Bekyk jy hulle so op ʼn afstand, sien jy ʼn musiekgroep: Daar is die kepse, die skinny jeans, die koel hare en natuurlik die aura – eienskappe wat jy sou verwag van ʼn suksesvolle musiekgroep. Daar moet mos iets wees wat hulle laat uittroon bó die gewone mens, iets kunssinnig of ongewoon wonderliks wat die aanhangers by duisende na konserte kan trek.
Alles vir Woensdag 7 Desember 2016
Allister maar een van talle Saru-kwessies
Dit is een van die heel belangrikste sewe dae in die geskiedenis van Suid-Afrikaanse rugby wat voorlê, en Allister Coetzee se voortgesette afrigting van die Springbokke is bloot een van baie besprekingspunte.
Video: Storie agter man wat kangaroe pot
Mense het ʼn video van ʼn man, wat in ʼn onderonsie met ʼn kangaroe betrokke raak, al miljoene kere regoor die wêreld gekyk, maar min mense weet van die hartseer verhaal daaragter.
Video: Zoid en Nicholis Louw maak nóg ʼn treffer
Die Afrikaanse rock-sangeres Karen Zoid het Dinsdag nóg ʼn treffer op haar kerfstok gekry toe sy die liedjie “Teardrop” saam met Nicholis Louw in haar geselsprogram, Republiek van Zoid Afrika, gesing het.
[Video] Gesinshond val driejarige aan
ʼn Erg geskokte en bekommerde pa het Dinsdagoggend hul gesinshond doodgeskiet nadat dié rottweilerreun sy driejarige seun aangeval en ʼn gedeelte van sy kopvel afgeruk het.
[Resep] Sjokolade-en-koffiekolwyntjies
G’n mens sal ooit tevrede wees met net een kolwyntjie nie. Gelukkig lewer dié resep 24 daarvan…
Luister: Vermaak, romanse én lewenslesse in ‘Jou Romeo’
Jou Romeo, die jongste Afrikaanse romantiese tienerkomedie, begin op 23 Desember landwyd in fliekteaters draai en beloof om te vermaak én lewenslesse te leer.
Jongste neigings in plaasaanvalle
Die faktore en tendense sluit onder meer in die gevaarlikste dag van die week, die tyd van die dag wanneer plaasaanvalle plaasvind en inligting oor plaasaanvallers in.
Titanic-wrak verdwyn dalk teen 2030
Die wrak van die Titanic, 3 800 m onder die Noord-Atlantiese Oseaan, kan moontlik heeltemal weggevreet wees teen 2030.
Soveel sterf al vanjaar in plaasaanvalle
AfriForum en TLU SA het Woensdag bekend gemaak hoeveel plaasaanvalle en -moorde daar reeds vanjaar was.
Brexit, Trump en nou ʼn nee in Italië
Die skuif na regs en weg van gesentraliseerde politieke mag in Europa is nou onstuitbaar.
Ondersoek na SAUK wéér vertraag
Die ondersoek na die bevoegdheid van die SAUK-raad wat veronderstel was om vandag te begin, is weer eens deur nog ʼn hofaansoek vertraag.
Dief steeds leë hande ná 5 banke binne 3 ure
ʼn Man wat Maandag vyf banke binne drie ure probeer besteel het, is steeds voortvlugtig.
Oudpolisieman gesoek oor verkragtingsake
Die Bloemfonteinse polisie het gesê hulle is op soek na ʼn voormalige polisiebeampte, wat moontlik in Durban kan wees, om hulle by te staan in verband met twee verkragtingsake.
Boerebarok kraai koning in Plett
Dis ʼn fantasie. Dis die huis van ʼn kunstenaar. Dis haar heiligdom se deure wat sy hier vir jou oopmaak.
Croucamp dalk van ‘dieremishandeling’ aangekla
Piet Croucamp, politieke ontleder en die voormalige aanbieder van kykNET se Megaboere-program, kan moontlik van dieremishandeling aangekla word nadat hy foto’s op sy Facebook-blad geplaas…
Rowers slaan toe op Bloem-vulstasie, blaas kluis oop
Die Parkweg-polisie in Bloemfontein het ʼn volskaalse soektog van stapel gestuur na ʼn groep swaargewapende mans wat Woensdag in die vroeë oggendure ʼn vulstasie in dié stad beroof het.
Gedig: Somtotaal
“Maar nou is daar die wins van kwinkslae om jou oë, die spoortjies van sonstreke op skrefies bekyk…” Een van die mooiste liefdesgedigte vir paartjies wat al saam ‘n paar sakke sout opgeëet het. Lees gerus Louis Esterhuizen se gedig, “Somtotaal”
[Foto’s] Bielie van ʼn luislang gevang wat bok plattrek
Fanie Cilliers, ʼn plaaslike slangvanger van Ladysmith in KwaZulu-Natal, het Dinsdag sy hande vol gehad om twee luislange te vang en van ontstoke inwoners te red, aangesien dié gediertes hul vee as prooi vang.
Video: ‘n Paar vinnige vrae aan Simoné Nortmann
Simoné het met Maroela Media gesels oor alles en nog wat – tot oor wat sy graag vir haar hondekind, Jossie, sê.