RSG en Sanlam se Radiodrama-skryfkompetisiewenners is die afgelope week bekendgemaak.
Alles vir Dinsdag 29 November 2016
Kindermishandeling kos SA sowat R238 miljard
“Dit was belangrik vir ons om die impak van geweld teenoor kinders in rand en sent waarde te bepaal. Dit wys hoe net hoe dringend daar opgetree moet word.”
Uitdrukking: Dis klaar met Kees
Taaltoffie ondersoek die herkoms van die uitdrukking, “Dis klaar met Kees”
Die oop waters én teater met vierde Oppiwater Kunstefees
Wat kan ʼn hart nou meer begeer as die oop waters en teater? RSG en Lefra-produksies bied binnekort die vierde Oppiwater Kunstefees aan en bring van die beste verhoogproduksies aan boord die luukse MSC Sinfonia-reisboot tussen 30 April en 5 Mei.
Guptas hof toe oor ‘verdagte transaksies’
Oakbay Investments, die maatskappy wat aan die omstrede Gupta-familie behoort, het Dinsdag die volledige beëdigde verklaring bekendgemaak wat by die hooggeregshof in Pretoria ingedien is om inligting van die finansiële intelligensiesentrum (FIC) te bekom.
Nuuskommentaar: So, maar so sat vir Zuma-stories
Baie lesers se vernaamste waarneming van pres. Jacob Zuma is sy vermoë om soos ’n neet te klou, en nie meer die gevaarlike onhebbelikhede waarmee die president gereeld vorendag kom nie.
ʼn Allemintige R8,4 miljoen vir welsynsorganisasies ingesamel
Tekkie Tax vier om twee redes fees hierdie November!
BMW se Pure and Crafted-fees: Maak ʼn kopskuif oor motorfietsry!
Die tema by die Motorrad-dae was nog altyd Bavaria, die tuiste van BMW. Vanjaar is besluit om ʼn bykomende geleentheid te skep, en die doel van Pure and Crafted is om meer mense te lok wat nie noodwendig motorfietsryers is nie.
Gemeenskap vang man wat glo vrou onder bakkie sleep
Die man wat na bewering op kringtelevisiebeeldmateriaal afgeneem is waar hy ʼn vrou tydens ʼn tref-en-trap-voorval meters ver gesleep het, is deur die gemeenskap vasgetrek. Waarskuwing: Die video onderaan die berig is grafies van aard en kan sensitiewe lesers ontstel.
[Resep] Kersfees-koekmengsel
Dit is nie net ʼn lekker resep dié nie, maar sommer ook ʼn oulike Kersgeskenk.
Doodskis-video: Twee wil nou borgtog vra
Die staat het vroeër aangedui dat hulle ʼn borgtogaansoek sal teenstaan op grond van onder meer die openbare verontwaardiging wat die voorval veroorsaak het en omdat die beskuldigdes se veiligheid nie gewaarborg kan word nie.
Video: SA se grootste mannekyn-uitdaging op Kampsbaai
Sosialemediagebruikers is gaande oor ʼn mannekyn-uitdaging wat Sondag op Kampsbaai in Kaapstad met behulp van meer as 200 persone verfilm is.
Dis nou dat die ware leiers na vore moet tree
Elke Jan Rap klim nou op die wa, en elke rugbyskrywer en ondersteuner lig sy mening oor wie die leisels by Allister Coetzee as Bokafrigter moet neem.
Panayiotou-moordsaak: Kru-taal en persoonlike aanvalle
Vulgêre taalgebruik en persoonlike aanvalle was Maandag aan die orde van die dag in die hooggeregshof in Port-Elizabeth tydens die agtste week van voortslepende moordverhoor van Christopher Panayiotou en sy twee medebeskuldigdes.
Dodetal styg ná ‘stuifmeelstorm’
Meer as 8 500 mense het op die noodgevalle-eenhede van hospitale in Victoria toegesak en nooddienstelefoonlyne het meer as sewe keer die normale hoeveelheid oproepe ontvang.
Skok oor kindermishandelingvideo
Die video word die afgelope paar weke wyd op sosiale media gedeel en deur sommige gebruikers voorgehou as ʼn voorval wat in Suid-Afrika plaasgevind het. Die werklike oorsprong van die video het egter eers onlangs aan die lig gekom.
Wen ‘n les uit elke verloorslag
Ernst se verlies het hom eintlik soveel laat wen in die lewe. En so is daar vir elkeen van ons iets te wen uit elke verloorslag.
Enkele oorlewendes ná vliegtuig neerstort
Die omvang van die oorlewendes se beserings was egter nie onmiddellik bekend nie.
Skole: Ouers kan Afrikaans help oorleef
Die noodsaaklikheid dat dié skole op alle vlakke bygestaan, ondersteun en versterk moet word, kan volgens onderwysontleders nie onderskat word nie aangesien sowat 80% van openbare skole disfunksioneel is. Ouerbetrokkenheid by funksionerende openbare skole sal nog meer moet toeneem om dié skole in die toekoms te beskerm.
Twee vroue glo deur polisiebeamptes verkrag
Twee polisiebeamptes word van verkragting beskuldig nadat ʼn vrou glo in ʼn vangwa en ʼn ander glo in ʼn aanhoudingsel by ʼn polisiestasie verkrag is.