Ekonome verwag ʼn vinnige styging in vleispryse omdat boere na verwagting daarop gaan fokus om hul kuddes aan te vul wat weens die droogte van kant gemaak moes word.
Lees meerAlles vir Saterdag 26 November 2016
Macy’s-webwerf knak onder Black Friday-druk
Werkers by talle winkels was nie al wat Vrydag moes bontstaan vir ʼn toeloop van klante wat op soek was na Black Friday-winskopies nie. Die gewilde aanlyninkopiewebwerf van die Amerikaanse afdelingswinkel Macy’s was ook só besig dat dié diens vir ʼn wyle onderbreek is.
Jong man sterf in botsing op snelweg
ʼn Jong man is Saterdagoggend dood toe sy voertuig in Benoni aan die Oos-Rand teen versperrings langs die snelweg gebots het.
SA met rug teen die muur in derde kriekettoets
Suid-Afrika was teen uitskeityd op die derde dag met sy rug teen die muur in die derde kriekettoets teen Australië in Adelaide. Die Proteas is op 194/6 in hul tweede kolfbeurt slegs 70 lopies voor Australië met nog twee dae se speeltyd oor.
Nóg ʼn vrou op plaasdorpie vermoor
Skaars ʼn week nadat Cathy van Coppenhagen in die hospitaal dood is nadat sy in die plaasdorpie Sundra in Mpumalanga op ʼn kleinhoewe aangeval is en in ʼn hondehok vir haar aanvallers moes skuil, is nóg ʼn vrou op dié dorp vermoor.
‘Kille’ ontvangs vir SA klubsterre in Skotland
`n Bra kille ontvangs het die twee bekroonde Goue Beker-spelers wat kragtens `n uitruilooreenkoms vir ses maande lank vir Selkirk gaan speel in Skotland te beurt geval.
Twee polisiebeamptes in Kaapstad doodgeskiet
Twee polisiebeamptes is Saterdag in twee afsonderlike voorvalle in Kaapstad doodgeskiet.
Steeds geen teken van Pta-troonkobra
Daar is nog geen teken van die kobra van nagenoeg 2,3 m wat inwoners van ʼn woonstelblok in Pretoria op hol het nadat dié gedierte Donderdag sy kop daar uitgesteek het nie.
VN hoor oor ‘vertrapping’ van minderheidsregte in SA
Adv. Anton Alberts, Die VF Plus se voorsitter, het Vrydag die menseregtekommissie van die Verenigde Nasies (VN) se forum oor minderheidsregte toegespreek oor die situasie rakende regeringsvergrype teen minderheidsregte in Suid-Afrika.
Skoolmeisie wreed in huis vermoor
ʼn 17-jarige skoolmeisie is Saterdag in die vroeë oggendure in ʼn huis in Limpopo vermoor, in ʼn voorval wat die polisie as “baie wreed” beskryf.
[Video] Sal dié ‘plaasalarm’ jou gek maak?
ʼn Video van ʼn haan wat omtrent ʼn vertoning opsit as hy die daglig met sy kraai begroet ontketen tans ʼn debat of dié natuurlike alarm goed, of ʼn irritasie is.
Inwoners ontsnap vlammehel
Inwoners van ʼn woonstelblok in Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal het Vrydag ongedeerd daarvan afgekom nadat ʼn brand in die gebou uitgebreek het. Russel Meiring, woordvoerder van…
Voormalige president sterf op 90
Fidel Castro, die voormalige president van Kuba, is in die ouderdom van 90 in Havana dood.
Rassisme: ‘Growwe dubbele standaarde word toegepas’
Die burgerregte-organisasie AfriForum het sy kommer uitgespreek oor die growwe dubbele standaarde wat toegepas word wanneer daar oor rassistiese voorvalle gerapporteer of in die algemene diskoers daarvan gepraat word.
Gedagte vir die dag: Die dag van verlossing
Dié wat die oes insamel, ontvang vergoeding: Die vrug wat hulle insamel, is mense wat die ewige lewe beërf. So is hulle wat saai en hulle wat die oes insamel, saam bly. (Johannes 4:36)