Vier vroue is Saterdag dood toe ʼn passasiersboot by Hartbeespoortdam aan die brand geslaan het.
Lees meerAlles vir Saterdag 19 November 2016
Wits stel geslagskenner aan om verkragting te ondersoek
Adam Habib, visekanselier van die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) het Saterdag bevestig Nomboniso Gasa is aangestel om te bepaal of daar enige tekortkominge was aan die kant van die universiteit se strukture en beamptes in hul reaksie op ʼn onlangse bewering van verkragting.
Ramaphosa gaan minimumloonverslag bekend stel
Adjunkpresident Cyril Ramaphosa sal Sondag die verslag van die paneel raadgewers, wat aangestel is om die Nasionale Ekonomiese Ontwikkelings-en-Arbeidsraad (Nedlac) te adviseer oor die vlak waarop die land se nasionale minimumloon bepaal moet word.
Een dood, minstens 23 beseer in Vrystaat-busongeluk
Een persoon is Saterdag dood en minstens 23 beseer tydens ʼn ongeluk tussen ʼn bus en ʼn minibustaxi op die N8 naby Thaba Nchu in die Vrystaat.
‘Ek is nie ʼn dief nie,’ sê Zuma
Pres. Jacob Zuma het ontken dat hy ʼn “dief” is wat die staatskas vir sy eie voordeel geplunder het sedert hy in sy amp aangestel is.
Video: Pedal Power eis vinnige optrede ná fietsryongeluk
Die Pedal Power Association (PPA) eis vinnige en beslissende optrede deur owerhede ná ʼn Gautengse fietsryer, Darren Fitzgerald, vandeesweek deur ʼn minibustaxi omgery is.
Man gevonnis ná petrolbom-moorde
ʼn Man wat skuldig bevind is op aanklag van die moord van drie gesinslede nadat hy hul huis met ʼn petrolbom bestook het, is Vrydag in die Noordwes-hooggeregshof gevonnis.
Egpaar op De Doorns aangeval
Johan en Elmarie de Klerk is Woensdagaand op hul plaas in De Doorns in die Wes-Kaap deur drie gewapende mans aangeval.
UJ-student leef ‘in vrees’ ná moord op medestudent
Die student van die Universiteit van Johannesburg wat gesien het hoe ʼn medestudent vermoor is, het Vrydag gesê hy sukkel om vir die eksamen voor te berei en leef in vrees nadat die polisie beslag gelê het op al sy elektroniese toerusting vir ʼn “ondersoek”.
Dank afwesige LP’s af, sê ANC-jeugliga
Die ANC-LP’s wat twee dae agtereenvolgend afwesig was in die nasionale vergadering wat daartoe gelei het dat die Wysigingswet op die Verdeling van Inkomste nie kon slaag nie, moet afgedank word, het die ANC-jeugliga Vrydag gesê.
Panayiotou-moordsaak: Polisie het middelman ‘gedruk’ om te getuig
Die Port Elizabeth hooggeregshof het Vrydag gehoor die polisie het die vermeende middelman Luthando Siyoni opdrag gegee om die sakeman Christopher Panayiotou te impliseer in die moord van sy vrou Jayde.
Vuurwapens, ammunisie by Parkwood-huis gevind
Die polisie het Vrydag tydens ʼn klopjag beslag gelê op ʼn versameling wapens en ammunisie by ʼn huis in Parkwood in die Wes-Kaap.
Man gevonnis ná Noordwes-man se moord
Moses Dipone wat skuldig bevind is op aanklag van die moord op Dirk Coetzee (66), is Vrydag in die Noordwes-hooggeregshof gevonnis.
Twee dood, drie beseer in Jhb-skietery
Twee persone is Vrydag dood en drie beseer tydens ʼn skietery in Jeppestown, Johannesburg.
Bloemfontein-man word vermis
Die polisie in Port Shepstone is op soek na Karl Albert Douw Bonjanis (50) wat laas op 27 Oktober vanjaar in Bloemfontein gesien is.
SAPD daag nie op toe 218 lede hom oor regstelaksie pak
Die SAPD het Vrydag nie by ’n konsiliasie by die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) opgedaag nie, ten spyte van die feit dat tot soveel as 218 polisielede benadeel is.
Mans deur bye aangeval
Twee mans is Vrydagmiddag in die hospitaal opgeneem nadat hulle deur bye aangeval is by ʼn eiendom in Glen Marais, Kempton Park.
Gedagte vir die dag: Getrou aan jou roeping
Julle is almal God se kinders deurdat julle in Christus Jesus glo. Almal wat deur die doop met Christus één geword het, se lewe word nou heeltemal deur Christus bepaal. (Galasiërs 3:26-27)