“Vir Jou Romeo het ek nie die agtergrondmusiek geskryf nie, maar wel die oorspronklike musiek wat lirieke by het.”
Alles vir Vrydag 23 Desember 2016
Nuuskommentaar: ’n Geseënde Christusfees
Wat word van ons as Christene met die viering van Kersfees verwag? Beslis geen sekulêre “hêppie, hêppie” met die bottel vuurwater in die hand nie. Dit is ’n belangrike stimulus van ’n boodskap van liefde wat oor millennia strek.
[Foto’s] N3 gesluit ná noodlottige botsing
Te midde van swaar vakansieverkeer op die land se paaie is ʼn gedeelte van die N3-snelweg Vrydagoggend vir verkeer gesluit ná ʼn noodlottige botsing buite Harrismith in die Vrystaat.
Inbrekers vies oor buit, brand klaskamers af
Vier klaskamers van ʼn laerskool in Noordwes is verwoes nadat dit glo deur “ontstoke inbrekers” aan die brand gesteek is. Skade van nagenoeg R2 miljoen is aangerig.
Maatskappy kom outistiese seun vindingryk tegemoet
Tommee Tippee, ʼn maatskappy wat babaprodukte produseer, het miljoene mense se harte aangeraak toe hy ʼn gesin in Engeland in ʼn tyd van nood gehelp het.
[Resep] Sjokolade Cremora-poeding
Kyk net hoe pragtig sal hierdie poeding op die Kerstafel lyk!
Dís dan 2016 se wenslysie
Liewe Kersvader
Verkeerspolisie rig streng waarskuwing
Met ʼn groot toename in verkeer uit Gauteng wat die komende Kersnaweek verwag word, het die provinsie se verkeerspolisie ʼn waarskuwing gerig dat geen oorlaaide minibustaxi of voertuig die provinsie sal verlaat nie.
Man veg vir sy lewe ná duikongeluk by swembad
ʼn 41-jarige man veg om sy lewe in ʼn Durbanse hospitaal ná ʼn fratsongeluk Donderdagmiddag by ʼn swembad in Effingham, in die noorde van die stad.
‘Swanger vrou’ laat jongman jaag
ʼn 26-jarige man is Donderdagmiddag in hegtenis geneem nadat hy 221 km/h op die N4-snelweg buite Pretoria gejaag het.
Man skiet meisie, homself met haelgeweer
ʼn 31-jarige man het glo sy 28-jarige vriendin en homself met ʼn haelgeweer doodgeskiet, kort nadat hy hul driejarige kind uit die kamer gestuur het.
Gedagte vir die dag: Werk God stadig?
Ek het gesien dat God aan die mens ’n taak gegee het … God het elke ding gemaak dat dit pas in ’n bepaalde tyd, maar Hy het ook aan die mens ’n besef gegee van die onbepaalde tyd. (Prediker 3:10-11)