Die Proteas het Woensdag die derde dag van die eerste kriekettoets op St Georgespark teen Sri Lanka geheel en al oorheers en is nou in ʼn onaanvegbare posisie met nog twee dae se spel oor.
Lees meerAlles vir Woensdag 28 Desember 2016
Drie kinders beseer ná brand in huis
Die polisie ondersoek ‘n saak van brandstigting en poging tot moord nadat drie kinders ernstige brandwonde opgedoen het toe ‘n brand by ʼn huis in Limpopo uitgebreek het.
ToekomsVenster: Gaan maak vrede
Kan ek jou vra, is daar vrede in jou hart met betrekking tot jou verhouding met jou medemens, vrou, kinders, sosiale kring, werksomgewing?
Kroonstad-vrou dood aangetref in ouerhuis
“Elke dag is ek net dankbaar dit is nie die dag wat ek die nuus moet hoor nie,” het Zanelle oor haar sussie se afsterwe gesê.
Tshwane-burgemeester se besoek aan Taiwan is hoogverraad, sê ANC
ʼn Onlangse besoek aan Taiwan deur Solly Msimanga, burgemeester van Tshwane, is hoogverraad en oortree die “Een China”-beleid tussen Suid-Afrika en China, het die ANC Woensdag gesê.
SA’ners samel R9,6 miljoen in vir Sirië-oorlogslagoffers
ʼn Suid-Afrikaanse nie-winsgewendeorganisasie, Operation SA, het Woensdag aangekondig dat hy R9,6 miljoen ingesamel het vir slagoffers van die oorlog in Sirië.
[Foto’s] Die jaar se mooi vasgevang
National Geographic is bekend vir sy prentjiemooi fotografie en bied jaarliks die toekenning vir reisfotograaf van die jaar aan.
Pta-bejaarde sterf ná aanval by huis
Corrie Visser (75) is oorlede en sy vrou Gerrie (78) in ʼn stabiele toestand in die hospitaal nadat hulle vandeesweek by hul huis in 12de Laan in Pretoria se Moot-gebied aangeval is.
Saak vinnig uitgegooi teen boer wat glo vuurwapen rig
ʼn Saak teen Herman de Wet, voorsitter van die TLU-SA in KwaZulu-Natal, is Woensdag uit die hof in Dundee, KwaZulu-Natal gegooi, nadat hy aangekla is daarvan dat hy ʼn vuurwapen op ʼn groep persone gerig het.
Dis jou reg om om te ruil
Dit is weer daardie tyd van die jaar: jy sit met ‘n stapeltjie geskenke wat nie nie wil hê nie of nooit gaan gebruik nie….
C-Max-‘Houdini’ Annanias Mathe sterf
Annanias Mathe, die reeksverkragter en gewapende rower wat geskiedenis gemaak het toe hy die enigste persoon geword het wat uit Pretoria se C-Max-tronk kon ontsnap, is dood.
Baba in Durban weggegooi
ʼn Baba se liggaampie is Dinsdagoggend verwaarloos gevind in ʼn straat in Durban.
Vrystaat-pa agter tralies ná kinders geslaan, verkrag is
ʼn 46-jarige man van die Vrystaat is in hegtenis geneem nadat hy skuld bekend het op aanklag dat hy sy twee kinders herhaaldelik verkrag en aangerand het.
Pollard kan die rigtingwyser wees
Handré Pollard kan aanstaande jaar die baken vir die beleërde Springbokspan wees.
Leeudoringstad-plaasaanval: VF Plus-leier besoek Joe in hospitaal
Die leier van die Vryheidsfront Plus, dr. Pieter Groenewald, het Dinsdagmiddag Joe Astle, ʼn slagoffer van die plaasaanval op Kersdag buite Leeudoringstad, in die Tshepong-hospitaal by Klerksdorp besoek.
Tokai-woud-moordbeskuldigde terug in hof
Finale betoë word na verwagting Woensdag in die Wynberg-landdroshof gelewer in die borgtogaansoek van een van vier mans wat beskuldig word van die verkragting en moord vroeër vanjaar op Franziska Blochliger (16) in die gewilde Tokai-woud.
Nuuskommentaar: Jaaroorsig Deel 3
Vanjaar was een van daardie uitstaande jare wat die koers van die aarde bepaal het. Donald Trump se oorwinning in die Amerikaanse presidentsverkiesing en Brexit word as van die belangrikste koersaanpassings genoem. Hier in Suid-Afrika gaan die studenteonluste in alle waarskynlikheid voortduur.
Video: Beeldhouer herskep hoe blindes geliefdes “sien”
ʼn Hartroerende video doen tans die ronde op sosiale media, waarin siggestremdes aan ʼn beeldhouer kommunikeer hoe hulle hul geliefdes “sien”.
[Resep] Malvalekkers
Tydens vakansietye is die gesin altyd lus om iets soet te smul. Dié malvalekkers is ’n maklike en vinnige manier om die hele gesin gelukkig te hou.
Uitvoerende hoof bedank ná Facebook-uitlating
Pieter Hattingh, uitvoerende hoof van Hattech Holdings, het Dinsdag uit sy amp bedank nadat hy rassistiese uitlatings op Facebook gemaak het.