Die saak waarin ses landwye skole oor hul Christelike godsdiensbeleid voor die hof gedaag is, is vir 15 tot 17 Mei op die Suid-Gautengse hooggeregshof se rol geplaas.
Alles vir Donderdag 12 Januarie 2017
Pak jou tas vir ‘n groen vakansie
“Donkies” word gebruik vir warm water en die kombuise beskik elk oor ’n gasstoof.
[Foto’s] Fotograaf vang baba se laaste oomblikke met gesin vas
Tydens die 23ste week van die swangerskap het die dokter ʼn hartkwaal by een van die babas gediagnoseer en Lyndsay en Matthew het die aaklige nuus ontvang dat hul seuntjie, William, dood by geboorte sal wees.
Immergroen meesterstuk op die verhoog
Die opera vorm deel van die Jeugprogram van Brooklyn Teater, aangesien Don Giovanni voorgeskryf is vir musiek as matriekvak by privaat skole in Suid-Afrika.
Vrystater ʼn oornagsensasie ná vriend se uitdaging
ʼn Man van Vrede in die Vrystaat het ʼn oornagsensasie geword nadat ʼn video, waarin hy “Ai my lam” van Ryno Velvet sing, soos ʼn veldbrand op sosiale media versprei het.
Bobby Angel vier 80 jaar
Die legendariese Suid-Afrikaanse country-sanger Bobby Angel het op 30 Desember sy 80ste verjaardag gevier, kort nadat hy sy uittrede uit die musiekbedryf aangekondig het.
Nuuskommentaar: Dis nou kuber-oorlog! Of net Koue Oorlog?
As die Koue Oorlog sou hervat, soos baie waarnemers met goeie rede meen dit al het, is dit seker ’n natuurlike voortvloeisel dat die kuberruimte nie ongeskonde daarvan gaan afkom nie.
Boek: Jasper speel toneel
Hierdie is die sewende titel in die Jasper-reeks. Vir enige kind sal dit ure se genot verskaf, want dit is ‘n boek om te lees en te herlees.
Slagoffers op WhatsApp gedreig oor kaalfoto’s
Die publiek word versoek om na vore te kom met inligting in verband met ʼn verdagte of verdagtes wat sosialemediagebruikers met naakfoto’s afpers om geld uit hulle te kry.
Lesersbrief: My Liewe Bolla
Al sukkel mamma vandag weer met die realiteit van “normaal”, weet ek “ons normaal” is bietjie moeiliker as die gr.1-maatjies wat op Facebook is s’n, skryf Myrna Viviers.
Spoedvraat se kar geskut
Die 31-jarige man van Richardsbaai wat in hegtenis geneem is nadat hy glo teen 235 km/h op die N2-snelweg met ʼn Golf GTI gejaag het, is vir ʼn wyle sy motor kwyt.
Karlien maak hart oop op TV-program
Die sangeres Karlien van Jaarsveld het haar hart oopgemaak oor haar egskeiding en miskraam.
Taalgebruik: rolprent of film
‘n Film is die rolletjie in die kamera.
Vandag se sportnuus
Suid-Afrika se 400 m-wêreldkampioen, Wayde van Niekerk, is genomineer vir die Laureus Wêreldsporttoekennings in die katogorie “Deurbraak van die Jaar”.
Bolandliga: promosie in Tandfontein se visier
Die Bolandse Gemeenskapskild-finalis Tandfontein Barbarians stel hom ten doel om einde vanjaar tot die Streekuitdaagliga in die streek Witzenberg bevorder te word.
Ontbinde liggaam van vermiste vrou gevind
Die ontbinde liggaam van ʼn vermiste 45-jarige vrou is in verdagte omstandighede deur haar familielede gevind.
Parool ná ‘apartheidsmoord’ op wit beampte
Kenny Motsamai, ʼn lid van die PAC se gewapende vleuel Apla, is Woensdag ná 27 jaar agter tralies op parool vrygelaat.
Wat van moederklubs en voederklubs?
Daar is baie rugbytalent aan die KwaZulu-Natalse Suidkus en as `n mens dit in een klub kan saamsnoer, kan daardie klub ver vorder.
Drie vas oor renosterhoring, ivoor en leeutand
Drie mans is in Kuilsrivier buite Kaapstad in hegtenis geneem nadat ʼn renosterhoring, ivoor en ʼn leeutand in hul besit gevind is.
Leerders sterf in ongeluk: Taxi was glo oorlaai
“Wat veral kommerwekkend is, is die beweerde roekelose optrede wat die taxibestuurder getoon het oomblikke voordat die ongeluk gebeur het.”