Kom laat ons dus nie mekaar moedeloos praat nie. Die verlede gaan nie terugkom nie, die hede gaan nie weggaan nie, en die toekoms gebeur nie vanself nie, skryf Flip Buys.
Alles vir Maandag 9 Januarie 2017
Video: ‘Op die spel’ terug vir nuwe seisoen
Die tweede seisoen van kykNET se gewilde speletjiesprogram Op die spel skop op Maandag 9 Januarie af en dié seisoen hou ‘n verrassing of twee vir kykers in.
Uitdrukking: Jou lyf aasvoël hou
Hou jy jou lyf aasvoël?
Maroela Media Afrikaanse Top 20: 9 Januarie 2017
Jo Black se liedjie “Skepe” beklee dié week die no. 1-posisie op die Maroela Media Afrikaanse Top-20.
Baba in asblik gevind
ʼn Lewende pasgebore babaseun is Maandagoggend in ʼn asblik in ʼn badkamer van ʼn gebou in Durban gevind.
Vandag se sportnuus
In Suid-Afrika begin die derde en finale kriekettoets teen Sri Lanka Donderdag 12 Januarie.
Golden Globes 2017: Só het die sterre gelyk
Ligpienk, helderpienk, roospienk, babapienk – dié kleur was vanjaar ʼn gunsteling onder bekendes tydens die 74ste Golden Globe-toekennings wat die afgelope naweek in Beverly Hills in Kalifornië, VSA, uitgedeel is.
Nog aanvalle by Fort Klapperkop
Daar was die afgelope week weer verskeie aanvalle by Fort Klapperkop in Pretoria.
Golden Globes 2017: Meryl Streep steel kollig
Die veelbekroonde aktrise Meryl Streep het vanjaar die kollig gesteel met haar toespraak waarin sy na Donald Trump as die verkose president kap.
[Foto’s] Man sterf in N1-botsing
ʼn Groot verkeersknoop weens ʼn botsing waarin ʼn man dood is naby die Buccleugh-wisselaar het motoriste, waarvan die meeste die N1-snelweg van Pretoria na Johannesburg weer aangedurf het ná hul Desember-vakansie, Maandag begroet.
Nuuskommentaar: Is demokrasie onder druk?
Pres. Jacob Zuma se 8 Januarie-toespraak toon min begrip vir die aspirasies van minderhede, anders as wat van ’n president verwag word waar sy ampseed vereis dat hy in belang van al die mense van die land moet optree.
Twee dolfyne spoel by Jeffreysbaai uit
Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) is Sondag na twee gevalle ontbied waar ʼn dolfyn op ʼn strand in Jeffreysbaai in die Oos-Kaap uitgespoel het.
Eskom-skuld: ‘Plaas munisipaliteite onder administrasie’
Die burgerlike organisasie Sanco het ʼn beroep op die departement van samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta) gedoen om die munisipaliteite wat versuim het om hul Eskom-skuld te betaal onder finansiële administrasie te plaas.
Ma sterf, kinders beseer in trompopbotsing
ʼn Vrou is dood en haar drie kinders, insluitend ʼn eenjarige baba, is beseer toe twee voertuie Sondagaand reg van voor op die N12 buite Potchefstroom gebots het.
Gedagte vir die dag: Wees lief vir mense
Maar die wysheid wat van Bo kom, is allereers sonder bybedoelings, en verder is dit vredeliewend, inskiklik, bedagsaam, vol medelye en goeie vrugte, onpartydig, opreg. Hierdie wysheid bring jou in die regte verhouding met God, en jy moet dit gebruik om vrede te maak. (Jakobus 3:17-18)