Vier rowers se planne, om by ʼn huis aan die buitewyke van Kaapstad in te breek, is in die wiele gery toe die huiseienaar een van hulle oorweldig het en sy medepligtige dié glo per ongeluk doodgeskiet het.
Lees meerAlles vir Vrydag 30 Desember 2016
Paramedici red katjie uit enjin
ʼn Babakat is Donderdag tydens ʼn regstreekse televisienuusuitsending op Margate se strand gered.
Man vas vir Kroonstad-vrou se moord
ʼn 28-jarige man is in hegtenis geneem in verband met die moord op Engelé Rossouw (47), die bestuurder van die Shalom-gastehuis in Kroonstad, wat vroeër vandeesweek dood aangetref is in haar ouerhuis in dié Vrystaatse dorp.
Chinese lanterns hou reddingswerkers besig
Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) het ʼn beroep op die publiek en vakansiegangers gedoen om nie Chinese lanterns die lug in te stuur nie, aangesien die instituut dit verkeerdelik as ʼn noodgeval kan beskou.
ToekomsVenster: Onafgehandelde sake
Die nuwe jaar wink en daar is te veel belofte daaraan verbonde om vas te klou aan goed wat liefs moet agterbly. Dit gaan jou (dalk soos in die verlede) rem en terughou sodat jy nie jou volle potensiaal kan bereik nie. Maak klaar met onafgehandelde sake. Los dit in 2016.
Vrou se lyk in erf gekry
Die liggaam van ʼn 33-jarige Vrystaatse vrou is Donderdag in die vroeë oggendure met kopwonde in haar erf aangetref.
Die Barretts laat jou met heimweë terugdink
Ek wonder of jong seuns nog rugby op daardie klein lappies aarde in die voortuin of op die grasperk agter die huis speel.
Kaapstad nader waterbesparingsteiken, maar…
Die stad Kaapstad het gesê die jongste waterverbruikstatistiek dui op ʼn daling in waterverbruik oor die afgelope week, maar baie werk lê nog voor, terwyl damvlakke gedaal het.
Sri Lanka se laaste vyf bied weinig weerstand
Dit het die Proteas Vrydag net 70 minute geneem om Sri Lanka se laaste vyf kolwers op St Georgespark uit te haal en die eerste toets met 206 lopies te wen.
Nuwejaar moet bietjie wag
Diegene wat die aanbreek van die Nuwejaar aftel, sal vanjaar ʼn ekstra sekonde, bekend as ʼn skrikkelsekonde, moet bytel.
[Foto’s] Luukse sportmotor erg beskadig op N3-snelweg
ʼn Man in sy 20’s is Vrydag in die vroeë oggendure beseer in ʼn ongeluk op die N3-snelweg in KwaZulu-Natal waartydens ʼn silwer Jaguar XK erg beskadig is.
Top 10 gewildste gedoriewaar-stories
Die wêreld is vol vreemdhede, eienaardighede en die wonderlikste dinge, en dinge waaraan jy nog nooit eers gedink het nie. Hier is die top 10 gewildste stories vir 2016 in Maroela Media se Gedoriewaar-portaal.
IEB-matrieks se slaagsyfer verbeter
Die 2016 slaagsyfer vir matrikulante wat die Independent Examinations Board (IEB) se eksamen geskryf het, is kort ná middernag bekend gemaak.
Die top 10 nuusstories in 2016
Die tien nuusberigte wat in 2016 die meeste gelees is op Maroela Media
Spotprent 30 Desember 2016
Sien alle vorige spotprente hier.
Nuuskommentaar: Jaaroorsig deel 5: Zuma die neet
Op 29 November vanjaar was die opskrif van Maroela se nuuskommentaar: “So, maar so sat vir Zuma-stories”, maar dis asof hef aan nog voorgelê het – sogenaamde “lame duck” of te nie. Ten spyte van omvattende beeldbou-aksies, waarin veral SABS 3 ʼn groot rol gespeel het, is dit besonder moeilik om enigiets positiefs te vind om oor Zuma te sê. Die nagmerrie duur voort.
Die Top 10 Nou Pra’ Jy-rubrieke in 2016
Hiermee die gewildste artikels wat in 2016 op Maroela Media se meningsvormersplatform, Nou Pra’ Jy, verskyn het.
SA-goue seun vra ‘ja’-woord
Nóg ‘n Suid-Afrikaanse Olimpiese kampioen is verloof.
[Resep] Karringmelk-sjokoladekoek
Voor jy met Nuwejaarsvoorneme begin, proe eers dié vir oulaas…
Instagram verklap 10 gewildste bestemmings
Het jy al ooit ʼn foto op Instagram geplaas van jou gunstelingbestemming? ʼn Lys van bestemmings wat die meeste in 2016 afgeneem is, is deur Instagram vrygestel. Was jy al hier gewees?