“Ons is vandag oorweldig met vreugde. Ons het vanoggend ons dogter verwelkom, gesond en beeldskoon”
Lees meerAlles vir Dinsdag 6 Desember 2016
Troonslang ‘toevallig’ aangekeer
Hencke Marais van Tshwane-natuurbewaring, sê dis ʼn bestiering van bo dat hulle vandag op die regte plek, op die regte tyd was.
Mans in hof oor beweerde Uber-verkragting
Twee mans wat daarvan beskuldig word dat hulle Uber-passasiers ontvoer, beroof en verkrag het, het Dinsdag in die Randburg-landdroshof verskyn.
Daarom het KZN-onnies nie werk nie, sê Fedsas
Die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas) het hom Dinsdag sterk uitgespreek teen die departement van onderwys in KwaZulu-Natal oor 800 vakante senior poste by skole in dié provinsie.
Appèlhof sê oor genadedood in SA
Die hoogste hof van appèl het Dinsdag sy uitspraak gelewer ná ʼn laer hof ʼn terminaal siek pasiënt toestemming gegee het dat ʼn dokter hom kan help om selfmoord te pleeg.
Geen verhoging vir Zuma en kie
Pres. Jacob Zuma het Dinsdag die jaarlikse salarisaanbevelings vir staatsamptenare goedgekeur.
Uitspraak voorbehou in Strafhof-saak
Die hooggeregshof in Pretoria het Dinsdag uitspraak voorbehou in die Demokratiese Alliansie se aansoek om te verhoed dat Suid-Afrika uit die Internasionale Strafhof onttrek.
Sakeman-pa, dogter in gewilde Pta-kuierplek geskiet
Die eienaar van die gewilde kuierplek, Schivas Rock in Lynnwood in die ooste van Pretoria, en sy dogter is Dinsdagoggend in die kombuis van hul familieonderneming geskiet. (WAARSKUWING: ‘n Grafiese foto volg onderaan die berig wat sensitiewe lesers en kinders kan ontstel.)
ToekomsVenster: By God is niks tevergeefs nie
Selfs al werk dinge nie uit nie, bly elke ervaring ʼn leerskool vir die lewe. In en by God is niks tevergeefs nie. Dank Hom daarvoor.
NW-boer met messe aangeval: ‘Ounooi, hulle maak my dood’
“My pa kon daarin slaag om na die badkamervenster te strompel en het vir my ma geskree: ‘Ounooi, hulle maak my dood!’. Toe het hy inmekaargesak.”
Video: Watter plant is dit dié? Hierdie app kan help
Die Franse sagtewarevervaardiger Inria het pas ʼn app bekend gestel wat gebruikers in staat stel om ʼn plantspesie te identifiseer deur die druk van ʼn knoppie.
Suid-Soedan en die gevaar van ʼn volksmoord
Dit sal ʼn klad op die naam van internasionale menseregte wees indien etniese minderhede in Suid-Soedan uitgemoor word weens burokrasie.
Eerste selfoon-aanleg dalk binnekort in SA
ʼn Johannesburgse onderneming gaan moontlik binnekort die eerste vervaardiger van slimfone in Afrika word.
Porsche stuur opleidingsprojek van stapel in SA
Drie rolspelers het onlangs ʼn memorandum van verstandhouding onderteken om ʼn projek in Suid-Afrika op die been te bring om vir mense uit voorheen benadeelde omstandighede werkgeleenthede te skep by Porsche of elders in die Volkswagen-groep.
Vyf sneuwel in jaagtog met Valke
Vyf verdagtes is Maandagaand noodlottig gewond nadat hulle tydens ʼn hoëspoedjaagtog in ʼn oor-en-weer-skietery met lede van die Valke betrokke geraak het.
Solidariteit Beweging en TLU SA span kragte saam
“Daar is tans baie onsekerheid oor veral beleide en beleidstelling in Suid-Afrika en hierdie soort samewerkingsooreenkoms is van kardinale belang om vooruitgang te verseker.”
[Resep] Mieliemeel-braaivleismuffins
Ag nee, daar gaan al die sprake van ʼn dieet. Hoe kan mens nou nee sê vir hierdie lekkerny?
Oostenryk: Sege vir linkse presidentskandidaat
Dié keer het die gunsteling van die establishment gewen, maar met ʼn skraal meerderheid. Die gety draai ook in Oostenryk. Die FPO het ʼn goeie kans om in die volgende parlementsverkiesing die sterkste party te word en die dae van die ewige koalisie uit OVP en SPO is getel.
Video: ‘Boelie’-meisie aangekla; nóg ʼn video sien die lig
Die 15-jarige meisie wat glo ʼn ander meisie aangerand het tydens ʼn boelie-voorval wat op video vasgelê is, verskyn Woensdag in die hof.
Bekende radio-omroeper reageer ná bewerings van ‘gedokterde drankie’
“Sy het in ʼn radio-onderhoud ʼn dag daarna erken dat sy op medikasie is. Sy het gesê ek het vir haar die drankie gegee en het my vir haar ‘vreemde’ optrede geblameer. Die media het ʼn fees gehad met dié inligting,” skryf die omroeper.