ʼn Groot soektog is van stapel gestuur nadat ʼn 56-jarige man van Heidelberg in Gauteng vandeesweek spoorloos verdwyn het.
Lees meerAlles vir Saterdag 7 Januarie 2017
12 sterf in gru-botsing; N1 gesluit
Twaalf mense is Saterdag laatmiddag dood in ʼn gru-botsing op die N1 naby Hammanskraal.
Onderwysdepartement ontken leerders word ‘uitgedun’
Die departement van basiese onderwys het bewerings dat die departement die aantal skoolgaande leerders “uitdun” om sodoende ʼn hoër slaagsyfer in die nasionale matriekeindeksamen te kry, ontken.
Video: Twee verdrink toe vloedwater taxi meesleur
“Die liggaam van die vrou is intussen uit die vloedwater gehaal. Volgens haar familie is sy twee weke gelede getroud. Sy was op pad werk toe, toe die voorval gebeur het.”
Groep help verdagte voor hof ontsnap
Die polisie het agt mans in hegtenis geneem wat glo ʼn moordverdagte gehelp het om uit ʼn polisiemotor voor die Bafokeng-landdroshof in Tlhabane, Noordwes, te ontsnap.
Lise Brink verjaar in hospitaal
“Dieselfde liefdevolle God wat vir Lise 42 gelukkige verjaardae gegun het, het ook hierdie 43ste een beskik. Ons bly vashou aan al die waarhede oor God in hierdie moeilike tyd.”
Man vas vir moord op Moot-egpaar
ʼn Man is in hegtenis geneem vir die moord op Corrie (75) en Gerrie (78) Visser wat verlede week by hul huis in die Pretoria se Moot-gebied aangeval is.
Weerdiens waarsku oor kitsvloede
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het Saterdag ʼn waarskuwing uitgereik vir swaar reën en kitsvloede regoor Gauteng, asook ander dele van die land.
Vrou (67) skiet aanvaller in huis
ʼn Vermeende rower is onder polisiebewaking in die hospitaal nadat ʼn 67-jarige vrou van Keimoes in die Noord-Kaap hom geskiet het toe hy haar en haar man in hul huis oorval het.
89 dood in tronkonluste
Minstens 89 mense is vandeesweek tydens twee verskillende opstande in Brasiliaanse tronke dood.
Vier dood, 20 beseer toe voertuig omslaan
“Vyf kinders, almal tussen die ouderdomme van een maand en 11 maande, was in ʼn kritieke toestand. Hulle het veelvuldige beserings opgedoen – onder meer gebreekte bene en kopbeserings.”
120 beslagleggings oor feesgety by grensposte
Dwelmhandelaars het die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) besig gehou oor die feesgety met byna R8 miljoen se dwelms waarop daar by verskillende grensposte regoor die land beslag gelê is.
Vyf sterf toe man op lughawe losbrand
Vyf mense is dood toe ʼn skieter Vrydag by die Fort Lauderdale-Hollywood Internasionale Lughawe in Florida, VSA, op reisigers losgebrand het.
Gedagte vir die dag: ’n Christen se lewe is nie maklik nie
Weet julle nie dat atlete wat aan ’n wedloop deelneem, wel almal hardloop, maar dat net een die prys ontvang nie? Hardloop dan só dat julle die prys kan wen. Almal wat aan ’n wedstryd deelneem, ontsê hulleself allerlei dinge. Hulle doen dit om ’n verganklike oorwinnaarskroon te verkry, maar ons ’n onverganklike. (1 Korintiërs 9:24-25)