmoedig om verby mekaar se verskille te kyk en almal gelyke kanse te gee,” het die paartjie in ʼn persverklaring gesê.
Meisie (14) mag ‘gevries’ word na kankerdood
“Ek wil nie begrawe word nie. Ek wil hierdie kans hê. Dit is my wens.”
Saterdag markdag
Saterdag is markdag. Verwag organiese kosse, vars gebak en die beste cappuccino by Pretoria-Oos se Hazel Food Market.
[Resep] Tuisgemaakte heuningkoek
Dié resep herinner aan ons kinderdae. Wanneer laas het jy heuningkoek geëet?
Kiekies – Lucas se liedjies – Jannie du Toit en Thean Kotze
Jannie du Toit en Thean Kotze het besluit om hulde aan hom te bring met ʼn konsert en ʼn CD getiteld Kiekies – Lucas se liedjies.
Twee gevonnis vir wrede dubbelmoord in Memel
Oosthuizen en Charlotte het versmoor. Charlotte is ook erg gemartel om die kluis se sleutels te gee.
Video: Vir die Voëls-première: Wat is liefde?
Maroela Media het bekendes op die rooi tapyt gevra wat hulle sou doen as hulle voor die kansel staan en besef hulle maak ʼn fout en wat liefde vir hulle beteken.
Video: Radio Raps net betyds op ShowMax vir die vakansietyd
Dié kêrel is nie op sy bek geval nie en sy praktiese raad lok duisende YouTube-kykers wat skater vir sy kwinkslae. As jy nie meer langer vir Jonathan van Radio Raps se fliek kan wag nie, kan jy solank sy lewendige optredes in Life 101 en Life 201 op ShowMax kyk.
Parys-boere dan verhoor
Hulle het Vrydag vlugtig in die Parys-landdroshof verskyn, waar die verhoordatum bekend gemaak is.
ʼn Gelouterde beleggingstrategie
Om ʼn suksesvolle belegger te wees, vereis dus nie ʼn besonderse intellektuele vermoë of ʼn kristal-bal nie. Beleggingsukses vereis ʼn gelouterde beleggingstrategie en die karakter om daardie strategie deur te voer.
Woord: groet
Taaltoffie ondersoek die herkoms van die woord “groet”