Issie Dippenaar (58) het Maandagaand vir die eerste keer in ʼn week by haar eie huis in Ermelo, Mpumalanga, geslaap, omdat sy vir haar lewe gevrees het. Sy is dieselfde aand vermoor.
Alles vir Woensdag 23 November 2016
Gedig: Weer eens
“ek kom weer eens nie uit met my budget nie, die suiker en die melkkoepons is op…” Antjie Krog se gedig, “Weer eens”
Plaaslike bekendstelling: Opgeknapte Toyota Hilux SRX en Fortuner
Die nuwe SRX is tipies Toyota: Goeie waarde en klasleidende werkverrigting, net in ʼn mooier pakkie as die vorige SRX. Die SRX kry nou breëbakwerk soos die duurder Raider-modelle.
Polisievrou katrol ʼn eerste vir SA in
ʼn Polisievrou het onlangs die mees gesogte titel in kushengel ingekatrol.
Suid-Afrika se probleem is geen lone, nie laer lone
Suid-Afrika se primêre ekonomiese probleem is nie lae lone nie, maar geen lone.
Panayiotou-moordsaak: Uitsmyter ‘snork’ voor bekentenis
Die moordbeskuldigde, Christopher Panayiotou, se uitsmyter het só salig geslaap dat hy gesnork het terwyl die polisie hom na Fort Beaufort geneem het waar hy ʼn bekentenis moes maak om sy baas by die moord op sy vrou te betrek, het die Port Elizabeth-hooggeregshof Dinsdag gehoor.
[Video] Indrukwekkende skuinslanding in erge storm
Verstommende beeldmateriaal van ʼn vlieënier van Emirates-lugredery wat ʼn A380-vliegtuig skuins land tydens Orkaan Angus se stormwind, is vrygestel.
[Resep] Vlakoekies
Vakansie sonder koekies is mos nie vakansie nie. Vlakoekies is altyd ʼn wenner en perfek vir ʼn peuselhappie voor ʼn oggendstappie op die strand.
Bokke kan Wallis klop (sê die rekordboeke)
Blaai jy deur die rekordboeke, is daar slegs ʼn geringe kans dat Wallis Saterdag in Cardiff die Springbokke kan klop.
Eie tradisie, klankkleur en emosie in Coenie de Villiers se nuutste album
Met Emoji as titel, ʼn term wat verwys na draers van emosie in elektroniese kommunikasie, dek dié album ʼn wye spektrum van intieme emosies.
‘Die ster het met hom gepraat’
Dan huil hy. Oor sy pa. Oor sy ma. Oor die groen Italiaanse woude. Oor Moeder Maria en daardie ster wat een aand – baie lank gelede – met hom gepraat het.
Só lyk SA se damvlakke
Die departement van water en sanitasie het Dinsdag gesê die vlakke van die meeste van die land se damme het gestyg as gevolg van die reënval wat steeds oor dele van die land voorkom.
Tokai-moordsaak hervat
Landdros Hafiza Mohamed het die moord vroeër beskryf as “een van die gruwelikste en gewelddadigste misdade wat sy in haar loopbaan moes aanhoor”.
Pogings om Hlaudi te verwyder gaan voort
“Motsoeneng was tot dusver ʼn eenman-verwoestingsmasjien wat nog net daarin geslaag het om die integriteit, geloofwaardigheid en stabiliteit van die nasionale uitsaaier te beskadig.”
Onsekerheid oor pienk bal, kolfblad voor derde kriekettoets
Die onsekerheid oor hoe die pienk bal en die kolfblad hulle gaan gedra, dra by tot die afwagting vir die derde kriekettoets tussen die Proteas en Australië, wat Donderdag op die Adelaide-ovaal gespeel word.
Studentebetogings: TUT stel aandklokreël in
Sommige TUT-studente eis dat die eksamens tot volgende jaar uitgestel word, omdat hulle nie genoeg tyd gehad het om voor te berei nie, weens die FeesMustFall-betogings wat weke lank op die land se kampusse gewoed het.
‘Erge afpersing, korrupsie by Pretoria-vlugtelingkantoor’
Die teenkorrupsie-organisasie, Corruption Watch, het Dinsdag in ʼn korrupsieverslag beweer “endemiese afpersing en korrupsie” gedy onder regeringsbeamptes wat veronderstel is om asielsoekers en vlugtelinge te help, veral by binnelandse sake se Marabastad-vlugtelingontvangskantoor in Pretoria.
Beskuldigde vertel hof oor Rhodespark-aanval
“Dit was al bietjie donker toe ons die twee paartjies genader het. Mdu en Jeje het ʼn ent verby hulle geloop en ek het gesien hoe Mdu ʼn vuurwapen op hulle rig. Ons het almal vinnig nader beweeg.”
Gedagte vir die dag: Groeiende moegheid
Moenie hierdie vertroue in God deur julle vingers laat glip nie. Dit hou vir julle ’n groot beloning in. Wat julle nodig het, is om te volhard sodat julle kan voortgaan om God se wil te gehoorsaam. (Hebreërs 10:35-36)