ʼn Aardbewing van 7.7 het Sondag die suide van Chili getref met ʼn waarskuwing vir moontlik gevaarlike golwe aan die Stille Oseaan-kus van Suid-Amerika.
Lees meerAlles vir Sondag 25 Desember 2016
10 van die jaar se beste goeienuus-stories
Hier is 10 van die stories wat ons vanjaar op Maroela Media gedeel het wat mens, tussendeur al die slegte nuus, weer hoop gee.
MDC-T waarsku oor Zim humanitêre krisis in 2017
Die opposisieparty in Zimbabwe, Movement for Democratic Change (MDC-T) onder leiding van die voormalige eerste minister Morgan Tsvangirai, het Sondag gewaarsku oor ʼn humanitêre krisis in Zimbabwe en gesê ʼn ekonomiese ommekeer in die land is hoogs onwaarskynlik gegewe die makro-ekonomiese onstabiliteit.
76-jarige dood aangetref in Klerksdorp
Die polisie in Klerksdorp ondersoek ʼn saak van moord nadat Boekie Meyer (76) Saterdag dood aangetref is in sy huis in Irenepark, Klerksdorp.
‘Emosionele Kersfees’ vir Joost en Amor
Amor Vittone, sangeres, aktrise en vervreemde vrou van die voormalige Springbok-speler Joost van der Westhuizen, het foto’s op Facebook gedeel van die familie se tyd saam op Oukersaand.
Kerk verwerp Zuma se versoek dat kerkmanne uit politiek moet bly
Die aartsbiskop Thabo Makgoba het ook die vraag gevra of geloofsgemeenskappe in Suid-Afrika hul morele ondersteuning vir die regering moet terugtrek.
Polisie lê beslag op R1,7 miljoen van bendeleier se bates
Die polisie in Mitchells Plain het op verskeie persele van ʼn “bekende en selferkende bendeleier” in Kaapstad toegeslaan.
Roeier naby Jeffreysbaai gered
ʼn 53-jarige man van Kommetjie in Kaapstad, wat nou in Hawaii woon, is Saterdag in die hospitaal opgeneem nadat hy naby Jeffreysbaai geroei en in die moeilikheid beland het.
Groot Kersgeskenk vir swanger kelnerin
ʼn Swanger kelnerin wie se verloofde ʼn knie-operasie moet ondergaan, het ʼn groot fooitjie van $900 van ʼn onbekende paartjie ontvang – net betyds vir Kersfees.
Eerste sonkragpad in Frankryk geopen
Frankryk het die wêreld se eerste sonkragpad, genaamd Wattway, geopen.
‘Rooibosdag’ besing die lof van dié produk
Clanwilliam in die Wes-Kaap gaan op 16 Januarie 2017 Suid-Afrika se heel eerste Rooibosdag van stapel stuur om dié veelsydige produk te vier.
Boko Haram uit laaste vesting verslaan, sê Nigerië
Nigerië se president het Saterdag gesê die Islamitiese terreurgroep Boko Haram is uit sy laaste vesting in die Sambisa-woud in die noordooste van die land verslaan.
Wrakstukke van vermiste Russiese vliegtuig gevind
Rusland se ministerie van verdediging het gesê reddingsbeamptes het wrakstukke gevind van die Tu-154-vliegtuig wat Sondagoggend met 91 persone aan boord verdwyn het.
Verkeersbeampte vas oor omkopery
ʼn 33-jarige verkeersbeampte van Gauteng sal Kersfees agter tralies deurbring nadat hy in hegtenis geneem is in verband met omkopery.
Sesde bondeltjie vreugde vir dié bekende sanger
” Ons dankbaarheid en opgewondenheid is perkeloos vandag. Die grootste Kersgeskenk ooit.”
Russiese vliegtuig verdwyn met bekende orkes aan boord
ʼn Russiese militêre Tu-154-vliegtuig, met 91 persone aan boord, insluitend ʼn bekroonde militêre orkes, het Sondag oor die Swartsee verdwyn.
Gedagte vir die dag: Waaroor gaan Kersfees nou eintlik?
… die water wat Ek hom sal gee, sal in hom ’n fontein wees met water wat opborrel en vir hom die ewige lewe gee. (Johannes 4:14)