Die polisie in Gardner, Kansas in die VSA het verwag die kameras wat hulle geïnstalleer het sou coyotes, jakkalse en wasbere afneem. Hulle het definitief nie dié naglewe verwag nie.
Alles vir Donderdag 1 Desember 2016
KKNK stel 2017-program bekend
Die 23ste Klein Karoo Nasionale Kunstefees-program is pas bekendgemaak en beloof om weer Oudtshoorn se strate in ’n bont, betowerende Afrikaanse makietie te verander.
Taalgebruik: meen, mening
Gebruikers van Afrikaans is soms huiwering om “meen” te gebruik, omdat dit soos ʼn anglisisme klink. Taaltoffie stel ondersoek in.
[Resep] Botterskorsiepatee met kruie-melbaroosterbrood
Kyk net hoe pragtig lyk dié! ʼn Heerlike resep vir ʼn kuier-aand!
Doodskis-video: Twee vra borgtog
Verteenwoordigers van politieke partye het onder ʼn sterk polisieteenwoordigheid by die Middelburg-landdroshof bymekaargekom waar twee mans om borgtog gaan aansoek doen in die sogenaamde doodskis-saak.
‘Rowers’ vas ná seun (15) se blitsige optrede
ʼn Vermeende rower is dood en nog twee in hegtenis geneem nadat hulle kort ná ʼn huisroof in Wierdapark, Centurion, met hul wegkommotor teen ʼn muur gebots het.
Senior verkeersbeampte vas oor ‘bedrogskema’
Die Valke het ʼn 47-jarige senior verkeersbeampte in hegtenis geneem rakende ʼn beweerde onwettige lisensiëringskema.
Probleme by Laerskool Meyerspark kring uit
Daar is veral bekommernis oor sekere beheerliggaamlede wat glo hulle persoonlike finansiële belange by die skool bevorder.
‘n Oscar wink vir ‘Noem my Skollie’
“Van die begin af het sy storie my geboei asook sy vermoë om ʼn gehoor se aandag te behou op ʼn outentieke en verfrissende manier.”
Saru, dink baie mooi oor die toekoms van Bokrugby
Ek wonder steeds of Eddie Jones enige verskil aan Suid-Afrikaanse rugby sou gemaak het.
[Entrepreneurskap] Jou passie op ’n T-hemp
Michiel Els bedryf ʼn nisbesigheid waardeur hulle interessante T-hemde verskaf. Die besigheid se naam is Patriot Apparel, en hulle probeer om dít waaroor jy regtig passievol is op ʼn T-hemp vas te vang.
Lesersbrief: Dankie vir die studiekosteverhoging
#MyNWU, dankie dus vir die kosteverhoging. Dankie dat julle nie val (en faal) onder die druk van dié met tonnelvisie ten koste van jul werknemers en instandhouding van spogkampusse nie. Dankie dat my studiekostes nie ten koste van hardwerkendes verlaag word nie.
Lesersbrief: Die Wind deur my speke
Want jy het mos vanmôre vir ‘n slag weer ordentlik gekyk na die lelies en die voëls… En jy het van naby gesien hoe die Here in oorvloed vir die bruin jakkalsvoël sorg. En as dit by klere kom, stem jy mos volkome saam: “selfs Salomo in al sy heerlikheid” sou tweede gekom het vanoggend, as hy moes meeding met daardie pienk vleilelies.
Brasilië-sokkerspan sterf: Oorsaak van vliegongeluk dalk bekend
ʼn Opname van ʼn gesprek tussen die vlieënier en die lugverkeerbeheerders, oomblikke voor die vliegtuig Maandagaand in Colombia neergestort het waarin lede van ʼn Brasiliaanse sokkerspan gereis het, het uitgelek.
Namibië ondersoek lughawe ná renostersmokkel-skandaal
Owerhede in Namibië het bevestig dat die 18 renosterhorings, wat deur ʼn man van China van Namibië na Suid-Afrika gesmokkel is, inderdaad deur lughaweskandeerders in dié land opgemerk is.
Pa gevonnis ná bedrog met luukse motors
ʼn Geskeide pa is Woensdag in die Bellville gespesialiseerde handelsmisdaadhof gevonnis vir bedrog wat verband hou met die aankope van luukse motors.
Gedagte vir die dag: Skakel jou probleme oor in Bybelverse
Hoe aangenaam is u woord, soeter as heuning in die mond. U bevele gee my insig, daarom haat ek elke verkeerde pad. U woord is die lamp wat my die weg wys, die lig op my pad. (Psalm 119:103-105)