Alles vir Maandag 5 Desember 2016

Grubotsing eis 11

ʼn Grubotsing, op die N1-snelweg tussen Modimolle (Nylstroom) en Mokopane (Potgietersrus) in Limpopo, het laat Sondagaand die lewens van 11 mense geëis. Sommige van die oorledenes is onherkenbaar verbrand en hul ouderdomme en geslag sal deur ʼn forensiese ondersoek bevestig moet word om hul identiteit te bepaal.