Selepe het bevestig dat, alhoewel die polisiebeampte aan diens was, berigte dat die ongeluk plaasgevind het terwyl die voertuig deel was van ʼn “blouligkonvooi”, heeltemal onwaar is.
Lees meerAlles vir Sondag 20 November 2016
Polisiebeamptes in hof oor renosterstropery
Twee konstabels van die Suid-Afrikaanse Polisiediens en vier siviele mans sal Maandag in die Nelspruit-landdroshof verskyn op aanklag van renosterstropery.
[Foto’s] Luukse motorboot sink by Gordonsbaai
ʼn Luukse motorboot het Sondagoggend in Gordonsbaai, aan die ooste kant van Valsbaai, gesink, het die Nasionale Seereddingsinstituut gesê.
DA veg voort om Motsoeneng uit SAUK te verwyder
James Selfe het gesê die DA is verbind daartoe om die integriteit en onafhanklikheid van die SAUK te herstel. “Die eerste noodsaaklike stap is om Motsoeneng te verwyder.”
Zuma het ʼn verpligting om te sê wie steel, sê DA
Pres. Jacob Zuma het ʼn wetlike verpligting om aan wetstoepassers te rapporteer indien hy weet van enigiemand wat by kriminele gedrag betrokke is, en as hy dit nie doen nie, ondermyn hy die stryd teen korrupsie, het die Mmusi Maimane, leier van die DA, Sondag gesê.
‘Onderwys – en ons land – het nou sterk leiers nodig,’ sê Rhoda Kadali
Doelgerigte leierskap op álle vlakke is noodsaaklik om Suid-Afrikaanse onderwys van ondergang te red, meen Rhoda Kadalie.
‘Kapers’ dood ná skietery met polisie
Twee persone is dood en twee in hegtenis geneem ná ʼn hoëspoedjaagtog met die polisie in Verulam, KwaZulu-Natal.
Presidensie ontken gerugte dat Zuma-konvooi voetganger doodgery het
Berigte dat pres. Jacob Zuma se blouligkonvooi Vrydag in ʼn noodlottige ongeluk in Pretoria betrokke was, is onwaar, het die presidensie gesê.
Minstens 96 dood ná trein ontspoor
Minstens 96 persone is Sondag dood toe 14 waens van ʼn oornagpassasierstrein in die noorde van Indië ontspoor het.
‘Tel jou seëninge’ – Potch-polisieman het SA gaande
ʼn Video wat ʼn polisiebeampte van Potchefstroom op Facebook gelaai het, om mense “op te beur”, het die internet gaande.
Puk sê oor klasgeld vir 2017
Die Noordwes-Universiteit het in ʼn verklaring meer inligting bekend gemaak oor klasgeld en registrasie vir 2017 nadat die voorgestelde universiteitsbegroting tydens ʼn raadsvergadering goedgekeur is.
Groot kommer oor veiligheid by OR Tambo-lughawe
Die Demokratiese Alliansie het Sondag gesê veiligheid by OR Tambo Internasionale Lughawe in Gauteng is die afgelope paar weke ernstig in gedrang gebring met berigte oor kriminele aktiwiteit wat toeneem.
Polokwane-hospitaalteaters vir instandhouding gesluit
Operasieteaters by die Polokwane-hospitaal is gesluit weens ʼn “instandhoudingsproses” as gevolg van verkoeleraanlegte wat nie werk nie, het die departement van gesondheid in Limpopo gesê.
Passasiersboot-brand by Hartbeespoortdam word ondersoek
Die Nasionale Seereddingsinstituut het bevestig dat die Suid-Afrikaanse Maritieme Veiligheidsowerheid (Samsa) ʼn ondersoek van stapel gestuur het ná ʼn brand Saterdag op ʼn passasiersboot by Hartbeespoortdam uitgebreek en vier mense gesterf het.
Solidariteit pak rasseboelies
’n Massaklag wat by die Menseregtekommissie aanhangig gemaak gaan word, gaan die idee dat net wit mense rassisties is, die nek inslaan en die MRK gaan gevra word om hom daaroor uit te spreek.
Al hoe meer wenke oor elektrisiteitsdiefstal, sê Eskom
Eskom het gesê daar is ʼn beduidende toename in die aantal anonieme wenke wat hulle in Noordwes ontvang ná die instansie se Operasie Khanyisa-bewusmakingsveldtog.
Gedagte vir die dag: Aangetrokke tot die lig
Ek besef hoe belaglik die boodskap van die kruis moet klink vir hulle wat verlore gaan. Maar vir ons wat verlos word, is dit die krag van God. (1 Korintiërs 1:18)