“Die jongmense voor ons het nie ontstoke geraak nie, hulle het net gesokkie in die reën… So Suid-Afrikaans!”
Lees meerAlles vir Vrydag 6 Januarie 2017
Ontvoerde bejaarde in kattebak gevind
ʼn Bejaarde vrou, wat na bewering deur haar broerskind ontvoer is, is Woensdagaand met ernstige beserings in ʼn verlate motor se kattebak gevind.
Motoradvertensie-moord: ‘Dit mag nie sy menswees oorskadu nie’
“Ons liefde was ʼn sprokiesverhaal en almal om ons kon dit sien. Ons was net so gelukkig en het so uitgesien na alles wat vanjaar voorlê. Alles was net wonderlik. En nou moet ek ʼn begrafnis reël in plaas van ʼn troue.”
ANC ontken hy wil vieringe sensor
Die ANC het Vrydag ontken hy beplan om die media te sensor om te verhoed dat enige negatiewe beeldmateriaal oor die party se 105de verjaarsdagvieringe Sondag uitgesaai word.
Padblokkade-skietery: Bestuurder was glo staatsamptenaar
Die man wat Vrydagoggend by ʼn padblokkade in Hatfield, Pretoria doodgeskiet is, was na bewering ʼn werknemer van die departement van telekommunikasie en posdienste.
Boer in fratsongeluk doodgeskiet
Kort nadat PJ Nortjé (60), ʼn boer van die Cradock-omgewing in die Oos-Kaap, Donderdagoggend vir sy vrou ʼn koppie koffie in die bed gevat het, is hy in ʼn fratsongeluk doodgeskiet.
ToekomsVenster: Vat hande in die gemeente
Ons gaan die Here se Woord, die Bybel met ons saamdra en gereeld bid. Ons gaan tyd met Hom deurbring en liefdeswerk verrig. Ons gaan die erediens besoek en saam met ander toegerus word vir ʼn uitdagende wêreld en lewe.
Vier sterf in Pta-botsing; N4 gesluit
Minstens vier mense is dood en drie kritiek beseer, ná ʼn gru-botsing Vrydagmiddag tussen ʼn minibustaxi en nog ʼn voertuig op die N4, naby Solomon Mahlangu-rylaan in Pretoria.
Pta-man verongeluk: Só lyk Max se herstelpad
Max is tans in die Onderstepoort-veaartsenykundige akademiese hospitaal nadat hy in die motor was waarin sy eienaar, DJ Ehlers, Maandag verongeluk het. Die familie probeer Max se lewe red omdat hy al is wat die gesin oor het van hul oorlede oudste kind.
[Foto’s] Groot skade na kitsvloede in Heidelberg
“Sommige mense se huise is heeltemal oorstroom en die kindertjies moet Woensdag weer skool toe.”
Man by Pta-padblokkade doodgeskiet
ʼn Tshwane-metropolisiebeampte is in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn motoris, wat nie by ʼn padblokkade stilgehou het nie, doodgeskiet het
Tweeling kry 14 A’s: ‘Saam-saam deur die lekker én die swaarkry’
Benewens hulle sukses, het die De Lange-gesin die afgelope paar jaar ook baie moeilike tye agter die rug.
Motoradvertensie-moord: Jong man sou vanjaar trou
Die jong man wat doodgeskiet is nadat hy gereageer het op ʼn advertensie van ʼn tweedehandse motor wat te koop aangebied is, het einde Desember verloof geraak.
Eskom ondersoek ‘Kill the farmers’-inskrywing
Eskom ondersoek ʼn klag wat by sy etiekkomitee aangemeld is nadat een van sy werknemers glo op Facebook geskryf het dat boere doodgemaak moet word.
60 jaar van “onbaatsugtigheid, kompromieë en vriendskap”
“Hulle sê agter elke suksesvolle man is ʼn ewe bekwame vrou, maar agter elke suksesvolle professionele gholfspeler is ʼn buitengewone wonderlike vrou.”
Klein Carlien spog met ses oumas
Om ʼn ouma te hê is wonderlik, om twee te hê beteken dubbel die liefde en bederf, maar vir klein Carlien Meyer wat in Desember 2016 gebore is, is daar geen tekort aan oumas nie aangesien sy ses van hulle het.
Beleggingsvooruitsigte vir 2017
Die afgelope twee jaar moet as aanpassingsjare gesien word ná ʼn tydperk waartydens aandeelpryse vinnig gestyg het en kapitaalmarkrentekoerse skerp gedaal het.
Lees krieketbase dan nie rugbyberigte nie?
ʼn Mens kon nie help om so half in die mou te lag vir die optrede van die Proteas se afrigter, Russell Domingo, en die uitvoerende hoof van Krieket Suid-Afrika, Haroon Lorgat, oor die besluit van Kyle Abbott en Rilee Rossouw om hul loopbane in Engeland voort te sit nie.
Matrieks het hulp nodig met hoë studiekoste
Solidariteit Helpende Hand se studiefondssentrum word tans oorval met aansoeke van matrieks wat verder wil studeer.
SA se 10 top-kushengelplekke
As jy kabeljou wil vang, stel die gesoute vissers voor dat jy ’n kombinasie van herringaas en tjokka gebruik …